Die lewende God verdra geen afgode wat mense self uitgedink het nie

Minister: 
Ds PG Boon
Church: 
Maranata
Date: 
2014-05-11
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 34 vraag en antwoord 94 en 95
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 11 Mei 2014
AD, 10:15

Liturgie:

Voorsang: Ps
60:1,3,4

Votum

Seën

Ps 96:1,2

Wet

Ps 119:10

Gebed

Skriflesing:
Jesaja 44.6-28

Ps 135:8-11

Teks: HK
Sondag 34,94-95

Preek

Ps 115:3-6

Gebed

Kollekte

Ps 97:4,5

Seën

Preek: HK Sondag 34,94-95

Jy mag geen
ander gode voor my aangesig hê nie.

Voor God se
aangesig.

Die Here God
is alomteenwoordig.

Dit beteken
dus: Hy is orals.

Net soos
mens, staan in die 2e gebod, geen beeld van God mag maak nie, of dit
nou bo in die hemel, of onder op die aarde, of in de waters onder die aarde is
nie.

Daar is maar
een God, die Skepper van alles, en nêrens bestaan daar ’n ander god nie.

En in
hierdie gebod verbied die HERE dat mense maak asof daar ander gode is.

Dat mense
hulle lewe wy aan iets anders, asof dit ’n god sou wees.

Die HERE
verbied dit.

Daar staan
naamlik veel op die spel.

Die Here in
die eerste plek, soos wat ons Heiland gesê het:

Jy moet die
HERE jou God liefhê met jou hele hart, siel, verstand en krag.

Tema: Die lewende God verdra geen afgode wat mense self uitgedink het nie

1 Afgodery

2 Towery

3 Waarsêery

4 Bygeloof

5 Mensverering

1 Afgodery

Watter soort
afgode bestaan daar, wat mense dien?

As ons in
die Bybel kyk, is daar verskillende voorbeelde.

As jy pleks
van God iets anders bedink of versin waarop jy jou vertroue stel, dan is jy
besig met afgodery.

So sê antw.
95 van die Kategismus.

In die plek
van die enige ware God.

Maar dit kan
ook anders gebeur, meer subtiel.

Jy kan ook
probeer kombineer.

Naas God iets hê, waarop jy ook vertrou, sê antw. 95.

Vir die volk
Israel was dit ’n ernstige bedreiging.

Die volk het
met allerlei ander gode in aanraking gekom.

Baäl was
byvoorbeeld baie verleidelik, met die by hom behorende godin Astarte.

Ook lees ook
oor die afgod Dagon.

Ons lees oor
die afgod Kamos.

Dink ook aan
die geweldige stryd, waarin Elia by die berg Karmel gewikkel was.

Die volk kon
en mog nie naas die ware God ook nog iemand anders dien nie.

 

Tussen die HERE
en Baäl kon hulle slegs kies, nie kombineer nie (sien 1 Konings 18).

Die afgod
Baäl het simbool gestaan vir vrugbaarheid, voorspoed, welvaart, ’n weelderige
en luukse lewe.

Hoewel ons
vandag sy naam nie meer gebruik nie, vorm die simbole waarvoor hy gestaan het
nog steeds dinge waarop mense hulle vertroue stel:

Voorspoed;
welvaart; ’n weelderige en luukse lewe.

Die afgode
van ons tyd skryf ons nie meer – letterlik – altyd met ’n hoofletter nie, maar
hulle word nog wel gedien.

Geld en goed
staan baie hoog aangeskrewe.

Die diens
aan die materialisme vier hoogty.

Seksualiteit
het ook vir tallose ’n verslawing geword, wat alle gesonde verbande in die
samelewing ondermyn: gesin; huwelik; kollegiale verhoudings, noem maar op.

Ook kan mens
dink aan die moderne kultus van selfbeskikking.

Die gevaar
dat ons slegs nog vir onsself lewe.

Eie geluk,
eie welvaart, eie gesondheid.

Verder kan
die wetenskap, die tegnologie, ook ’n afgod word.

Medisyne kan
ook die proporsies van ’n afgod aanneem.

Afgode is
dus nog lank nie uit die wêreld uit nie.

 

Ons het uit
die profeet Jesaja ’n satire gelees op die afgode.

’n Spotlied.

Ons laat
onsself so maklik verblind.

Ons verwag
so vinnig méér van geskape dinge as wat hulle kan bied.

En dan word
hulle vir ons afgode.

Maar die profeet
Jesaja skud ons met hierdie satire goed wakker.

Besef tog
waarmee jy besig is!

Hierdie
afgode het geen kennis en insig nie.

Materieel
gesproke verskil hulle nie van die brandhout wat jy gebruik nie, laat staan dat
hulle geestelik iets vir jou sou kon beteken.

 

2 Towery

Die
Kategismus noem ook towery.

Hoewel daar
onder die Suid-Afrikaanse bevolking nog baie towery bestaan, beskou ons wat
hier vandag in die kerk is, die saak dalk bietjie nugterder.

Ons glo nie
in hekse, of sangoma’s, of muti nie.

As mens in
die Sowetan byvoorbeeld lees dat een familie deur ’n ander uitgemoor is, omdat
hulle voorvadergeeste stry gekry het, is dit vir ons iets onwerkliks.

Dit is
maklik om dit te veroordeel met ’n beroep op bv. Levitikus 19:31:

“Begeef
julle niet tot de geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek
hulle nie om julle deur hulle te verontreining nie. Ek is die HERE julle God.”

Tussen
hakies, hierdie teks wat ons uit Levitikus gelees het, het dus direk met die 1e
gebod te make.

Dalk onthou
u laasweek se preek, met as tema: die 10 gebooie is God se wil in ’n neutedop.

In die
Pentateug, die eerste vyf boeke van die Bybel, word elke gebod, wat in Exodus
20 in ’n neutedop verwoord is, verder in detail uitgewerk.

Hier dus die
1e gebod.

 

By die 1e
gebod dink ons dalk in eerste instansie, behalwe vir die Bybelse voorbeelde wat
ek reeds genoem het, aan derde wêreld toestande.

Die invloed
wat towery en waarsêery op mense in die derde wêreld nog het.

Tog is
towery en waarsêery nie net tot die derde wêreld beperk nie.

In ’n
nugtere Westerse samelewing mag ons onsself dalk afvra of die tegniek nie
daardie funksie by ons vervul nie.

Mense
spandeer duisende rande aan die nuutste tegniese goeters wat op die mark kom.

Die ou
televisie werk nog goed, tog word daar ’n nuwe flatscreen gekoop.

Die ou motor
werk nog goed, tog is die nuutste model onweerstaanbaar.

Die ou foon
werk nog goed, tog neem ons ’n kontrak met ’n nuwe foon, want die nuwe slimfoon
kan soveel meer dinge doen.

Orals om ons
heen, in die huis, op die pad, op vakansie, by die werk.

Ons laat
onsself deur al hierdie ‘gadgets’ betower.

Ons stel al
hoe meer ons vertroue daarop.

Ons gee
steeds meer geld daarvoor uit.

Op sig is
hierdie goeters nie sondig nie.

Maar, om te
definieer of iets ’n afgod word, is dit goed om jouself te vra:

Hoeveel geld
is ek bereid om daarvoor te betaal?

En is dit bo
aan my begroting?

En hoe sal
ek voel as ek hierdie ding moet ontbeer?

Kan ek nog
daarsonder lewe?

 

Die
Kategismus verwoord dit soos volg:

Dat ek in
die plek van God, of naas Hom, vir jou eie gemoedsrus, iets het waarop jy ook
vertrou,

waaraan jy
jouself wy, waaraan jy jou geld en jou tyd bestee.

Wie net vir
al hierdie goeters lewe, moet besef dat hy nie die koninkryk van God gaan
beërwe nie, sê 1 Korinthiërs 6.

 

Die Westerse
samelewing het vir ’n belangrik deel die tegniek tot sy afgod gemaak.

Tegniek op
sig word verheerlik.

Dit is wat
daar in die 20e eeu gebeur het, toe daar twee wêreldoorloë gevoer is
met dit wat die tegniek opgelewer het.

Die twee
wreedste oorloë uit die aarde se geskiedenis.

As die
tegniek afgod word, en aan die sondige mens ongekende moontlikhede verskaf,
kruip dan maar liewerste weg.

Die tegniek
is gevaarlik, as dit ’n afgod geword het.

Verlang dan
maar liewerste na die koninkryk van God.

Verlang
liewerste om daarvan deel te wees.

Pasop vir
die afgode, hulle is soms nader as wat jy dink.

 

3 Waarsêery

Waarsêery
word ook in die Kategismus genoem.

Waarsêery
kan die kop opsteek in verskillende vorme.

Mens kan
dink aan die horoskoop, die sterrebeelde, waarin in koerante steeds aandag
geskenk word.

Dit is vir
die HERE ’n gruwel.

Die
sterrebeelde praat nie die waarheid nie, daar is slegs Een, wat ’n ware woord
oor die toekoms kan spreek.

Analiste,
life coaches, sielkundiges, of wie ook al, kan ook nie die toekoms voorspel
nie.

Dit is
spekulasie, met bymotiewe, dikwels finansiële bymotiewe.

U Woord is
’n lig op my pad.

God se Woord
is vir ons die kompas wat ons die toekoms inlei.

As ons die
leefreëls van God se Woord inruil vir adviese wat nie daarmee ooreenstem nie,
as dit die koers van ons lewe na die toekoms bepaal, dan kom mens in die
vaarwaters van waarsêery.

 

4 Bygeloof

Bygeloof
word ook genoem.

Ook dit wil
die HERE ons bespaar.

Want wie
daarvoor ruimte toelaat in sy lewe, kry ’n baie komplekse en op die ou ent
ongelukkige lewe.

Met bygeloof
word bedoel, dat jy die ware geloof nie heeltemal oorboord gooi nie, maar dat
jy daarnaas tog wel besondere waarde heg aan ander sake.

Jy is
byvoorbeeld huiwerig vir Vrydag die dertiende.

Dit is ’n
bygeloof wat nog steeds die nugtere Weste gevange hou.

Mense wil
nie op daardie dag afsprake maak nie.

Mense wil
nie in ’n huis nr. 13 woon nie.

Mense wil
nie in ry nr. 13 in ’n vliegtuig sit nie.

Asof daardie
ry uit die lug sou val en die res van die vliegtuig nie.

En so is
daar nog meer bygelowe.

Hier in
Afrika wil die mense nie ’n boom naby die huis plant nie, en vroeër sou mense
nooit in bepaalde bome se skaduwee gesit het nie.

Sommige bome
behoort aan die voorvaders; sommige bome huisves geeste.

 

Maar dis nie
al bygeloof nie.

Bygeloof kan
ook in ’n meer subtiele wyse deel word van ’n christen se lewe.

Selfs van
die gebed kan mens iets bygelowigs
maak.

Die gebed is
nie ’n towermiddel nie, maar dit is kommunikasie tussen ons en God.

God die
Vader sorg vir ons en ons geliefdes.

Hy sal selfs
vir ons geliefdes sorg, as ons ’n keer per ongeluk vergeet het om vir hulle te
bid.

Nie dat dit
goed is nie, mens moet altyd jouself en jou geliefdes in gebed aan die HERE
opdra.

Maar die
gebed is nie ’n towerspreuk nie.

Daarom sê ons
altyd, net soos Jesus, in ons gebed: laat u wil geskied.

U wil is die
beste.

Hoe ’n groot
gerusstelling is dit nie, om te weet dat jy en jou geliefdes veilig in die
hande van jou hemelse Vader is.

So bring
ware geloof ’n mens tot rus.

In
teenstelling tot bygeloof, wat ons heeltyd opjaag, heeltyd onrustig maak.

Dit is van
nature in ons bloed, maar God wil ons daarvan bevry.

 

Daar is nog
’n vorm van bygeloof wat in die Westerse wêreld mense se lewens lelik kan
beïnvloed.

Mens kan dink
aan bepaalde vorme van wetenskap, of wat sogenaamd as wetenskap beskou word.

Dink maar
aan die evolusionisme.

Die
verklaring vir die ontstaan van die aarde buite God om, of op ’n manier wat
indruis teen die Bybelse boodskap.

Die
evolusionisme kan mens een van die mees wydverbreide bygelowe noem in die
moderne Westerse samelewing.

Die Westerse
wêreld het in hierdie bygeloof verval, omdat hulle die ware God nie meer reg
wil ken nie.

Omdat hulle
nie meer God se Woord wil respekteer vir wat dit is nie.

 

Skrifkritiek
is nog ’n ander vorm van bygeloof.

Skrifkritiek
word gebring asof dit ’n soort wetenskap is.

Dis ’n
manier van teologie bedryf wat die Skrif nie as die geopenbaarde en onfeilbare
Woord van God erken nie.

En so kom
die hedendaagse bygelowe al hoe digterby, ja dit dring kerke binne,

wanneer
mense in plaas van of naas God se Woord ook op ander dinge steun.

 

Om ’n
voorbeeld te noem:

As mense,
teoloë byvoorbeeld sê: ons aanvaar nie meer dat die volk Israel droogvoets deur
die Rooisee getrek het nie.

Ons aanvaar
nie meer dat dit gebeur het net omdat dit in die Bybel staan nie.

Ons wil eers
buite-bybelse bewyse sien, voordat ons dit vir waar sal aanvaar.

Of as mense
sê: ons aanvaar nie meer op grond van die Skrif dat Jerigo verwoes is nie.

Ons wil eers
argeologiese bewyse vind, voordat ons dit as ’n feit sal aanvaar.

Hierdie
manier van skeptiese omgang met die Bybel is ook bygeloof.

Jy soek nog
iets anders as bewys, voordat jy bereid is om te glo dit wat die HERE in die
Bybel te boek gestel het.

 

Genoeg oor
bygeloof.

Ons kom nou
by die laaste punt:

 

5 Mensverering

Die
Kategismus noem: aanroeping van heiliges en ander skepsels.

Toe die
Kategismus opgestel is in 1563, was dit baie aktueel.

Amper alle
mense het, onder invloed van die Roomse kerk, heiliges vereer.

Beskermheiliges,
vir jou as persoon, of vir jou stad, of vir jou beroep, of vir jou kerklike
gemeente, ensvoorts.

Beskermheiliges
wat stadig maar seker steeds meer die eenvoudige vertroue op Jesus Christus
begin verdring het.

Mense het
eintlik nie meer direk tot God gebid, in die naam van Jesus nie.

Mense het
byvoorbeeld vir Maria gebid, of via een van die ander beskermheiliges het hulle
hulle versoeke aan God gerig.

Dit is
eintlik begryplik, dat die kultus van beskermheiliges ontstaan het.

Dit is eie
aan ons as mense, om op iets te vertrou wat sigbaar is.

Iets wat ons
ken, of geken het.

Soos in die
Roomse kerk die heiliges tussen die mense en God staan, as vertrouenspersone,
so kry mens in Afrika dieselfde fenomeen.

Hier vervul die
gestorwe voorouers daardie funksie.

Jou oorlede
geliefdes ken jy, en vertrou jy, terwyl God ver en onbekend is, altans so voel dit.

En dit is op
hierdie manier wat mensverering tot stand kom.

En as u
dink, ek is gelukkig nie vatbaar vir een van hierdie voorbeelde nie.

Ek sal nie die
heiliges begin vereer soos die Roomses nie.

Ek sal nie
die voorouers begin vereer soos die swartmense nie.

Dink dan
bietjie aan die volgende, wat op dieselfde neerkom.

Dit klink
dalk snaaks, maar jy kan van jou eggenoot ook ’n afgod maak.

Jy kan van
’n vriend of vriendin ook ’n afgod maak.

Jy kan van
jou pa of ma ook ’n afgod maak.

Jy kan selfs
van die kerk ’n afgod maak.

As jy
byvoorbeeld in ’n bepaalde kerk opgegroei het, daardie kerkverband het jou
liefde en lojaliteit, maar die betrokke kerk begin met verloop van jare
afvallig raak...

As jy dan
lojaal bly aan so ’n kerk, teen beter wete in.

Dan word die
kerk ’n afgod.

Daarom is
dit so belangrik dat ons dit wat die Kategismus hier skryf, werklik op ons laat
inwerk:

Dat ek
eerder van alle skepsele sal afsien en die laat vaar as dat ek in die
alleminste teen God se wil sal handel.

In v/a 94
hoor ons tot drie keer toe die woordjie ‘alleen’.

Die Here
alleen.

Die Here
alleen neem die belangrikste plek in ons lewe in.

Hy is
Skepper van alles, en danksy Hom bestaan die wêreld nog.

Of mense dit
wil erken of nie.

 

En daarom
vir ons die taak om die enige ware God te leer ken.

Dat jy
steeds in verbinding bly met die lewende God.

Dat jy jou
lewe nie verkoop aan enige afgod nie.

Die Here
waarsku indringend hiervoor.

Hierdie is nie
verniet die eerste gebod van die wet nie.

Hy wil ons
so groot verdriet bespaar.

Bly by My,
ek is die God wat jou bevry het uit alle vorme van slawerny.

En daarom sê
die lewe God:

Afgode wat
deur mense uitgedink en op ’n voetstuk geplaas word, verdra Ek nie.

Nie in die
verlede nie, en ook nie in die hede nie.

 

Geliefde
gemeente, in hierdie preek het ek ’n klomp voorbeelde genoem.

Dinge wat,
as hulle hulle regte plek in die lewe ontvang, op sig nie verkeerd is nie.

Dinge wat
deur God geskape is, en aan ons gegee word:

Welvaart,
voorspoed, seksualiteit, mediese wetenskap, tegniek, eggenote, vriende en
vriendinne, familie, en kerk.

Alles
kosbare geskenke van God.

Wees
dankbaar daarvoor.

Maak
dankbaar daarvan gebruik.

Maar wees
ook daarop bedag dat jy hierdie dinge nie begin verafgod nie, dat jy hulle in
die regte proporsies bly beskou.

 

En dan het
ons begin om nou te praat oor die positiewe kant van hierdie gebod.

Tot dusver
het ons gekyk na wat die HERE verbied, waarvoor Hy waarsku.

Die verbod-kant.

Maar oor die
gebod-kant kan daar ook baie gesê
word.

Oor die gebod-kant gee die Skrif ons ook ryke
onderwys.

Daarna sal
ons hooplik in die volgende Kategismuspreek kyk.

 

Amen.

 

 

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)