Mat 26 : 63-66 Die aanklag wat die deurslag gegee het

Minister: 
Ander
Church: 
(onbekend)
Date: 
2013-08-11
Text: 
Matthéüs 26 : 57-69
Preek Inhoud: 

Indien u die
preek wil gebruik kontakasseblief ds PG Boon

Kopiereg voorbehou

 

S: Ps 22:1,2,4

 

Votum

Seën

S: Ps 57:1,2

Nagmaalsviering

Skriflesing aan tafel:
Mattheüs 26:57-68

Sing aan tafel: Ps
116:5,9

Teks: Mattheüs 26:63-66

Preek

Amenlied: Sb 10:1,2,3,6

Geloofsbelydenis: Nicea

S: Ps 22:10

Gebed

Kollekte

Slotlied: Ps 146:3,8

Seën

 

 

Preek:

Ons Here Jesus is deur twee instansies ter dood veroordeel.

In die eerste plek deur die Joodse Raad, dit is die Sanhedrin.

In die tweede plek is Hy veroordeel deur Pilatus, die Romeinse stadhouer van Judea.

Tot drie keer toe het
Pilatus getuig dat Christus onskuldig is.

Tog het hy hom daarna
veroordeel.

Hy het dit gedoen omdat
die Jode hom onder druk geplaas het.

 

As hy Christus nie sou
veroordeel nie, sou hulle dit aan die keiser in Rome meedeel,

Naamlik dat hy ’n
opstandeling vrygespreek het,

Iemand wat homself Here
noem,

in Grieks is dit die
woord Kurios,

dit is dieselfde titel
wat die keiser gedra het.

Dit sou beteken dat
Pilatus nie ’n vriend van die keiser was nie.

As dit die keiser ter
ore sou kom, was daar slegs een moontlikheid:

Die keiser sou Pilatus
uit sy funksie onthef,

weens sy reputasie dat
hy nie ’n vriend van die keiser was nie.

So het die Jode Pilatus
dus onder druk geplaas.

Pilatus het ingegee en
toestemming gegee dat Jesus gekruisig sou word.

Maar hy het self sy
hande gewas, as teken dat die bloed van hier man nie aan sy hande kleef nie,
maar aan die van die Jode.

Die Jode het daarmee
geen probleem gehad nie.

Laat sy bloed maar oor
ons en ons kinders kom, het hulle geskree.

So het die Jode hulle
sin gekry.

 

Nou is dit ’n boeiende
vraag hoekom die Jode eintlik Pilatus se toestemming nodig gehad het.

Volgens die onderlinge
afsprake tussen die Joodse en Romeinse reg in daardie tyd, was dit die Jode wel
toegestaan om iemand ter dood te veroordeel en te stenig – dit was hulle manier
van doodstraf – en dit sonder om eers toestemming by die Romeinse owerheid te
verkry.

Dit was die Jode
toegestaan in gevalle waar dit gegaan het oor die oortreding van hulle eie
godsdienstige reëls.

Sake waarmee die Romeine
niks mee te make gehad het en ook geen insig in gehad het nie.

Daarom het die Romeine
die Jode hierin vrygelaat.

So kon die Jode
byvoorbeeld Stefanus stenig sonder vooraf toestemming te vra van die Romeinse
owerheid.

Hoekom het hulle dit by
Jesus dan wel gedoen?

Hoekom moes Jesus ook
voor Pilatus verskyn?

Die rede lê hierin dat
die proses teen Jesus op ’n baie ongunstige moment plaasgeving het – vir die
Jode altans.

Dit was vlak voor
Paasfees.

Paasfees het op ’n
Vrydag begin.

Jesus is op die dag
daarvoor deur die Joodse Raad veroordeel, die Donderdag.

 

Volgens die Joodse wet
moes daar een nag verbygaan tussen die veroordeling en die daadwerklike
voltrekking van die vonnis.

En dus was daar geen
ander moontlikheid as dat Jesus alreeds die Vrydag gedood moes word.

Maar dan was dit die
Paasfees, en ook dit was nie geoorloof nie.

Naamlik dat iemand
tydens ’n fees gestenig sou word.

Daar was dus geen ander
moontlikheid as dat die Jode moes wag totdat die fees verby was, om Jesus se
vonnis te voltrek.

Maar dit wou die Joodse
leiers ook nie gehad het nie.

Hulle wou so gou as
moontlik van Jesus ontslae wees.

Hulle het besef dat die
volk baie van Hom verwag, dink maar terug aan die intog in Jerusalem, hoe Hy
met gejuig ontvang is.

En veral nou met
Paasfees was daar duisende mense in Jerusalem,

uit alle uithoeke van
die land en selfs uit die buiteland.

Die Joodse owerhede was
dus bang dat daar onkontroleerbare toestande sou ontstaan.

’n Volksbeweging wat
hulle nie meer sou kon stuit nie.

Daarom was hulle
vasberade om so vinnig moontlik ’n einde te maak aan die hele affêre.

En om daardie rede het
hulle na die Romeinse owerheid gegaan, met die gedagte:

As ons Hom nie op Vrydag
mag vonnis nie, vanweë ons wet,

eie Romeine mag dit wel
doen, want hulle is nie aan ons wet gebonde nie.

 

Gemeente, hierdie laat
my dink aan die verhaal van ’n kennis van my wat vir ’n periode in ’n kibboets
in Israel gewerk het.

Sy kamermaat was ’n
Jood.

En as hulle soms op die
sabbat in die middag op hulle bedde gelê het om uit te rus, wou die Joodse
kamermaat bietjie televisie kyk.

Maar volgens die Joodse
reëls – dit werk nou nog steeds so in Israel – is dit verbode om op sabbat ’n
knoppie te druk waarmee jy ’n lig aansteek.

’n Televisie val daar
ook onder.

En daarom dat hy aan sy
kamermaat – wat nie ’n Jood is – dan maar gevra het of hy vir hom die televisie
wil aansit, of soms oorskakel na ’n ander kanaal.

Omdat daardie persoon
nie gebonde was aan die Joodse wette nie.

 

’n Soortgelyke rede het
die owerpriesters en oudstes van die volk dus laat besluit om Jesus oor te
lewer aan Pilatus.

’n Slim plan dus.

Dan kon hulle, as
Pilatus enigsins wou saamwerk, tog nog op hierdie Vrydag, vlak voor die fees
sou begin van die man af wees.

Gemeente, tot dus verder
het ons nog net gepraat oor die tweede veroordeling van Jesus, dit is voor
Pilatus.

Die gemene manier hoe
die Jode dit beplan het.

Maar ons het nog nie na
die eerste veroordeling gekyk nie.

En juis oor hierdie
veroordeling handel ons teks.

Ek wil die boodskap van
die teks soos volg saamvat:

 

Tema: Die aanklag wat die deurslag gegee het

1 Die aanklagte van alle valse getuies het gefaal

2 Die aanklag van Jesus self het die deurslag gegee

 

1 Die aanklagte van alle valse getuies het gefaal

Ons teks begin met die
opmerking dat Jesus bly swyg het.

Dis nou terwyl al die
valse aanklagte teen Hom ingebring is.

Aan die een kant sou
mens kon vra.

Was dit nie bietjie dom
dat Jesus stilgebly het nie?

Kon Hy nie maklik alle
aanklagte weerlê het nie?

Maar aan die ander kant,
laat ons dit ook bekyk vanuit Christus se oogpunt.

Hy het naamlik al klaar
geweet wat Hom te wagte staan.

Hy het geweet dat hy nou
oppad was om as offerlam vir die wêreld geslag te word.

En Hy het hom nie
daarteen verset nie.

Elke woord van verweer
sou een te veel wees.

Daarvoor het Hy nie nou
hier gestaan – om Homself te verdedig nie.

As dit aan Hom gelê het,
hoe maklik was dit nie om vry te kom nie.

Het Hy nie legioene
engele tot sy beskikking gehad nie?

Maar nie, om nou te
probeer vrykom, sou ’n toegif wees aan die satan.

Want net soos destyds in
die woestyn,

toe Hy daar deur satan
versoek is,

het Hy geweet dit was
nou weer die geval.

En daarom het Christus
nie op sy eie belang gelet nie, maar op wat die wil van sy Vader was.

En Hy het geweet dat sy
Vader se wil was, dat Hy nou as Lam ter slagting gelei word.

Dat dit sy Vader se wil
was, dat sy eie belang op hierdie oomblik die onderspit moes delf, terwille van
my en jou belang – broer, suster.

En daarom het Hy dit
laat gebeur.

Hy het niks teengas
gegee nie.

Inteendeel, Hy het hulle
selfs ’n handjie gehelp.

Hy het die Sanhedrin
gehelp om Hom veroordeel te kry.

Want die Sanhedrin het
danig gesukkel.

Ons lees in vers 59 dat
die owerpriesters en die hele Raad probeer het om ’n valse getuienis teen Jesus
te vind, waarmee hulle Hom ter dood kon veroordeel.

Maar, hulle kon niks
vind nie.

En dit ten spyte van die
feit dat daar BAIE valse getuies opgetree het.

Dink net.

Dit gaan dus nie eens
oor egte aanklagte nie.

Dit het hulle al
opgegee, om ’n egte aanklag te vind.

Nee, hulle was net met
valse aanklagte besig.

En miskien wel ’n dosyn
valse aanklaers het hulle bes gedoen.

Waarskynlik tipes soos
Judas Iskariot, wat net soos hy ook deur die Sanhedrin omgekoop is.

Ja aan omkoopgeld het
die Joodse Raad geen gebrek gehad nie.

Met geld kan mens mos
alles in die wêreld reël, en kan alle leuens mos goedgepraat word, tog?

Wie die groot geld het,
bepaal die waarheid, tog?

Ook ’n paar dae later
het die Joodse raad nog geld in oorvloed gehad,

Toe hulle die soldate by
die graf omgekoop het om te lieg,

dat Christus nie
opgestaan het nie,

maar dat sy dissipels in
die nag sy liggaam gesteel het.

Knap lastig, as jy
genoeg geld het, maar die veroordeling wil net nie vorder nie.

Maar uiteindelik het dit
gelyk of een van die aanklagte dalk kon slaag.

Twee getuies het
opgestaan en verklaar,

-        
Net tussen
hakies: volgens die wet van Moses moes daar ten minste twee of drie getuies
wees wat dieselfde verklaar, voordat iemand wettig veroordeel mog word – Deut
17:6 –

Die twee het verklaar:

‘Hierdie Man het gesê
dat Hy die tempel sou afbreek, en dan binne drie dae weer sou opbou.’

Die Joodse leiers het
mekaar aangekyk.

Wat is dit nou tog?

46 jaar lank is aan
hierdie tempel gebou, en hierdie man bou dit in drie dae weer op?

Onmoonlik.

Dit klink eerder op ’n
aanval,

’n terroristiese aanval
op die tempel.

Nou het ons hom.

En volgens die
voorskrifte van die wet gee hulle Hom toe die geleentheid om op die aanklag te
reageer.

Die beskuldigde moes ook
gehoor word – so het die wet geëis.

Dis maar ’n formaliteit,
want wat Hy sê het tog nie vir hulle iets uitgemaak nie.

Dis maar net dat hulle
die reëls van die wet nie sou oortree nie.

 

Gemeente, eintlik op
hierdie stadium kon die Here Jesus baie maklik verduidelik het dat die aanklag
totaal ongeldig is.

In die eerste plek, wat
Hy eintlik gesê het, was:

sê nou JULLE breek die
tempel af, dan kan Ek dit in drie dae weer opbou.

Verder kon Hy ook maklik
verduidelik het dat Hy eintlik oor sy eie liggaam gepraat het, en nie oor die
tempelgebou nie.

Soos die valse getuies
dit egter nou gebring het, het dit meer soos ’n terroristiese aanslag geklink.

Maar hoekom het Jesus
bly swyg?

Dit sien ons in die
tweede punt van die preek.

Want as dit veroordeling
suksesvol wil wees, dan sal ook die regte aanklag aan die orde moet kom.

 

(Tema: Die aanklag wat
die deurslag gegee het

1 Die aanklagte van alle
valse getuies het gefaal)

 

2 Die aanklag van Jesus self het die deurslag gegee

 

Ten einde raad het die
hoëpriester, Kajafas, voorsitter van die Sanhedrin, die woord geneem.

Die veroordeling wou nie
vorder nie,

Jesus het maar bly swyg.

Die beskuldigde het geen
enkele medewerking verleen nie,

ten minste so het dit
gelyk.

Maar, binnekort sal blyk
dat eintlik die omgekeerde die geval was.

Jesus het stilgebly, nie
omdat Hy nie wou saamwerk nie.

Hy wou net dat al die
valse beskuldigings so gou moontlik agter die rug kom,

om te kan uitkom by die
regte aanklag.

En met die oog daarop lê
God in die hemel die volgende woorde vir Kajafas in die mond.

Want Kajafas het
geïrriteerd begin raak.

En in sy frustrasie het
hy uitgeroep dit wat elkeen besig gehou het:

Ek besweer U by die
lewende God, dat U vir ons sê, of u die Christus, die Seun van God is!!

Die Here Jesus moes dus
’n eed sweer:

Of Hy die Christus is,
die Gesalfde,

gestuur vanuit die
hemel,

deur God self.

Hy moes ’n eed sweer:

of Hy die Seun van God
is, dit wil sê, aan God gelyk.

 

En wat sien ons nou.

Presies die omgekeerde
van wat ons tot dusver gesien het.

Nou het die Heiland nie
bly swyg nie.

Nou het Hy direk sy
antwoord gereed gehad.

Dis net asof Hy die hele
tyd al op hierdie vraag gewag het.

Die res was alles nie
die moeite werd om te beantwoord nie.

Maar oor hierdie vraag
het dit gegaan!

Hieroor sou Hy as Lam
geslag word.

En Jesus het vir Kajafas
geantwoord:

U het dit gesê.

Sonder skroom, sonder
twyfel antwoord Hy.

U het dit gesê.

Nou kan hierdie antwoord
dalk vir misverstand sorg, maar toe was dit nie so nie.

Wat hier in Grieks
staan, die oorspronklike taal, kan mens vertaal met:

Dit is soos u gesê het.

Of nog duideliker kan mens
vertaal: Ja, dit is Ek.

Geen sekonde hoef die
Here Jesus hieroor na te gedink het nie.

Die stilswye is skielik
verbreek.

Ja dit is Ek.

En om alle twyfel weg te
neem, voeg Hy nog daaraan toe:

‘van nou af sal u die
Seun van die mens sien sit aan die rechterhand van die Mag en komende op die
wolke van die hemel.

Dit kon nie duideliker
nie.

Aan die regterhand van
die Mag...

Wie aan iemand se
regterhand plaasneem, regeer namens hom.

En die Mag, dit is God
self.

In daardie tyd was dit
ook al die gewoonte onder die Jode, net soos vandag, om God nie direk by die
naam te noem nie,

maar om verhullende
terme te gebruik,

soos ‘die Mag’, of ‘die
Allerhoogste’.

Die Jode was bang dat
hulle anders die derde gebod sou oortree.

Jesus het in sekere sin
hierdie eintlik onnodige gewoonte gerespekteer, door ook te praat van die Mag
pleks van God.

Maar goed, om plaas te
neem aan die regterhand van die Mag, dit was iets wat selfs Moses nie sou durf
sê nie.

En hierdie Persoon, die
Here Jesus, sê dit nou voor almal in die Joodse Raad.

Duideliker kon dit nie.

En, voeg Jesus nog
daaraan toe:

Julle sal My sien,
komende op die wolke van die hemel...

Net soos hulle God
verwag het, sy koms op die Dag van die HERE, soos die Ou Testament geprofeteer
het,

SO sal hulle dus hierdie
Persoon sien, op die jongste dag, komende op die wolke van die hemel.

Nogmaals, duideliker kon
dit nie.

Die vraag van Kajafas
was beantwoord.

Hy IS die Christus, die
Seun van God.

Hy kom self daarvoor
uit, sonder skroom, so duidelik as maar kan.

 

Die reaksie van die
hoëpriester is daarom ook baie logies.

Hy skeur sy klere en
roep:

Hierdie Man het God
gelaster.

Jou klere skeur, ons ken
die gewoonte nie meer nie.

’n Reaksie van heftige
verontwaardiging.

Hierdie man het God
gelaster!

Dit is dus, gemeente,
die aanklag wat die deurslag gegee het.

Die aanklag van Jesus
self het die deurslag gegee!

En dit is waaroor die
tweede punt van hierdie preek handel.

Dit is ook die boodskap:

Jesus self gee die
deurslag in die aanklag teen Hom.

 

Watter waarde het dit
eintlik vir jou, vir my?

Gemeente, ons weet hoe
dit sou afloop.

Jesus is oppad om aan
die kruis te sterf,

die ergste marteldood
denkbaar.

Ons weet dit, maar Jesus
het dit toe ook al geweet.

En ten spyte van die
feit dat Hy dit geweet het, het Hy homself nie verset nie.

Die omgekeerde selfs.

Hy het saamgewerk aan sy
doodsvonnis.

Soos Jesaja geprofeteer
het:

Hy is mishandel, maar Hy
sy mond nie oopgemaak nie.

Soos ’n lam wat ter
slagting gelei word, soos ’n skaap wat stom is voor sy skeerders, so het Hy sy
mond nie oopgemaak nie.

Gewillig het Hy homself
laat boei, voor die Sanhedrin laat lei.

Hy het geswyg.

Hy het selfs saamgewerk
om die vonnis te fel.

Hierin sien ons – hoe
teenstrydig dit mag klink – die almag van Jesus.

Hy het self die regie in
hande gehou, al dog Kajafas dat hy die leiding had.

Jesus het deur sy
stilswye die proses na die regte aanklag toe geloods.

En toe het Hy gepraat,
duidelik en vrymoedig.

Toe was die vonnis
vinnig gefel.

Dit moes vir ieder en
elk duidelik wees HOEKOM Hy veroordeel word.

Hy is veroordeel oor wie
Hy IS.

Hy is die Seun van God,
Hy is God.

Daarom is Hy veroordeel,
oor wie Hy is.

Duideliker kon dit nie.

Die reaksie van Kajafas
en die Sanhedrin bewys dit.

Tussen hakies, dit is,
gemeente, die duidelikste teks in die Bybel wat getuig van die godheid van
Christus.

 

Mog daar ooit ’n
Jehowagetuie of wie ook al u probeer wys maak dat Jesus nie eg God is nie,

wys dan op hierdie teks.

Hierdie teks waar Jesus
bevestigend antwoord op die vraag of Hy die Seun van God is.

Hierdie teks wat Jesus sê
dat Hy aan die regterhand van God sal sit.

Hierdie teks waar die
Jode Hom veroordeel oor Godslastering.

Jesus word veroordeel
omdat Hy God se Seun is, die eniggeborene van die Vader.

Jesus het Homself aan
God gelykgestel.

En hierdie aanklag was
volkome korrek.

Tog is Jesus onskuldig
veroordeel.

Die aanklag was juis,
maar Hy was onskuldig.

Want Jesus is veroordeel
omdat die Joodse leiers Hom nie wou aanvaar vir wie Hy was nie:

Mens sonder sonde,
Gesalfde van God.

De facto het hulle hier
dus die Middelaar verwerp,

wat deur God gestuur is.

En Christus het dit oor
Homself laat kom.

Hy het Hom nie verset
nie, Hy het saamgewerk.

 

Broers, susters, dit is
die weergalose boodskap van die teks.

Jesus het dit vrywillig
gedoen!

Ter wille van die
wêreld.

Ter wille van jou en my.

Hy is onskuldig ter dood
veroordeel, sodat ons voor God se regterstoel vrygespreek sal word.

Deur dit alles het Hy
die vloek wat op ons gelê het, op Hom geneem om ons met sy seën te vervul.

Hy het sy lewe uitgegiet
in die dood, en is onder die oortreders getel, om die sondes van baie te dra.

Oor so ’n Middelaar kan
mens nie uitgepraat raak nie, ook nie na twee duisend jaar nie.

En die wêreld sal nie
ophou om oor Hom te praat nie,

sal nie ophou om Hom te
aanbid nie,

Hom te besing nie,

hulle sal nie ophou nie,
totdat hulle Hom sal weersien op die wolke.

Vir die wat Hom verwerp
het, ’n vreesaanjaende oomblik,

Vir die wat Hom liefhet,
iets waarna ons reikhalsend uitsien.

 

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)