Die eerste gebod: Vergooi jou nie aan die afgode nie

Minister: 
Ds C Kleyn
Church: 
(onbekend)
Date: 
2010-09-05
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 34
Preek Inhoud: 

 

Sondag 34

Johannesburg, 5 September 2010

Lees: Josua 24:1-28, 1 Joh 5:18-21.
Sing:Apostoliese Geloofsbelydenis; Ps 81:9-12; Ps 115:3,6,7; Ps 115:8,9.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Hoe ervaar julle dit dat die wet elke Sondag aan jullevoorgehou word? Is die wet net ’n klomp moets en moenies wat ons lewe versuur?Hoor julle nog wel die aanhef van die wet? Die wet begin nie met ’n gebod nie,maar met verlossing. Luister maar: “Toe het God al hierdie woorde gespreek engesê: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis,uitgelei het”. Eers is daar die verlossing uit slawehuis van Satan en sonde eneers daarna volg die tien eise van die Here. Die wetgewer is dus ons verlosser.

Dan kan dit nie waar wees dat sy wet jou lewe net moeilikmaak nie. Die teendeel is waar. Jy kan die wet vergelyk met ’nveiligheidsreling langs ’n diep afgrond. Daardie reling is nie daar om jou lewete versuur nie. Dis juis vir jou veiligheid en beswil opgerig. So plaas dieHere die heining van sy evangeliese wet langs ons lewenspad. Daarmee het Hy diegoeie vir ons op die oog. In die wet hoor jy die stem van die goeie Herder. Inelke gebod sien jy sy hand, wat jou op die regte paaie lei, ja op die pad vandie lewe lei.

Vanaand verkondig ek vir julle die 1e gebod. Vergooi jounie aan die afgode nie

1.   Outydse afgodediens.

2.   Moderne afgodediens.

3.   Die Here vra ’n radikale keuse.

Hoe gaan ons na die Here toe? Met ’n onverdeelde hart?Met ’n hart heeltemal op God gerig? "Jy mag geen ander gode voor myaangesig hê nie" se die Here in die 1e gebod. As jy onder my oë kom, wilEk geen afgode sien nie. Hulle hoort nie daar nie. Ek eis jou op vir My alleen.Ek is die Here jou God en Verlosser. Jy behoort aan My. Daar mag geen godetussen kom nie.

Gaan die Here dan daarvan uit dat die gode werklikbestaan? Moet ons konkludeer dat daar in die wêreld allerlei gode bestaan, maardat ons geen daarvan mag dien naas die Here nie? Wil die Here sê: soos andervolke hul gode dien, so moet jy My dien? Is die Here soos ’n nasionale God watalle verering van sy eie volk opeis?

Die Bybel is duidelik: die Here is geen nasionale godnie. Die Here is die God van die hele wêreld. In Ps 24: 1 sing ons: "dieganse aarde, land en meer, met al wat leef, is uwe, Heer!" En in Ps 97lees ons: "Want U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoogverhewe bo al die gode."

Die heidenvolke het hul nasionale gode. Hulle sien diegode van ander volke as konkurrente of as swak kollegas. Die Skrif praatheeltemal anders oor die Here. Die verering van die Here is nie ’n nasionalesaak nie. Die aarde is vir Israel nie verdeel in gebiede met elk ’n eiegodheid, waartussen die Here dan ook ’n plek inneem nie. Nee, die Here isuniek, onvergelykbaar. Lees by voorbeeld maar die profete. Die Here isonvergelykbaar groot. Wanneer Israel in ballingskap sit, tussen die volke methul gode dan laat die Here sê: "By wie sal julle My dan vergelyk, dat Eknet so kan wees? sê die Heilige. Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wiehet hierdie dinge geskape?" (Jes 40:25,26) Die son volg altyd maar weer sybaan. Daar staan die maan in rustige prag. Daar is die miljoene sterre, watflonker in wolklose nagte. Al is daar nog soveel, die Here ken hulle elkeen bydie naam. Hulle kom altyd weer terug. Nie een word gemis nie. Daarvoor sorg dieHere. Die Heilige, die verhewene, Koning van die hele aarde, die enige wareGod.

Gemeente, in vergelyking met die Here is die ander godeniks. Hulle is nulliteite. Paulus sê later: ’n afgod is niks. Hulle is geengode nie, slegs sogenaamde gode. Maar waarom waarsku die Here so ernstig teendie gode as hulle nie eens bestaan nie? Jy hoef tog nie op jou hoede te weesvir iets wat nie bestaan nie? Die probleem is dat ons mense dikwels wel ietssien in die nulliteite. Ons vergooi ons dan aan die nulliteite. Dit word magtein ons lewe. Reële magte wat die mens totaal in beslag kan neem.

Bepaalde kragte in die natuur waarvan ’n mens homafhanklik voel, word tot ’n god verhef. So het Egipte haar songod en haarnylgod geken. In Kanaän was daar ’n soortgelyke natuurvergoding. Die Baal wasdie god van die weer. Baal bestaan nie werklik nie. Die mag van die weerbestaan egter wel. En in die voorstelling van die mens is dit ’n god. Die heleafgodediens is in feite ’n verering van skepsele. Mense is vervreemd van dieSkepper en Beskikker van reën, donder en vrugbaarheid. Daarom dien hulle dieskepsel pleks die Skepper. Skepsels word tot gode verhef. Die mense dink dathulle die skepsels as gode moet dien om hul bestaan veilig te stel.

Daarom: geen ander gode voor my aangesig nie. Ek is God,daar is geen ander nie. Wees nie so dwaas om skepsels op een lyn met My dieSkepper te plaas nie. Of om die skepsel bo My die Skepper te dien nie. Die son,maan en sterre, die reën en wind, water en vrugbaarheid, wat is hulle? Hulle isslegs skepsels van My. Ek, die Here jou God, is geen son, maan of enigeindrukwekkende verskynsel nie. Ek staan daarbo. Ek het alles geskape. En Ek houalles in stand. Vertrou dan op My alleen. Jy is afhanklik van My. Die skepselsbeteken niks sonder My nie. Hulle kan slegs doen wat Ek gebied.

Gemeente, as julle sien dat afgodery neerkom op die dienvan skepsels, dan besef julle hoe aktueel die 1e gebod is. Dit bring ons by dietweede gedagte: Die moderne afgodediens Die afgode van outyds het verdwyn. Baalhet vir goed ontslaap. Milkom die god van die Ammoniete en Kamos van dieMoabiete het bv geen aanbidders meer nie. Tog is daar vandag nog legio afgode.Afgodery is nie afhanklik van name nie. Die name verdwyn, maar die magte bly.Die Bybel self wys dat afgodery moontlik is sonder godename. Ons lees bv datdie krag van ’n mens sy god kan wees of dat gierigheid afgodediens is (Kol3:5). So kan ’n mens van sy buik ’n afgod maak (Fil 3:19).

Hoeveel skeppingsgawes het die mens vandag nie in hul magnie, gawes waardeur die mense heeltemal in beslag geneem word. Hoewel ditandersom moet wees. God het sy skeppingsgawes gegee om die mens te dien. Diemens moet daaroor heers. Maar nou sien ons dat die gawes oor die mens heers.Dink aan die mag van die mighty dollar, geld. ’n Gawe van God om daarmee goedte doen. Maar hoeveel mense is nie in die mag van geld nie. Jy kan so verslaaf daaraanraak, dat dit amper alles vir jou word. Jy is dan bereid om dag en nag daarvoorte werk. Jou huwelik, jou gesin, die kerk, ja God self word dan op die altaarvan die heilige Mammon opgeoffer. En as ’n mens nie kan verdien wat jy wilverdien nie of as jy minder bevoorreg is as ander dan raak ’n mens ontevrede enjaloers. Jy hoef nie net ryk te wees om ’n materialis te wees nie. Mense watminder het, kan soms ook groot materialiste wees. Hulle praat voortdurend oorgeld en goed. Dit het ’n god vir hulle geword. Pas op dat jy nie in die slaggatval nie.

Dink ook aan die gawe van wetenskap. God het in dielaaste eeu geweldige vorderings in wetenskap en tegnologie gegee. Ongekendemoontlikhede het binne ons bereik gekom. Pragtige uitvindings. Maar is die wetenskapin ons samelewing nie baie kere ’n afgod nie. Die mens sweer by die wetenskap.Terwyl die Skepper nie meer die eer ontvang wat Hom toekom nie. Die skepselword gedien bo die Skepper. Die wetenskap beheers die lewe van baie in plaasvan God. God se woord moet vir die wetenskap buig.

Ek kan hier wys op die waarde van goeie kwalifikasies en’n goeie betrekking. Dis gawes waarvoor ’n mens dankbaar mag wees. Maar as mystudie en my loopbaan alles in my lewe word, het dit dan nie ’n god geword nie.As die dinge los van God staan, dan is ek in die greep van ’n afgod. Gawes vanGod gaan dan oor my heers pleks dat ek self daaroor heers.

So is daar ook die rekenaar. ’n Pragtige uitvinding. Maardit kan ook gevaarlik wees. Dit kan mense totaal in die verslawing bring.Daarom, laat alles staan op die plek wat God aan die dinge gegee het. Bly hullesien as slegs skeppingsgawes – in diens van God en mense. Laat jouself geenslaaf daarvan word nie, sodat dit jou hele lewe gevange neem, sodat jy voornêrens anders tyd en aandag het nie. Pas tog op dat jy die skepsel nie bo dieSkepper gaan verhef nie.

Dit geld ook vir die gawe van seksualiteit. Op sy plek ’npragtige gawe van God. Maak jy die gawe egter los van die Skepper en sy normedan word dit ’n verskriklike mag. Dit kom eers tot sy reg as jy dit op sybestemde plek laat, soos die Skepper dit bedoel het en wil. Ons kan dieselfdesê oor die gawe van sport en baie ander dinge wat op sigself goed is maardikwels verafgod word.

Tot slot wil ek noem die ek-kultuur wat vandag so sterkis. Ons is geskape as kroon van die skepping, as beeld van God. Hierdieoorsprong wys op die blywende waarde van die mens. Daarom mag ek nie sommer metmy lewe maak wat ek lus is nie. Elke mens is geskape met ’n verstand, met ’nwil en met emosies. Pragtige gawes van God waarin ons van die diere onderskeiis. Maar nou die vraag: watter plek gee jy aan die wil en aan die emosies?

Dit is vandag in om jou te laat lei deur jou eie wil ofdeur jou eie gevoel. ’n Mens moet tog self uitmaak wat hy doen? Maar word diewil en word die gevoel dan nie in jou lewe tot gode verhef nie, afgode wat diediens uitmaak? Teenoor die eiesinnige koning Saul sê Samuel: "Wantwederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery enbeeldediens." (1 Sam 15:23). Pragtige gawes en skeppings van God – my wilen my gevoel – word van die Here losgemaak en bo die Here verhef. Die 1e gebodleer ons om die gawes op hul regte plek te laat, ondergeskik aan die Skepper.Dit is slegs skepsels, en na die sondeval geskonde skepsels, skepsels watvernuwe, gekorrigeer moet word. Die Skepper staan bo alles. Hy het reg op alleeer en aanbidding. Wees dan nie so dwaas om die skepsel bo of naas die Skepperte plaas nie.

Die Here duld geen afgod langs Hom nie. Alles moetonderwerp word. Alles moet gesit word op die een kaart: die Here ons God en Hyalleen. As jy tog naas die Here jou vertroue op bv jou eie insig of vermoënsstel, dan lyk jy baie op die heidene van vroeër met hul veelgodedom. Hullebeskou dit as die veiligste om nie alles op een kaart te sit nie, maar om diekanse te verdeel. So kan die mens homself handhaaf deur hom nooit heeltemal aaniets of iemand te gee nie, maar sy liefde oor verskillende moontlikhede teverdeel.

Broeders en susters, om te glo, in die sin van "methart en siel op God te vertrou" soek ’n mens tevergeefs in dieveelgodedom. Die heidendom waag hom nie om so ver en so diep te gaan nie. Hy isversigtig. Hy het ten minste twee ysters in die vuur. Hierdie lewenshoudingloop ’n mens in alle tye raak. Ons het steeds te doen met die mens wat homselfnooit uit die oog wil verloor nie, oral dekking soek om daar lewend uit te kom.Hy gaan nie deur die vuur vir God nie en hy vind die woord van Jesus dwaas:"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruisopneem en My volg." (Mt 16:24). Sulke risiko's neem ’n mens nie. Daaromval ook die ander woorde van Jesus op dowe ore: "elkeen wat sy lewe wilred, sal die verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal ditvind."

Gemeente, om op die Here te vertrou, beteken altyd ’nkeuse wat alle ander moontlikhede uitsluit. Dit bring ons by die derde gedagte:Die Here vra ’n radikale keuse. Kort voor sy sterwe, roep Josuaverteenwoordigers uit alle stamme na Sigem toe. Hy herinner hulle aan hoe dieHere hulle uit Egipte gelei het en die land Kanaän geskenk het. Daarna kom Hymet die oproep: "Vrees dan nou die Here en dien Hom in opregtheid enwaarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraaten in Egipte, en dien die Here. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Herete dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: of die gode wat jullevaders daar oorkant die Eufraat gedien het, of die gode van die Amoriete in wiese land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien." (Josua24:14,15).

Die hele volk doen vervolgens dieselfde keuse as Josua.Op ’n plegtige wyse word die verbond tussen Israel en die Here vernuwe. Diegeskiedenis maak duidelik dat die keuse vir die Here radikaal moet wees,eksklusief. Dit is geen "en – en", maar "of – of". Jy kannie die Here dien en dan ook nog afgode daarop nahou nie. Wie die Here dien,moet alle vreemde gode wegdoen. Dit is soos met God en die Mammon:"Niemand kan twee here dien nie” sê Christus, “want of hy sal die een haaten die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kannie God en Mammon dien nie!" (Mt 6: 24). God vra ’n onverdeelde hart. ’nHart wat heeltemal op Hom gerig is.

Die Kategismus formuleer dit so: "Ek moet die enigeware God reg leer ken, Hom alleen vertrou, my slegs aan Hom met allenederigheid en geduld onderwerp en van Hom alleen alle goeie dinge verwag. Ekmoet Hom met my hele hart liefhê, vrees en eer. Sodoende sien ek eerder vanalle skepsels af as om in die minste teen sy wil te handel.”

Dis nie maklik nie. Jou gevoel en wil kan in opstand kom.Jy moet daarvoor baie prysgee. Jy moet daar alles voor oor hê. Maar ware liefdegaan nie op in die gevoel nie. Ware liefde is beproefde liefde. Jy bly trou aandie Here wat alleen God is. Om dit te kan doen moet jy wel die Here reg leerken. As jy die Here nie reg ken nie, kan jy sommer verval in die dien van ’nafgod terwyl jy dink dat jy die Here dien. Dis ’n reële gevaar in ons tydwaarin so baie met die Bybel geknoei word. Die moderne mens maak ’nvoorstelling van God wat pas binne sy eie denkwêreld. Mense maak God na hulbeeld, so te sê. Hulle bly hulself Christene noem maar hulle het in feiteverval tot die dien van ’n eie-gemaakte afgod, ook al het hulle die Bybel inhul hand. In hierdie verband kan die slot van Joh se 1e brief ons iets leer.

Wat is naamlik die geval? Joh moet in sy brief stry teenkerkmense wat die skerp kantjies van die geloof wil afslyp. Mense wat moeg ismet die antitese, die teenstelling tussen kerk en wêreld en wat ’n kompromismet die lewenstyl van die wêreld begeer. Om dit te bereik het hulle al baiewater by die wyn van God se Woord gevoeg. Hulle het die getuienis van dieapostels aangepas aan eietydse opvattings. So verloën hulle bv die goddelikenatuur van ons Here Jesus Christus. Hulle tas so die liefde van God aan. VanGod wat ons immers sy eie Seun as Verlosser gegee het. En dit het gevolge virdie lewenstyl.

Ondertussen het hierdie mense die kerk reeds verlaat.Waarskynlik het hulle ’n soort teenkerk gestig, waar dit vryer is en mens nieso streng aan die apostoliese leer gebind is nie. Dit is uiteraard ’nbedreiging vir die wettige kerk. Want die lidmate het van nature ook dieneiging om die dinge nie so skerp te wil neem nie. Dit lyk asof jy tog Christenkan wees op ’n ander manier, op ’n manier waarop jy minder gebind is. Dit lykasof jy ook wel in die hemel kan kom wanneer jy jou nie so streng van diewêreld afsonder nie, en wanneer jy minder erns neem met jou beginsels en joubelydenis. Dit is die rede waarom Joh die brief skryf. En waarom hy skryf sooshy skryf. Let maar op die laaste 4 verse van sy eerste brief. Drie keer staandaar na mekaar: "Ons weet". Dit staan vir ons vas. Op grond van diegetuienis van die apostels, op grond van die goddelike getuienis het onsgeloofs-sekerheid. "En ons weet dat die Seun van God gekom het en onsverstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sySeun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe." Daarnavolg die woorde: My kinders, bewaar julleself van die afgode.

Dis nie sonder rede dat Joh praat van die Waaragtige ofdie waaragtige God nie. Wat is naamlik die gevaar van die dwaling? Dit, dat jydaardeur die ware God kwytraak en ’n afgod oorhou. ’n God dus wat heeltemalgeen god is nie, maar ’n leuen. As jy nie die lewensgemeenskap met die ware Godin sy Seun Jesus Christus ken nie, dan kan jy wel sê dat jy glo, dan kan jy welsê dat jy Jesus Christus hooghou, maar dan glo jy in feite in ’n afgod. ’nAfgod waaroor jy wellig ’n klomp skriftuurlike dinge sê, maar dit is en bly ’nafgod.

Daarom die bewoë woorde: My kinders, bewaar julleself vandie afgode. Mense, let tog op. Laat julle nie verlei nie. Pas julle nie aan bydie wêreld met sy valse godsdiens nie. Hou vas wat julle het. Julle het dieenige ware God leer ken en dien in sy Seun Jesus Christus. As jy die Seunverloor, dan verloor jy God self. Dan hou jy ’n afgod oor, ’n nulliteit, ’nleuen.

Daarom die 1e gebod: jy mag geen ander gode voor myaangesig hê nie. Vergooi jou nie aan die nulliteite nie . Dit sou vir jou ’newige ramp wees. Dien My alleen, die enige ware God. Vertrou op My alleen. Ekis die Skepper van hemel en aarde. Alle dinge en skepsels is van my afhanklik.Laat jou nie onder die mag bring van die moontlikhede en kragte wat Ek geskapehet nie. Moenie hulle verafgod nie. Hulle bly net skepsels. Ek is jou Skepperen Verlosser. Dien my alleen.

AMEN

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)