Die onderlinge vermaan is ’n kwessie van liefde voor en liefde na

Minister: 
Ds C Kleyn
Church: 
(onbekend)
Date: 
2010-08-01
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 31b
Preek Inhoud: 

Sondag 31b, Johannesburg, 1 Augustus 2010

Lees: Lev. 19:16-18; Gal. 6:1-10

Sing: Ps 147:1,2; Ps 9:7,8; Ps 25:2,4; Ps141:3-5; Ps 139:1,12

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Vanaand gaan ons kyk na een onderdeel van die Christelike tug, naamlik die onderlinge vermaan.  Die Here wil ons, sy kinders, op die regte pad hou en ver van die sonde hou.  Daarvoor wil Hy nie net ampsdraers gebruik nie, maar elkeen van ons, elke gemeentelid.  Dink aan wat ons uit Levitikus 19 gelees het.  “Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie.  Jy moet jou naaste vrymoedig berispe”. 

Uit die NT ken julle allig die woorde van dieHere Jesus van Mt 18:15: “As jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf homtussen jou en hom alleen.  As hy na jouluister, dan het jy jou broeder gewin...” Hier gee die Here elkeen van ons opdrag om te vermaan.  In die verskillende vertalings word woordegebruik soos bestraf, berispe, vermaan of teregwys.  Dit kom alles op dieselfde neer.  Die bedoeling moet natuurlik wees om diebroer wat sondig, te red of te win.  Wantas hy op die sondige pad voortgaan, kan hy heeltemal ten val kom en verloregaan.  Hierdie opdrag om mekaar tevermaan word op talle plekke in die NT herhaal. Laat ek julle net herinner aan twee tekste uit Hebreërs wat ons laasweek in die erediens gelees het.  Hebr3:12,13: “Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’nbose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as ditvandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sondeverhard word nie”.  En Hebr 10:24,25:“laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laatons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie,maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag siennader kom.”  Duidelike woorde.  Klemmende woorde.

Maar gemeente, hoe getrou kom ons hierdieroeping na?  Hoe getrou gee ons op mekaarag en vermaan ons mekaar?  Ons het gouons verskonings.  Ons is nog jonk ofonervare.  Ons kan nie die regte woordevind nie.  Ons is self ook nie sovoorbeeldig nie.  Of: dit sal tog nikshelp nie, hy sal tog nie luister nie. Of: hy moet dit self maar weet, hy het self daarvoor gekies.  Ens ens. Enige verskoning is goed genoeg om my te onttrek aan die opdrag om anderte vermaan.

Waarom sou dit wees dat ons dikwels so slegluister na hierdie opdrag van die Here en weier om mekaar te vermaan?  Glo ons nie meer dat die pad van die sonde ’ndoodloop pad is nie?  Dink ons dalk datdit tog nie so ernstig is nie?  Waaromwaarsku ons iemand wel as hy siek is? Omdat ons bang is dat dit weleens iets ernstigs kan wees en dat ditverkeerd  kan gaan as die pasiënt langwag om na die dokter te gaan.  Sal ons dannie bang wees as iemand op ’n sondige weg is nie?  Sou ons mekaar nie ’n bietjie meer lief moethê nie en daarom vir die verderf waarsku?

Vanaand wil ek juis julle aandag vra vir dieliefde.  Want die onderlinge vermaan isfeitelik ’n kwessie van liefde voor en liefde na.  Dis dan ook die tema van die preek: dieonderlinge vermaan is ’n kwessie van liefde voor en liefde na.  Ware liefde dryf jou daartoe om te vermaan enware liefde behoort die vermaan te kenmerk.

Wanneer ons nalaat om mekaar te vermaan, moetdie vraag gestel word: het ons mekaar nog werklik lief?  Het ek die broer of suster nog werkliklief?  Lev 19:17,18 dwing ons om ernstighieroor na te dink.  Luister maar: “Jymag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sondeop jou laai nie.  Jy mag nie wraakgierigof haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jounaaste liefhê soos jouself.  Ek is dieHere.” Pragtige, toepaslike woorde.

Jy mag jou broer in jou hart nie haatnie.  Jy mag nie in jou hart haat teenjou broer of suster koester nie.  Dalkgaan dit hier oor ’n broer of suster wat teen jou gesondig het, wat jouveronreg of gekwets het.   Die teksvervolg immers: Jy moet jou naaste vrymoedig berispe.  Wanneer iemand teen jou gesondig het, moeniehaat in jou hart koester nie, terwyl jy verder swyg.  Moenie stilbly daaroor nie, maar laat diesondaar weet wat hy gedoen het.  Probeer jounaaste oortuig van sy sonde dat hy hom daarvan kan bekeer. 

Geliefdes, die haat hoef nie altyd bewus injou hart te leef nie.  Daar kan ooksprake van haat wees, as jy nie werklik die heil van jou naaste soek nie, dusdeur nalatigheid.  Dink aan die woordevan Spreuke 13:24 waar van ’n ouer wat sy kind nie tugtig nie gesê word dat hyhom haat.  Luister maar: “Wie sy roedeterughou, haat sy seun, maar hy wat hom liefhet, besoek hom mettugtiging.”  ’n Ouer wat sy kind nietugtig nie, sal dikwels juis hom of haarself op sy liefde vir sy kindberoep.  Ek het my kind so lief dat ekhom/haar nie kan pak gee nie.  Ek kan ditnie aansien dat my kind seerkry nie.  Togsê die Here hier in Spreuke 13: wie sy kind nie tugtig nie, haat hom of haar.  Is dit nie te sterk uitgedruk nie?  Jy haat in so ’n geval tog nie jou seun ofdogter nie?  Tog wel. 

Hoe dan? Dit word duidelik as jy besef watliefde – die teëvoeter van haat – beteken. Liefde is dat jy die beste vir ander soek.  Liefde is nie in die eerste plek ’n gevoelnie, ’n gevoel van toegeneentheid, maar ’n saak van jou wil: jy kies bewus watgoed vir die ander persoon is, jy soek bewus die beste vir hom of haar.  Haat is die teenoorgestelde: jy soek dan niedie beste vir die ander persoon nie. 

In hierdie lig sal dit duidelik wees wat Godbedoel wanneer Hy sê dat iemand wat sy kind nie tugtig nie, hom haat.  As jy nie bereid is om jou kind te strafwanneer dit nodig is nie, soek jy nie die beste vir jou kind nie.  Jy wys dat jy nie werklik bekommerd is oor joukind se welsyn nie.  Jy kan nalaat om joukind te straf om jouself en jou kind nie seer te maak nie – tugtiging is op dieoomblik mos nie ’n saak van blydskap nie, maar van droefheid – maar intussen isjy wel besig om jou kind te bederf, te benadeel. 

Ware liefde kan dit nie verdra dat die kwaadin die hart van jou kind vestig nie.  Aswoorde nie help nie, dan sal die kind dit moet voel.  Dit gaan uiteindelik oor die redding van joukind.  Dat jou kind nie aan die sondeoorgelewer word nie.  Die mag enwerklikheid van die sonde in ons en ons kinders se lewe noodsaak ons as ouersom betyds op te tree.  Teenoor die haatwat die tugtiging nalaat, is daar die liefde: jy soek bewus die beste vir joukind, ook al maak dit jou seer en gee dit op die oomblik jou kind geen blydskapnie maar droefheid.  Hy wat sy seunliefhet, sal hom straf wanneer dit nodig is. 

Liefde blyk hier ook die voorwaarde virChristelike tug te wees.  Geen ouer magtug uitoefen sonder liefde nie.  Liefdesorg daarvoor dat jy nie te vinnig straf nie en seker nie omdat jy daarinplesier het nie.  Dan straf jy nieaanhoudend, onregverdig of lukraak nie. Nee, uit liefde soek jy werklik wat goed vir jou kind is.

Nou gemeente, wat geld vir die tug binne diegesin geld ook vir die onderlinge tug binne die gemeente.  Jy mag jou broer in jou hart nie haatnie.  Nie bewus haat teen jou naastekoester nie.  Maar ook nie onbewus, deurnalatigheid, hom haat nie dws hom deur jou stilswye skade aandoen.   Dit doen jy as jy hom nie waarsku of vermaannie, terwyl jy sien dat hy sondig.  “Jymoet jou naaste vrymoedig berispe.”  Daarin wys jy liefde vir jou naaste.  As daardie bewys van liefde ontbreek, dan isdaar sprake van haat, ook al is jy jou nie daarvan bewus nie en ken jy geengevoelens van haat nie.  Jy soek danimmers nie die heil van jou naaste nie. 

Gemeente, die volgende vers benadruk ook diesentrale eis van liefde.    “Jy mag niewraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jymoet jou naaste liefhê soos jouself.  Ekis die Here.”  Pragtig word hier gewysdat God altyd reeds die regte gesindheid van die hart, en nie net uiterlikegedrag nie, gesoek het.  Reeds hier inLevitikus in die Mosaïese wette leer ons dat die liefde die vervulling van diewet is.  En die liefde blyk uit dieonderlinge vermaan.  Wie sy naasteliefhet, sal hom aanspreek waar nodig. Ware liefde dryf jou daartoe.  Jykan tog nie aansien dat jou naaste, ja, jou broer,  in die sonde verstrik raak en dalk nogverlore gaan nie.  Dit sou verskriklikwees.  Dan wil jy alles in jou vermoëdoen om hom van sy sonde te oortuig sodat versoening met God en die naaste kanplaasvind. 

Die teks wys ook daarop dat as jy dit nalaat,jy skuld op jouself laai:  “Jy moet jounaaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laainie.”  As jy nalaat om hier op te tree, danstaan jy self skuldig.

In die onderhouding van hierdie gebod  is groot loon.  Hoe pragtig is dit as jy ’n broer of susterop die regte pad kan terugbring.  Dan redjy die persoon van die dood.  En ook asiemand nie luister nie, dan gee dit rus as jy hom gewaarsku het.  Terwyl andersyds onrus jou kan verteer,wanneer jy jouself moet beskuldig dat jy geen hand na die persoon wat op ’ndwaalweg was, uitgesteek het nie.

Die onderlinge vermaan is ’n kwessie vanliefde voor en liefde na.  Ware liefdedryf jou daartoe (dis die eerste gedagte) en ware liefde behoort die onderlingevermaan te kenmerk (die tweede gedagte).

Ons let op die tweede nav Gal 6:1:”Broeders,as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle watgeestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy opjouself let, dat jy ook nie versoek word nie.”

Ons kan soms so hart, so bitter teen mekaarwees.  So skerp of nydig teen mekaaruitval.  Hoe reageer ons wanneer iemandin sonde val?  Wanneer ons sien dat iemanddinge doen waarvan ons weet dat dit nie tot eer van God is nie?  Ons kan verontwaardig wees.  Ons kan in ’n heftige woordewisselingraak.  Of heerlik daaroor skinder.  Ons kan mekaar goed die waarheid vertel.  Ons staan in eie oog dan hoër as daardiebroer of suster.

Paulus leer ons anders.  Nie hard teenoor mekaar wees nie, maarliefdevol, sagmoedig.  Ja, liefde kan ookweleens hard wees.  Maar dit is dan ’nander soort hardheid as die wat uit selfverheffing voortkom.  Die hand van ’n pa of ma kan soms hard slaan,maar uit die slaande hand straal die liefde. Terwyl die haat gloei in die hand van ’n vyand.  Hardheid kan tog sag wees.

Paulus het in Gal 5 die werke van die vlees endie vrug van die Gees opgesom.  Dit souegter kan gebeur dat iemand wat hom wel deur die Gees wil laat lei uit swakheidin sonde val.  “As iemand ewenwel deureen of ander misdaad oorval word”.  Soos’n eensame wandelaar deur ’n boef oorval word of ’n slapende gesin deur brandin die huis oorval word.  Dit gaan hiernie oor mense wat die sonde liefhet en soek nie, maar wat deur die sonde oorvalword.  Dit gaan hier ook nie oordaaglikse struikelinge nie, maar eerder oor opvallende sondes, wat onsgewoonlik “ernstige sondes” noem. 

As ’n lid van die gemeente in so ’n sonde val,wat moet daar dan gebeur?  Baie isonmiddellik met hul vonnis klaar: dit verwonder my nie, ek het hom nooitvertrou nie.  Dit kan jy van so ’npersoon verwag.  Hy kan mooi praat, maarondertussen ...  En meer van sulkeonvriendelike vonnisse. 

Wag effens, sê Paulus.  Hy is tog ’n broer?  “Broeders”, so begin Paulus hierdievermaning.  Net soos ons in Lev 19 ookgelees het van jou “broer” wat jy nie in jou hart mag haat nie en “die kindersvan jou volk” teenoor wie jy nie haatdraend mag wees nie.  Onthou, jy is aan die persoon verwant, hy isjou broer.   In die kerk is ons aanmekaar verbind.  Ons is brs en srs vanmekaar.  Kinders van een Vader en brs ensrs van ons groot Broer Jesus Christus. Die gemeenskap van die heiliges. Een groot familie.  As dus iemanddeur die sonde oorval word, onthou: hy is geen vreemde nie, maar familie vanjou, jou broer of suster in die Here. 

Wat moet ons dan doen?  Hom los?  Hom aan sy lot oorlaat?  Die bandemet hom verbreek?  Jou van hom distansieer?  Hom bekritiseer?  Oor hom skinder?  Met veragting van hom praat?  Sy naam nog meer besoedel as wat hy dit selfreeds gedoen het?  Hard en bitter teenhom wees?  Ja, in hoogmoed eneiegeregtigheid is ons gou daartoe geneig. Hoogmoed en eiegeregtigheid is ons nie vreemd nie.  Dis nie verniet dat Paulus daarteen waarskuin Gal 6:3 nie: “Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie,mislei hy homself.”  Deur so te reageerhelp ons nie die sondaar nie, ook nie die kerk nie, en bevorder ons nie die eervan God nie.

Paulus wys ’n ander weg: wees nie hard nie,stoot nie af nie.  Maar help homreg.  Jy wat geneig is om hom teveroordeel, jy is tog geestelik?  Dws, jylaat jou tog deur die Gees van Christus lei? Jy leef tot uit Hom en tot Hom. Jy praat tog deur Hom en vir Hom? Nou, as dit so is – en dat mag ’n mens tog in die kerk verwag – dan saljy anders optree.  Dan ken jy jou taak,jou Christelike roeping teenoor die wat in sonde geval het.  Dan sê jy nie: is ek my broer se wagter?  Wat kan ek nog doen?  Hy het dit self gekies, hy moet dan self diegevolge maar dra.  Maar jy help hom reg,altans dis jou hartlike voorneme.  Jylaat hom nie links lê nie.  Maar jy doenalles in jou vermoë om hom weer van sy val te laat opstaan en om hom op dieregte pad terug te bring. 

Dit beteken nie dat jy sy sonde ligtelikopneem nie, asof dit eintlik nie so erg is nie.   Nee, juis omdat jy die sonde so erg vind,wil jy alles in jou vermoë doen om hom daarvan te bevry.   Probeer jy om hom tot verootmoediging,berou, skuldbelydenis en bekering te bring. Wys jy hom op die vergewende liefde van God, op die versoenende bloedvan Christus.  Bid jy vir hom.

En hoe? Nee, wees nie hard nie.  Doen ditsê Paulus, met die gees van sagmoedigheid. Jy behandel hom nie uit die hoogte nie. Asof jy beter is en beter opgepas het. Jy stel nie jouself tot voorbeeld nie: as alle mense maar soos ek was ensoos ek sou dink en lewe, sou dit in die kerk baie beter uitsien.  As jy so kom, vind jy geen geopende oor nieen nog minder ’n ontvanklike hart. 

Met die gees van sagmoedigheid.  Dis nie die gees van swakheid oftoegeeflikheid nie.  Sagmoedigheid is:jouself beheers, jou toon bedwing, rustig sê wat jy moet sê sonder om te krenkof te beledig.  In soekende liefde.  Jy wil nie die sondaar goed die waarheid sênie.  Jy wil hom juis red, reghelp,ophef.

Hoogmoed, hardheid pas ons nie.  Menigeen wat hard teenoor ander was, het selfdiep geval.  Dink daaraan, sê Paulus, dieversoeking kan jou ook tref.  Let opjouself.  Wie is jy?  Ook maar ’n sondig en swak mensekind.  Daarom skryf Paulus in 1 Kor 10:12: “Daaromwie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”  Ook by jou lê die sonde op die loer, om opdie geskikte oomblik toe te slaan. Menigeen het gesê: Dit sal my nie oorkom nie.  Maar dit het hom oorkom.  Dink aan die apostel Petrus in sy verloëningvan die Here Jesus.  Hy het homselfoorskat en die krag van die sonde en die duiwel se sluheid onderskat.  Moenie jouself oorskat nie en dink dat jy ineie krag staande kan bly nie.  Jou krag,jou wysheid en jou goeie wil, sal jou nie red nie.  As jy daarop vertrou, sal jy juis val.  Die sonde van jou broer wys vir jou wat diepin ons menseharte skuil.  As jy jou nieaanhoudend deur die Heilige Gees laat lei nie, dan sal die kwaad ook in joulewe toeslaan.  Dit kan enige oomblikgebeur.  Daarom: waak en bid dat jy niein versoeking kom nie.

En laat daardie nederige, biddende houding ookjou omgang met jou medegelowiges bepaal. Bid vir mekaar.  Ook vir hulle watnog jonk en ekstra kwesbaar is.  Bid ookvir hulle wat geval het of die pad byster geraak het.  Help hulle reg in die gees vansagmoedigheid.   So dra ons mekaar selaste.  So vervul ons die wet vanliefde.  Die onderlinge vermaan is immers’n kwessie van liefde voor en liefde na. Ware liefde dwing jou daartoe om die ander te vermaan.  Ware liefde behoort daardie vermaan ook tekenmerk.

Liturgie: 

(kyk in preek)