Woord en Sakrament

Minister: 
Ds C Kleyn
Church: 
(onbekend)
Date: 
2010-06-13
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 25
Preek Inhoud: 

Sondag 25

Johannesburg, 13 Junie 2010

Lees: Romeine 9:30-10:21
Sing: SB 27; Ps 78:1-4; Ps 62:4,5,8; SB 43:4-6.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Hoeveel hang nie van die geloof af nie! Deur die geloof kry ons deel aanChristus en al sy weldade. As ek nie glo nie, dan het ek geen deel aan Christusen het ek geen deel aan die heil, die vergewing van die sondes en die ewigelewe nie.

Dat soveel van die geloof afhang, kan ’n mens onrustig maak. Gestel jyworstel met twyfel. Gestel jy sit met die vraag: glo ek werklik? Ek gaan kerktoe, ek lees die Bybel, ek bid ook wel, maar dit is asof dit my skaars raak. Isek dan buiten Christus?

Die dinge wat jy rondom jou sien en hoor kan twyfel by jou oproep: is dieBybel werklik die woord van God? Ja, is die God van die Bybel werklik dieenigste ware God? Is die mense van die ander godsdienste dan almal verkeerd?

Soms kan ek ook ’n gevoel hê dat ek huigel. Ek gaan ander voor inSkriflesing en gebed. Ek hou jongmense, my kinders, die weg van die verbondvoor. Maar soms kan die gevoel by my opkom dat ek dit meer uit gewoonte doen asuit ’n lewend geloof. Vertwyfeling kan sommer ontstaan. Staan ek dan tog niebuite Christus en al sy weldade nie? Hoe kry ek die ware geloof? Miskien het jyook die gevoel dat jy wel wil glo maar dit nie kan nie. Dit lyk asof jy dit nieregkry nie. Wat moet jy dan maak?

Gemeente, die vraag van ons Kat is baie belangrik: "Terwyl ons slegs deurdie geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so ’n geloof danvandaan?" Hoe kom jy aan die geloof wat jou aan Christus verbind? DieKategismus wys, volgens die Skrifte, op die weg van die middele: woord ensakrament. Dit is middele wat die Heilige Gees gebruik om in jou die geloof tewerk en te versterk. Daaroor wil ek vanaand aan julle God se woord verkondig.

1.     Die Heilige Gees werk die geloof deur die Woord

2.     Die Heilige Gees versterk die geloof deur woord ensakramente

Die geloof kom van die Heilige Gees. Laat dit maar rustig aan Hom oor. Uitjouself kom jy nooit sover om te glo nie. Jy kom daar nie met jou gesondeverstand nie. Ook nie met jou godsdienstige gevoel nie. Dit moet aan jou gegeeword. Van bo, van die Heilige Gees.

Dit beteken dat niemand op aarde aan jou die geloof kan gee nie. Jou ouersnie – dit is geen erfgoed nie. Ook nie jou ouderling of predikant nie. Diegeloof is ’n gawe van God. Die werk van die Heilige Gees. Gelukkig maar. As ditvan jou sou afhang, sou daar niks van teregkom nie. My verstand is so beperk –verduister deur die sonde. Hoe dikwels vergis ek my ook nie? My gevoel is ooknie so ’n goeie gids nie. En my ouers en ampsdraers het almal hul sondes engebreke. Nee, gelukkig dat die Heilige Gees die geloof werk. Dit gee sekerheid.As Hy dit doen, weet ek dat dit duursaam is en nie tot niet gaan nie.

Maar gemeente, daarmee het ons nog nie alles gesê nie. Inderdaad, die Geesmoet dit doen. Dit maak ’n mens beskeie en dankbaar. Die werk van die HeiligeGees is egter nie geheimsinnig nie. Dan sou jy nog nie weet waar jy aan toe isnie. Het jy die werk van die Gees ervaar of nie? Ja, wat moet jy ervaar? ’nInnerlike stem of buitengewone ontroering van jou hart? Nee, so bly jy onseker.En word jy in feite op jouself terug gegooi.

Die werk van die Heilige Gees is egter nie geheimsinnig nie. Dit is baiekonkreet. Dit Kat sê volgens die Skrifte: die Heilige Gees werk die geloof inons harte deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deurdie gebruik van die heilige sakramente. As ’n ma vir haar kind uit diekinderbybel lees, is die Heilige Gees reeds besig. As die kind groter word,gaan hy saam kerk toe, die werkplek van die Heilige Gees. Jy hoef nooit onsekerte wees oor die vraag: waar vind jy die Heilige Gees nie. Hy werk deur dieWoord. Daarom lees ons in 1 Petrus 1:23 dat ons wedergebore is deur die lewendewoord van God. Waar hoor jy die geluid van die Gees? Waar God se woorddeurgegee word. Deur die krag van die Gees is die woord in staat om jou hart teomvorm tot ’n hart vol geloof.

Die Heilige Gees het vir homself ’n spesiale werkplek ingerig. ’n Werkplekwat elke Sondag weer toeganklik is, die kerk. En dan bedien die Heilige Geeshom van die bekende werktuie: die preek, die doop, die Nagmaal. So is Hytelkens met en in ons besig. Wanneer ’n kind gedoop word, wanneer die Nagmaalgevier word, wanneer die woord verkondig word, is die Heilige Gees in sywerkplek besig.

Jy weet dus waar jy die Heilige Gees kan ontmoet. Jy weet hoe Hy ’n pad na jouhart baan. Jy weet hoe Hy die geloof in jou wil werk. Jy weet dus waar jy moetwees om die geloof te ontvang. Onder die gehoor van die evangelie. Daarom gaan’n mens getrou kerk toe, die werkplek van die Gees. Daarom skat ek dieprediking van hoë waarde, hoe gebrekkig en eenvoudig dit miskien ook gebringword. Die Heilige Gees wil die eenvoudige middel gebruik om mense tot geloof tebring, om mense te red. Hoeveel het Hy nie deur die eeue heen so gered nie? Ookverlos van die tallose twyfelvrae?

Gemeente, Romeine 10 maak duidelik dat die geloof via die verkondiging vandie evangelie aan ons geskenk word. Paulus plaas die geregtigheid deur die weten die geregtigheid deur die geloof teenoor mekaar. Die geregtigheid deur diewet het as reël: doen dit en jy sal lewe. Leef volgens die wet, dan word jygered. Maar dan moet jy die wet wel volledig nakom, volmaak. Wie kan dit doen?Geen mens nie. Daarom kan geen mens langs hierdie pad gered word nie. Die wetroep om ’n Ander wat die wet vir ons kan vervul. Die wet roep om JesusChristus. So word die wet ook ons tugmeester na Christus toe genoem (Gal 3:24).En Christus word die einde van die wet, oftewel die doelwit van die wet, genoem(Romeine 10:4) Die doel van die wet was om mense na Christus toe te drywe. So hetIsrael deur die wet reeds geleer om hul behoud buite hulself te soek in JesusChristus alleen. So is reeds aan hulle die weg van die geregtigheid deur diegeloof gewys. Dit is die enigste pad wat uitsig en lewe bied.

Dit is, broeders en susters, nie iets wat ver van ons afstaan nie. Nee, ditis naby, sê Paulus. Om die heil te kry, hoef jy nie eers een of ander kunsgreepte verrig nie. Jy hoef daarvoor nie na die hemel op te klim nie en jy hoef ooknie na die afgrond neer te daal nie. "Die geregtigheid wat uit die geloofis, sê immers: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlikom Christus af te bring; of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik omChristus uit die dode op te bring? Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, injou mond en in jou hart." (Romeine 10:6-8). Wie dink dat hy eers self ietsmoet verrig, maak sy heil afhanklik van sy eie aksie. ’n Hopelose onderneming.

Dank God, alles is afhanklik van God se aksie: Hy het in Christus die heilnaby gebring. Naby jou is die woord, die woord van heil. Naby jou is die heilself. Dit kan jy sommer gryp. Jy mag dit sommer glo. Meer is nie nodig om voorGod geregverdig te word nie.

Dis opvallend, broeders en susters, dat Paulus in Romeine 10:8 skielikpraat van die woord pleks van Christus. Daarvoor het hy immers steeds gepraatoor Christus. Jy hoef Christus nie uit die hemel of uit die afgrond te haalnie. Jy hoef Christus – die heil – nie ver weg te soek nie. Na daardie woordesou ’n mens verwag het dat Paulus sou sê: naby jou is Christus, oftewel dieheil. Maar nee, pleks daarvan hoor ons: naby jou is die woord. Waarom so ’noorgang van Christus na die woord? Paulus doen dit omdat Christus juis in diewoord aanwesig is. Die woord is die woord van Christus. As die woord naby isdan is Christus naby, dan is die heil naby.

Wel, "naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is diewoord van die geloof wat ons verkondig". Naby jou is die woord van diegeloof, die woord wat geloof vra, die woord wat ook geloof teweegbring. Dielewende en kragtige woord wat die siel red. Die woord is aan jou verkondig. Injou mond gelê. Sodat jy daaroor kan praat. Sodat jy dit kan naspreek in joubelydenis. Dit is in jou hart gelê. Jy hoef dus nie eers allerlei prestasies teverrig om die heil naby te kry nie. Dit is naby gebring. Aan jou verkondig eningeprent. Jy kan dit sommer gryp. As jy die woord in geloof aanneem, dan saljy gered word.

Maar, gemeente, hoe kom ’n mens daartoe om die woord gelowig aan te neem?Die Heilige Gees gebruik daartoe die woord self. Die gepredikte woord beweegtot geloof. Paulus vervolg: Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle niegeglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? Enhoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle niegestuur word nie? … Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur diewoord van God (vers14,15,17). Om te glo moet jy dus hoor, luister na die woordvan God. Daarvoor is predikers nodig, mense wat in die naam van Christus die evangelieoordra.

Die geloof van die gemeente is dus nie op inisiatief van mense tot standgebring nie. Dit is vanuit die hemel bewerk. Deur predikers wat deur KoningChristus gestuur is. So begin mense glo. Daarom is die prediking so mooi enmagtig. Christus, die lewe, kom daarin na jou toe. Jesaja vergelyk die predikervan die evangelie met ’n vreugdebode: "hoe lieflik is die voete van diewat die evangelie van vrede verkondig." Die koms van die bode maak diegemeente bly. Daarom wil die gemeente ook daarby wees as die boodskapper syboodskap verkondig. Sorgvuldig kerkbesoek is daarom ’n geloofsaak. Jy is bly,opgewonde oor die evangelie. Jy kry immers niks minder as jou eie reddingaangereik nie.

Maar gemeente, waar lê dan die fout as iemand nie tot geloof kom nie? Ditkan nie lê aan die feit dat jy dit nie gehoor het nie. Elkeen van ons het dieevangelie gehoor en hoor dit nog steeds. Let op wat God sê in Romeine 10:16-21.Paulus noem moontlike verskonings vir die ongeloof van tallose Israeliete. Dieeerste verskoning is: Het hulle miskien nie gehoor nie? Die verskoning is egternie geldig nie, veral nie vir hulle wat in die kerk grootgeword het. Met ’naanhaling uit Psalm 19 sê Paulus hieroor: "alte seker het hulle gehoor.Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreldhulle woorde."

Daarna kom die tweede verskoning: Maar ek vra: Het Israel dit miskien nieverstaan nie? Was dit vir hulle te moeilik, te vaag, onbegryplik? Ook dieverskoning gaan nie op nie. Hoekom het baie Israeliete dan nie tot geloof gekomnie? Paulus se antwoord lui: "Maar van Israel sê Hy: die hele dag het Ekmy hande uitgebrei na ’n ongehoorsame en teësprekende volk." Dit is dusnie God se skuld nie, of die skuld van die evangelie nie. Dit is vanweë hul eieongehoorsaamheid en teëpratery. Hulle wil nie luister nie. Hulle wil geengehoor gee aan die evangelie nie. Hulle wil self die hoogste woord voer. Hullemeet hulself die vryheid aan om te praat pleks om eers eerbiedig te luister nawat God vir hulle sê. Hulle is ’n ongehoorsaam en teësprekende volk.

Nou terug na die vrae wat ons in die inleiding genoem het. Wat moet jy metjou twyfel? Hoe kan jy dit oorwin? Hoe kom jy weer tot ’n vaste geloof?

In elk geval, moet jy die twyfel nie as normaal sien nie. Bly dit sien assonde, as ’n stuk ongeloof: in my twyfel ag ek God nie betroubaar nie. Hy hetmy wel pragtige dinge gesê in sy woord en sakramente, maar ek het daaroor mytwyfels.

Maar, broeders en susters, is dit nie ’n onbarmhartige oordeel nie? As jytwyfel dan het jy reeds moeite genoeg. Moet jy dan nog verder ontmoedig word?Moet jy dan nog skuldiger gaan voel? Gemeente, as God oor sonde praat, is ditdan om jou alle moed te ontneem? Om alle hoop en uitsig op vrede weg te neem?Julle weet beter. As dit so was dan sou die evangelie geen blye boodskap weesnie. Nee, God wil deur die evangelie ons ontdek aan die sonde. Waarom? Om ons,verslae van hart, te laat vlug na Christus toe. Om ons te laat vlug tot Hom watuit die mag van die sonde verlos.

Wat moet jy dan met jou twyfel? Die enigste uitweg is: vlug met jou twyfelna God toe. Roep tot Hom in die nood. Soek Hom waar Hy Hom laat vind. By sywoord en sakrament. Gebruik die middele van genade. As jy honger het, wat doenjy? Gaan jy slegs skreeu vir kos? Op die manier kom jy nie ver nie. Jy sal ookdie kos wat jou voorgesit word, moet aanneem.

Wat doen jy as jy honger na die genade van God? Honger na die vergewing vansondes, na die bevryding van jou twyfel? Gaan jy dan net kla: ek het honger?Gaan jy dan net vra: Here gee my die lewende brood? Natuurlik, dit ook. Maarnie dit alleen nie. Want die Here het dit al gegee. Naby jou is die woord. Enin die woord is die Here Jesus, die lewende brood, naby jou. Gebruik dit dan.

Ja, maar in jou twyfel het jy dalk juis oor die woord jou vrae: is ditwerklik die woord van God. Of: is die God van die Bybel werklik die enigsteware God? Moet jy dan gryp na die woord van God? Ja, dit moet jy doen, blydoen, dit is die enigste uitweg uit die moeras van die twyfel. Sou die woordvanweë jou twyfel skielik nie meer betroubaar wees nie? Sou die God van dieBybel, vanweë jou twyfel, skielik nie meer die ware God wees nie?

As jy jou honger wil stil, dan laat jy die kos wat voor jou gesit word togook nie staan nie? Daarom: neem, eet. Aanvaar die woord wat aan jou deurgegeeword. Gaan daarmee aan die werk. Gebruik jou doop. God weet dat ons maklik tottwyfel gebring kan word, dat ons ondersteuning nodig het. Daarom gee Hy naasdie woord ook die sakramente. Aanskoulike onderwys. Met sprekende beelde. Om sybeloftes ekstra duidelik te maak. Om dit te bevestig en te verseker. Gebruikdan die tekens en seels. Gebruik jou doop en die Nagmaal.

Miskien kan jy jou nie indink dat God jou sou wil aanneem nie. Jy het sondegedoen. Na sondige dinge gekyk, vuil gedagtes of drome gehad. Miskien het jy ’nslegte verhouding met jou ouers of met vriende of kollegas, of met jou vrou,man, of kinders. Miskien dink jy: gesien hoe ek is en wat ek gedoen het, saldie Here niks meer met my te doen wil hê nie.

Luister dan maar na die eerste woorde wat jy in elke erediens hoor: genadevir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus. Gebruik joudoop. Gryp die beloftes van God aan. Christus was en reinig jou selfs van dievuilste en gemeenste sondes. Dit is seker waar. Dit staan op jou voorhoofverseël. God se watermerk staan daarop.

Vlug daarom met jou twyfel tot God, tot sy woord en sakramente. Dit wil niesê dat die probleme dan onmiddellik opgelos gaan word nie. So gaan dit meestalnie. Aanvegtings kan lank duur. Miskien wel ’n lewe lank. En hulle kan by tyeook baie sterk word. Maar as jy met jou twyfel telkens weer tot die Here vlug,dan sorg Hy dat dit jou nie onderkry nie.

Maar hoe werk dit dan as jy vir jou gevoel wel wil glo, maar dit nie kannie? Siekte kan ’n rol speel. Psigiese nood. Jy ervaar ’n stuk onmag. Jy hetjou gevoelens nie goed onder beheer nie. Dit is asof jy die evangelie maar niekan ervaar nie. Jy voel dit nie. Is die evangelie daardeur egter minder reëel? Asdie siekte herstel, dan sal jy ontdek dat die geloofsbelewing weer terugkeer.

Maar, broers en susters, dat ’n mens wel wil maar nie kan nie, kan ook ’nheel ander oorsaak hê. Dit kan ook as oorsaak hê wat Paulus noem:ongehoorsaamheid en teëspraak, dat jy nie wil luister nie. Dan is dit nie ’nkwessie van onvermoë nie, maar van onwil, jy wil nie. Nee, dikwels is ’n mensnie bewus daarvan nie. Jy dink dat jy dit wil. Maar waarom kan jy dan nie?Omdat jy die dinge nie wil aanvaar nie. Omdat jy dit eers met jou verstand wilbegryp en beheers. Sodoende raak dit jou nie. Dan wil jy daar dus eers op joumanier met jou verstand mee klaar kom. Jy wil dit eers ervaar, dan eers glo.Kan jy dan wel sê dat jy werklik wil glo? Lyk dit nie eerder daarop dat jy eersself omhoog wil klim, dat jy eers self een of ander kunsgreep wil uithaal,voordat jy jouself wil oorgee om te glo nie? Waar bly die wil om die woord watGod naby gebring het, gewoon te aanvaar?

Gemeente, moenie jouself oorskat nie. Soek jou houvas nie in jou eie lewenie, by jou verstand of jou gevoel of belewing nie. Soek dit by die Here, by sywoord en sakramente. Gee jouself oor aan die evangelie van Jesus Christusalleen. Gaan daarmee aan die werk. Gebruik die middele wat God jou aanreik. Toteer van God en tot jou eie heil.

AMEN

 

Liturgie: 

(kyk in preek)