Die diepgang van die eis van God in die sesde gebod

Minister: 
Ds RH Bremmer
Church: 
(onbekend)
Date: 
2000-01-01
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 40
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 40 H. K.

Lees: Genesis 4: 1 - 16
Teks: Sondag 40 H. K.
Sing: Sb. 26: 1, 2, 8, 11
na wet Ps. 106: 2
na belydenis Ps 93: 1
Ps 133: 1 en 2
Ps 85: 3 en 4
Ps 72: 2

Geliefde broeders n susters in onse Here Jesus Christus!

I Jy mag nie doodslaan nie! Kort en kragtig het God so die sesde gebod vir ons geformuleer. Maar het dit enige sin om hierdie gebod in die wereld uit te dra? Is dit geen druppel in die see dra nie? Want as daar een gebod is waar mense aan verby lewe dan moet dit hierdie gebod wees. Neem nou maar net die twee wereldoorloe van hierdie eeu. Dis afskuwelik hoeveel menselewes daarin omgebring is. In die laaste wereldoorlog het alleen al meer dan tien miljoen Russe deur oorlogsgeweld en deur uitroeing om die lewe gekom. Dan is daar ook nog die "Holocaust" waarin meer as 6 miljoen Jode deur vergassing en andere middele dood gemaak is

Dis egter nie alleen die groot skaalse oorlog geweld waarin mense omkom nie, maar ook deur terreur en bomaanslae wat amper oor die hele wereld voorkom. Deur Ierland, Baskenland, Libanon en Israel loop 'n spoor van bloed. Daar is nie 'n einde nie, ook in ons eie land het dit met die nuwe Suid-Afrika nie gestop nie, amper eerder toegeneem.

In Sondag 40 word nie alleen by die doodslaan stilgestaan nie, maar daar word ook tot die wortel van die doodslag deur gedring. Hierdie gebod raak dit wat daar diep in ons harte lewe en woel. Dit raak ook hoe mense met mekaar in die samelewing omgaan. Die omgaan met mekaar in die kerk kom ook in die prentjie, want God spreek in die sesde gebod reguit sy verbondsvolk, sy kerkvolk, sy Israel aan.

Daarom het dit sin om noudat 'n menselewe nie in tel is nie met mekaar oor hierdie gebod na te dink want dis 'n gebod van die Here onse God. Hy kom ook in hierdie gebod na ons toe. Hy die heilige majesteitlike God hou ons met alle krag hierdie gebod voor. God handhaaf Homself in hierdie gebod teenoor die goddelose mensheid.

In hierdie gebod word die mens deur God aan sy skuld teenoor God ontdek. God staan op sy reg, daarom word in vraag 105 die woordjie eis gebruik: Wat eis God in die sesde gebod? Wanneer die kategismus dit verklaar sal ons sien hoe diep die eis gaan en tegelyk watter weg die Here ons in die omgang met die naaste wys. Daar oor wil ons nadink, as ons spreek oor: DIE DIEPGANG VAN DIE EIS VAN GOD IN DIE SESDE GEBOD.

Ons sien hoe God ons

  1. Hierin aan ons skuld ontdek;
  2. Die weg van verlossing wys;
  3. Ons opdrag in die samelewing voor oe stel.

I Jy mag nie doodslaan nie, eintlik staan daar in die hebreeus 'n ander woord, letterlik staan daar: Jy mag nie moord pleeg nie. Deur God word hier 'n woord gebruik wat oor die met voorbedagte rade iemand dood maak, spreek. Gemeente, tot wie het God hierdie gebod gerig? Het daar by die Sinai 'n klomp boewe voor die aangesig van God gestaan, vir wie dit bitter noodsaaklik is dat hierdie gebod hulle voorgehou word? Was dit mense wat hulle aan moord skuldig gemaak het?

Glad nie gemeente, God het Hom tot sy volk Israel gerig, wat Hy netnou uit Egypte verlos het. Ook bo hierdie gebod staan: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. God spreek hier geen mens wat homself vergeet en gemoor het, aan nie. Hier word 'n volk van liefhebbende vaders en sorgsame moeders aangespreek. Nie alleen die gewone volk nie, maar ook tot die leiers en hoofde onder Israel, ook tot Moses en Aaron, tot almal het die Here hier gespreek! Hoe het die Here daartoe gekom om met hierdie gebod na sy volk toe te kom?

Omdat God geweet het watter vleis Hy met sy volk in die kuip het. Hy het Israel deur en deur geken en hul hart gepeil. Ons moenie vergeet nie dat God by die wetgewing op Sinai al 'n hele geskiedenis met die mens en sy volk deurloop het. God het die mens vir die lewe in die paradys geskep, hom na sy beeld geskep om met sy Skepper en God van die verbond in gemeenskap te lewe. God het die mens nie net geskep om daar te wees soos ons 'n kunswerk aan die muur hang om daar te wees nie. God het die mens geskep om in die verskillende lewensverbande in liefde tot God en sy naaste te lewe.

Wat het die mens in die heerlike paradys wat God hom tot woning gegee het, gedoen? Nouliks het God die mens as man en vrou geskep, of hy het moord op sy Skepper en God van die verbond gepleeg. Nou moet ons nie wonder of dit sommer gese kan word dat 'n mens 'n moord op sy God kan pleeg nie. Want ons weet mos dat ons mense kan vermoor sonder om hulle dood te slaan. Mense kan sterwe aan die manier waarop hulle deur medemense bejeen word. Die een mens kan die lewe van 'n ander mens gruwelik verwoes en vermink. Dit het ons in die paradys, God ook aangedoen.

Deurdat Adam en Eva van die verbode vrug in die paradys geeet het, het hy sy God op die hart getrap, God dood verklaar! Ons kan daar geen voorstelling van maak hoe erg dit vir God was nie. Sy mense wat Hy geskep en waarmee Hy in liefde in 'n verbondsrelasie getree het. Die mens na die beeld van God geskep het die verbod van sy God oortree. Hulle wou soos God wees! Deur hierdie aanslag op sy God het die mens 'n moordenaar van sy naaste geword.

Gemeente, die Bybel is 'n realisties boek. As dit oor God en die mens gaan word daar nie doekies om gedraai nie. Daarom volg direk op die geskiedenis van die val van die mens, die geskiedenis van Kain en Abel. Die paradys is gesluit en met broedermoord word die geskiedenis opgevolg. Die paradys reuk het nog om die broers gehang, Adam en Eva het die moederbelofte nie vergeet nie. By die geboorte van Kain het Eva gese: Ek het met die hulp van die Here 'n man verkry. In hierdie seun het Eva op vervulling van die Messias belofte gehoop.

Ons ken almal die geskiedenis die offer van Abel het die Here genadig aangesien, maar die offer van Kain nie aangesien nie. Kain het toe vir sy broer afgunstig geword en hom sommer in die veld dood gemaak. Daarby het dit nie gebly nie, as God vir Kain vra: Waar is jou broer Abel. Antwoord hy kliphard: Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas? Huiweringewekkende woorde gemeente!

Hier word ons deur die Bybel met 'n mens gekonfronteer wat na die beeld van God geskep is. Daardie mens het sommer 'n ander mens wat ook na die beeld van God geskep is, uit die weg geruim. Kain was jaloers, hy het sy broer nie verdra nie. Hy kon nie aanvaar dat God die offer van sy broer aangesien het en sy offer nie aangesien het nie. Hy het die bloed van sy broer Abel vergiet, terwyl hul altwee seuns van Adam en Eva was wat die paradys van God as agtergrond gehad het. Tog het die een sy hand teen die ander opgehef.

Vir die eerste maal was daar bloed op aarde vergiet. Hoe swaar dit vir God weeg vertel Hy ons as hy vir Noag se: "Wie die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak. " (Gen. 9: 6) Later sal ons Heiland spreek oor: "al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaria die seun van Beregja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. " (Matt. 23: 35) Wie hom aan die mens vergryp, wat na die beeld van God geskep is, vergryp hom aan God!

As God vir Israel se: Jy mag nie doodslaan nie, het God virseker ook aan hierdie gruwelike geskiedenis, so kort nadat die mens uit die paradys uitgedrywe is, gedink. Die mens is nie 'n klip wat jy uit jou pad skuif nie, maar die mens is na die beeld van God geskep. Vir die mens het Immanuel, ons Heiland vlees geword en in die wereld ingekom. Deur hierdie gebod het God sy beskermende hand op die mens gele. Dis nie vir niet nie dat ons Heiland van die regverdige bloed gepraat het wat van Abel af in hierdie wereld vergiet is. Deur die geskiedenis van die mensheid loop 'n spoor van bloed!

Nou moet ons nie se nie, nou ja dis 'n enkeling wat hom daaraan skuldig maak. Ons het al gese die Bybel is 'n boek vol van realiteit. Loop die bloedspoor nie deur die hele Ou-Testament nie? Of het ons die geskiedenis van Josef en sy broers vergeet? Was dit nie hulle plan om Josef dood te maak nie? Dink aan Saul, die vanwee God gesalfde koning en Dawid. Saul wou herhaalde male Dawid teen die muur vassteek. Wat het Saul met homself gedoen? Op die gebergte van Gilboa het hy homself in sy swaard gestort. En Dawid self? Deur Joab het hy Uria in die stryd laat ombring. Dit was Dawid die man na die hart van God.

Dink nie dit was in die tyd van die Ou-Testament toe 'n lewe nie getel is nie. Want in die Nuwe-Testament was dit nie anders nie. Wat het die leiers van die joodse volk met ons Heiland gedoen? Die joodse raad het na die opwekking van Lasarus uit die dood, saam beraadslaag om Jesus om die lewe te bring. (Joh. 11: 53) En hulle het dit reg gekry vir die joodse raad het hulle Hom, die Seun van God, die Verlosser van Israel, onskuldig ter dood veroordeel! Vir die regterstoel van Pilatus het hulle geroep: kruisig hom kruisig hom. Met welgevalle het hulle rondom die kruis gestaan en ons Heiland bespot en gehoon.

Hoe het Paulus by die steniging van Stefanus gevoel? Hy het nog dreiging en moord geblaas teen die dissipels van die Here, en na die hoepriester gegaan, briewe vir die sinagoge van Damaskus gevra, om ook daar die dissipels te vervolg. JA, die bloedspoor loop deur die hele Heilige Skrif. Die Bybel bly egter nie by die vloei van bloed stilstaan nie, maar dring dieper deur tot in die hart van die mense self.

In die bergrede het ons Heiland daardie geweldige woord gespreek: "as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die skrifgeleerdes en Fariseers nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie". (Matt. 5: 20) Wat ons Heiland daarmee ten opsigte van die sesde gebod bedoel het, kan ons in die verse 21 en 22 lees: " Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gese is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. " Die Skrifgeleerdes het gedink: dat hulle hierdie gebod volbring het as hulle geen doodslag pleeg nie. Maar Christus het hulle anders geleer, en met al die krag van sy Messiaanse gesag gese: "Maar Ek se vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder se: Raka! moet verantwoording doen vir die Groot Raad; en elkeen wat se: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur". So het Christus die skerpte en diepte van hierdie gebod in die lig geplaas. Dit gaan nie net om die daad van doodslaan nie, maar wat in ons hart teenoor ons naaste lewe en ons mond uitblaker. Teen hierdie agtergrond kry die gebod regtig sy ontdekkende krag.

Antwoord 105 sluit direk by hierdie woorde van Christus aan deur te begin met: Dat ek my naaste; Nie: dat jy of ons ons naaste so in die algemeen nie. Nee, reg op die man af: Dat EK my naaste; daar kan geeneen van ons onderuit nie. Die kategismus sit om so te se ons die mes van die bergrede op die keel. Hoor dan dat dit nie alleen om doodslaan gaan nie: Ek mag my naaste nie onteer, haat, wond of doodmaak nie! Dit raak nie alleen hulle wat tot die daad oorgaan nie, maar ek mag my naaste selfs nie in my gedagtes, met woorde of dade deur myself of ander onteer, haat, wond of dood wens nie.

Dit gaan in die sesde gebod nie net om die beskerming van die lewe in die algemeen nie. As die kategismus so verstaan word loop ons saam met die humaniste van hierdie tyd wat net in die algemeen vir die menselewe opkom. Die kategismus spreek egter oor die naaste wat God langs my geplaas het, en waarmee ons in aanraking kom. Ook vir hulle het Christus in hierdie wereld gekom om hulle as hulle glo te red. Sou ek dan, al is dit maar net in gedagte, hom mag onteer of haat? Is daar nou iemand vry van hierdie gebod wat homself vir God kan regverdig?

Wat se gedagtes lewe daar in ons harte? dink aan jaloesie, afguns wat amper altyd in die hart toegesluit bly. Mense is partymaal jaloers op mekaar, en verwens dan sy mede mens. Die konkurent wat meer werk aantrek as ek, my kollega wat meer verdien of eerder promosie maak; die broeder of suster in die kerk wat meer aansien as ek geniet.

Antwoord 105 vra ook ons aandag vir die mekaar met woorde onteer en verwond. Woorde kan dolke wees waarmee ons ander in die hart steek. Ons kan ons naaste daarmee platslaan. Partymaal word ons in ons egoisme gevang in die woorde wat ons oor of jeens onse naaste gebruik. As ons naaste vriendelik met ons is, ons nie seer maak nie, dan is hy in ons goeie boekie. Maar laat hy met vermaan of verwyte kom dan is ons pleks van 'n vriendelike engel 'n slang wat pik.

Gemeente ons word by die verklaring van hierdie gebod nie deur ons kategismus gespaar nie. Die diepgang word onverbiddelik blootgele. Kyk antwoord 106 daar word die wortel van die doodmaak ontbloot. Dis afskuwelik wat vorentoe kom. Dis geeste uit die hel wat in ons lewe, soos nyd, haat, toorn en wraakgierigheid. Die sondes word deur God gehaat as wortel van die doodmaak en hulle word daarom as doodmaak toegereken.

Ja, daaruit kom die doodmaak vorentoe daarom moet ons met antwoord 106 bely dat God die sondes haat. Vra die kategismus hier nie te veel van ons nie? Haat kom onder christene tog nie meer voor nie? Gemeente dink dan nog 'n maal aan die broers van Josef, die haat van Saul vir Dawid en waarom dink ons het Johannes in 1 Joh. 3: 15 geskrywe: "Elkeen wat sy broeder haat is 'n moordenaar"? Ja haat is ook in die kerk aanwesig!

Jy mag nie doodslaan nie, het God aan Israel voorgehou, die gebod raak ook die Israel van die nuwe verbond, die kerk, die gemeenskap van die heiliges. Nyd kan die lewe vergal en die naaste ignoreer kan sy lewe verbitter. God het ons in die kerk as broeders en susters aan mekaar gegee, hoe beoordeel ons mekaar in daardie heilige gemeenskap? Ja die gemeenskap van die heiliges word deur ons graag bely en dis goed, maar hoe bejeen ons mekaar in die gemeenskap? Hoe kan dit dat onderlinge twiste jare lank aangaan en broeders of susters vir goed in 'n bepaalde kategorie, van byvoorbeeld moeilike mense, ingedeel word?

Jy mag nie doodslaan nie, is deur ons kategismus tot in die diepste dieptes van ons bose hart toegepas. Wie nou erken dat God in hierdie gebod ook die wortel van die doodmaak diep in ons hart raaksien, moet bely: O Heer ons hart is boos en skuldig..... dat ek my naaste......

Here bid ons dan: Los ons nie uit, ook nie in ons skuldig wees aan hierdie gebod van U nie. Vergeef ons ons skulde Heer.

II In hierdie dieptepunt van ons skuld, is daar in sondag 40 skielik 'n wending. Antwoord 107 neem ons hand en lei ons uit die bar klimaat van nyd en haat na die vriendelike en sonnige land waar die Gees van ons Heiland regeer. Die aangesig van God straal daar vrolikheid en lig! Ons kategismus se in hierdie antwoord dit gaan nie net daarom dat ons die gees van die afgrond, nyd haat en toorn uit ons hart verwyder nie, God soek meer! Hy gebied, wat 'n krag le daar in die woord 'gebied' God gebied dat ons ons naaste moet liefhe soos onsself.

Luister nou mooi: God wil dat ons jeens ons naaste, geduld, vrede, sagmoedigheid, barmhartigheid en alle vriendelikheid moet bewys. Om so te se breek hier deur die donker wolke van ons boosheid plotseling die sonlig van die genade van God deur. Ons weet mos hoe Psalm 84 oor ons Verbondsgod spreek, die koragiet wat daar spreek se: "die Here God is 'n son en skild" die koragiet kon dit weet want hy was 'n leviet wat in die heiligdom diens gedoen het. Elke dag het hy gesien hoe die Israeliete hul skuldoffers vir die Here gebring het. Die Here God is 'n son: Deur sy vergewende liefde word sy volk verwarm en verheug. God laat sy vriendelik aangesig oor hulle skyn. Ook is Hy 'n skild, in alle nood en dood is dit Hy wat sy volk beskerm en hoed.

God wil in Christus ons deur sy Gees tot daardie beeld van Hom vernuwe, daarom roep hierdie gebod ons op om vir ons naaste 'n son en 'n skild te wees. Ons word opgeroep om geduldig te wees, dis moeilik! Geduld wil se dat ons nie direk vrugte van ons houding teenoor ons naaste verwag nie. Se maar jy het jou naaste in liefde oor 'n sonde vermaan, dan wag jy geduldig op die vrug. Soos ook ampsdraers teenoor gemeentelede wat hulle moet vermaan geduldig moet wees. Ouers moet geduld met hul kinders beoefen en kinders teenoor hul ouers as hulle dink dat hulle nie reg behandel word nie.

Weet ons wie geen geduld ken nie? Dit is die fanatikus. Soos die Fariseers en skrifgeleerdes in hul wetsfanatisme ons Heiland die dood ingejaag het. Voordat Chistus in sy ;lewe ingegryp het was Paulus ook so 'n fanatikus. Die Here het 'n groot geduld met ons, om ons tot sy beeld te vernuwe, sal ons dan nie begin om geduldig teenoor mekaar te wees nie?

Nie alleen geduld nie maar ook vrede jeens mekaar sal ons beoefen. Die Here God het deur die bloed van Christus aan die kruis met ons vrede gemaak. Sal ons die Christus dan nie volg deur vrede en sagmoedigheid te betrag nie? Ons kan nerens beter vrede en sagmoedigheid leer, as in die skool wat Christus vir ons gee. Hyself het gese: "leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;" (Matt. 11: 29)

Dan die vriendelikheid wat die kategismus vir ons noem. Daar word geen stroopsoete vriendelikheid mee bedoel nie, maar vriendelikheid wat ons moet bewys aan mense wat ons onvriendelik behandel. Paulus skryf aan die Filippense 4: 5: "Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. " Gemeente, dis inderdaad 'n allerwonderlikst land waar antwoord 107 ons ingelei het. Sommerso staan daar dat ons soveel as dit in ons vermoe is die skade van ons naaste moet afkeer. Ja, selfs dat ons aan ons vyande moet goed doen! Oorwin die kwaad deur die goeie se Paulus vir die Romeine in 12: 21.

Die groot vraag vandag is hoe kan kommunikasie-steurings oorwin word. Psigoloe kan daaroor baie voorligtting gee. Gemeente as daar tussen jou en jou broer of suster 'n kommunikasie-steuring is, kan dit heerlik en ruimhartig opgelos word, deur kwaad met goed te vergeld. Of, deur hartelike broederliefde teenoor mekaar te betoon; eerbied vir mekaar te bewys en daarin vir mekaar 'n voorbeeld te wees, soos Paulus in Rom. 12: 10 aanbeveel. Liefde is vindingryk, dit weet mos watter pad gekies moet word om die hart wat yskoud is te ontdooi. As die liefde van Christus in ons is, sal ons daarin ook die nodige geduld kan betrag.

Maar sal iemand vra: Moet daar nie vir die reg van God gestry word nie? Moet die broer wat die verkeerde pad loop nie weerstaan word nie? Paulus skryf mos in Gal. 2: 11: "Toe Sefas egter later na Antiogie toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was. " Sekerlik kan dit nodig wees, maar altyd met die vaste wil om die broeder te behou, deur vir hom te laat voel dat dit nie om ons gelyk of voordeel gaan nie maar dat dit om die reg van die Here ons God gaan.

Nou kom die vraag na ons toe: Hoe kom ons uit die kille klimaat van haat en nyd in daardie vriendelike land van liefde, vrede en barmhartigheid? Wel daar is net een antwoord: Deur op die smalle pad ons Heiland te volg. Agter Hom aan wat tussen twee moordenaars vir ons aan die kruis gehang het. Hy is by die misdadigers, ook die oortreders van die sesde gebod, gereken. Hy het sy vyande tot in die dood toe liefgehad en vir die hulle gebid. Hy het die wet van die Vader in gehoorsaamheid van die daad tot die laaste toe vervul. In lydelike gehoorsaamheid het Hy die straf vir ons oortreding van hierdie gebod gedra. Alleen deur die geloof in Hom en in sy plaasvervangende lyding vir ons, kan ons hierdie gebod volbring.

III So kan ons tenslotte ook ons roeping in die lewe vir hierdie gebod sien. Aan die slot van antwoord 105 staan daardie ietwat losse sin: Daarom dra die owerheid ook die swaard om die doodslag te weer. As God die owerheid die swaard gee, om die geweld in die samelewing teen te gaan, het ons dan as gemeente Jesus Christus nie die roeping die owerheid deur ons gebed en ons gehoorsaamheid te ondersteun nie?

Daarby dink ons ook aan die doodslag by die begin en eind van die lewe, aan abortus en eutanasie wat in ons tyd tot 'n probleem gemaak word. Ons dink ook aan die vraagstuk van oorlogvoer. Eenstemmig het ons gereformeerde vaders die aanvalsoorlog verwerp. Hulle was beslis geen militariste nie, maar as dit om die verdediging van reg en veiligheid teenoor tiranne gegaan het, het hulle die owerheid gesteun.

Is deur die ewewig in atoom bewapening oor die laaste jare nie die westerse wereld vir 'n oorlog gespaar nie? Het die middel van 'n regering van nasionale eenheid in ons land nie 'n burgeroorlog voorkom nie. Moet die reg van die owerheid dan deur stakings, betogings, boikot en pad blokkering gebreek word. Sekerlik nie. Ons sal die owerheid met burgerlike gehoorsaamheid ondersteun en burgerlike ongehoorsaamheid bestry.

Die gemeente van God het in hierdie wereld 'n geweldige taak. Deur gehoorsaamheid aan die sesde gebod en getuienis oor die gebod mag die gemeente 'n vuurherd van liefde en lewe midde in hierdie gewelddadige wereld wees. Gemeente, Jy mag nie doodslaan nie is 'n geweldig gebod. Dit ontdek ons aan die goddeloosheid van ons hart waarin die wortel van die doodslag sy bose werk doen. Die gebod dring ons na Hom wat ook hierdie gebod in ons plek met volle inset van sy liefde vervul het. Die gebod wys ons ook die pad na die land van liefde en vrede. Dit stimuleer om die owerheid in die regte vervulling van haar taak te steun.

Geliefdes die sesde gebod is 'n geweldig gebod, dis ook 'n heerlike, en 'n bevrydende gebod! Laat ons die God van die sesde gebod loof.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)