Ons weeklikse feesdag is 'n geskenk van God

Minister: 
Ds FJ van Hulst
Church: 
(onbekend)
Date: 
2000-01-01
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 38
Preek Inhoud: 

Ps 138: 1, 2, 3
Ps 126: 1, 2, 3
Geloofsbelydenis
Ps 92: 1, 2, 6, 7
Lees: Jesaja 56
Teks: Sondag 38

Brs en srs, kinders,

Ons het almal seker maar kennisgeneem van die diskussie wat onlangs in die koerante was, oor fliek op sondae.

Tot voor kort moes bioskope hul deure op sondag toehou. Maar blykbaar het die druk van die kant van die bioskoopwereld wat meer wins wil maak en druk van die kant van die publiek wat op Sondae iets te doen wil he, so groot geword dat die wetlike regulasies hersien is.

'n Mens sou daarvan 'n hele paar dinge kon se.

Om te begin dit: Dit is ongetwyfeld 'n verliespunt dat opnuut 'n stukkie openbare sondagsrus afgebreek is. Dit is 'n bewys temeer van die toenemende ontkerstening van die bevolking van Suid-Afrika.

Die diskussie oor die hele saak het egter ook 'n winspunt opgelewer. Namelik hierdie, dat ons weereens leer besef het dat die owerheid as sodanig niks aan sondagsheiliging van die mense kan verbeter nie.

Al wat die owerheid kan doen is sekere waarborge gee vir Sondagsrus. Dit is iets anders as sondagsheiliging. Die verskil is dit: sondagsrus is dat 'n aantal uiterlike omstandighede gerealiseer word waardeur dit vir mense moontlik is om die sondag op 'n christelike manier deur te bring.

'n Owerheid kan baie doen om die rus te bevorder.

Maar aan sondagsheiliging deur onderdane kan 'n owerheid niks doen nie. sondagsheiliging is 'n saak wat christene heeltemal self moet doen.

Ek dink dit is nogal 'n belangrike verskil wat ons goed moet raaksien. Sondagsrus is net 'n begin. Dit skep vir jou 'n geleentheid waarin jy jou kan gaan besig hou met sondags-heiliging.

Dat ons op sondag nie na ons werk gaan nie, is op sig geen sondagsheiliging nie. Dit is sondagsrus. Immers op saterdae gaan die meeste van ons ook nie werk toe nie, maar dit het min te doen met sondagsheiliging.

In sondag 38 gaan dit ons sondagsheiliging. En die groot saak hier is nie wat ons op die dag moet nalaat nie, maar veelmeer hoe ons as gelowiges daardie dag op 'n sinvolle, vreugdevolle en christelike manier kan deurbring.

Ek verkondig u die Woord van die Here soos volg:

Ons weeklikse feesdag is 'n geskenk van God

  1. Die Sabbat
  2. Die Sondag

Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, maar die sewende dag is die sabbat van die Here, jou God. Dan mag jy geen werk doen nie.

Dit is die gebod waarmee die Here vir sy volk geleer het om te rus.

Met 'n pragtige bybelse uitdrukking: Hy het vir hulle geleer 'om asem te skep. '

As ons die woord so se, 'om asem te skep', sien ons voor ons die beeld van iemand wat hygend en met groot inspanning 'n berg uitgeklim het en nou vir hom 'n plekkie kry om asem te skep.

En wat doen 'n mens dan? Jy gaan nie sit en opkyk na bo, hoever moet ek nog? Nee jy kyk verkieslik af na die ruk wat jy reeds afgele het. Jy geniet van die bevredigende gevoel dat jy 'n prestasie gelewer het.

Wel, daardie genieting, die bevredigende ervaring is die deel van elkeen wat wat hom vir iets inspan. Wie 'n stuk werk klaargemaak het, kan 'n bietjie terugsit en geniet van dit wat hy tot stand gebring het.

Dit maak dan ook die groot verskil tussen werk en slawerny.

'n Slaaf kan nie geniet van die werk van sy hande nie. Hy is nooit klaar nie. Altyd is daar weer net werk wat voorle. Hy kan nie werklik ontspan nie.

Wel, die Here wil he dat sy kinders nie die vreugde van die ontspanning sal mis nie. Of dat hulle nie die tyd sal neem om terug te sit en dankbaar te wees oor wat hulle bereik het nie.

En daarvoor het die Here vir sy volk 'n rusdag geskenk.

Self het Hy daarin voorgegaan toe Hy na die Skeppingsweek gerus het van sy werk. Nie omdat Hy moeg geraak het nie, maar om Homself nadruklik te verlustig in dit wat Hy al skeppende tot stand gebring het.

In Egipte het die volk Israel onder slawerny geraak. Hulle moes maar net werk en werk sonder ooit verder te kom. Altyd is hulle weer opgejaag. Werk, werk, tot jy daarby dood neerval.

Wel, daarvan het die Here hulle bevry.

Hy soek nie 'n volk van slawe nie.

Hy soek 'n volk wat kan geniet van die gawes wat Hy vir hulle as liefhebbende God wil gee. Dit is al rede waarom die Here 'n Sabbatdag ingestel het.

Dit beteken egter nie dat ons die enigste rede vir die instelling van die Sabbat moet soek in die ontspanning en materiele genot van mense nie.

Daar is meer. Dit is nie verniet dat die Sabbat die Sabbat van die Here genoem word nie.

Dit beteken dat die dag ook 'n dag is waarop die Here besondere eer wil ontvang. Immers vir 'n kind van God kan ware vreugde slegs daar wees waar jy daarby die Here ten volle kan betrek.

Dink aan 'n maaltyd. Dit is feestelik om te kan aansit en jou kos te geniet. Maar die feesvreugde is eers kompleet as jy dit in die Here en met die Here kan geniet.

Wel so is ook 'n dag vry van jou werk 'n heerlike en kosbare ding. Maar die ware feesvreugde kom eers daar waar jy so'n dag as kind van God kan geniet. Want dit gee eers reg die ware ontspanning.

Omdat dit vir die Here so belangrik is daarom was Hy in die O.T. so streng op nalewing van die Sabbatsgebod. Immers in die viering van die dag blyk of jy inderdaad jou lewe wil laat verlos deur die Here.

Die sabbatsviering deur Israel was 'n soort proef op die som of hulle werklik hul lewe aan die Here toevertrou, ja of nee.

Immers daar is geloof nodig in God se sorg dat jy inderdaad kan volstaan met ses dae per week werk vir jou inkomste.

In die boereland Israel was dit glad nie vanselfsprekend nie. Daar moet jy saai as die geskikte dag daar is. Daar moet jy agtermekaar die oes inhaal as dit ryp is, dan het jy nie tyd vir vrye dae nie. Dit kan jou besigheid nie bekostig nie.

Om in so'n situasie tog die werk op die sewende dag neer te le vra geloof, gemeente. Dit vra vertroue dat die Here genoeg sal gee, ook al laat jy soms 'n geskikte dag om te werk verbygaan.

Omdat die vertroue by die volk nie altyd lewend was nie het die oessituasie in die land Israel dan ook dikwels tot massale sabbatsoortreding gelei.

Maar dit was steeds in tye dat die lewe met die Here ook maar swak gegaan het. Dit het altyd gebeur wanneer die volk vergeet het dat hulle 'n deur God bevryde volk was.

Die Sabbatsviering was daarom altyd 'n graadmeter vir hul geloof.

Daarom het ons vanmiddag Jesaja 56 gelees. Daar word die viering van die sabbat en die algemene lewensheiliging nadruklik aan mekaar verbind. Lees b. v. vers twee.

'Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie. '

'n Ernstige sabbatsvierder is ook sorgvuldig in sy verdere lewe. Hy hou sy hand terug om nie kwaad te doen nie.

Daarom is dit ook 'n besondere goeie insig van die Kategismus dat in Sondag 38 in verband met die vierde gebod gese word: Ek moet elke dag van my bose werke rus. Ek moet die Here deur sy Gees in my laat werk. Dan begin ek daarmee die ewige sabbat in hierdie lewe.

'n Ewige sabbat is 'n lewe sonder sonde. 'n Lewe waarin die verhouding met God heeltemal reg is. 'n Lewe waarin jy nie meer 'n spesiale dag nodig het, om jou los te maak van al die sorge van die lewe nie. Want dan is jy vir altyd bevry is van enige las wat druk. Dit is 'n ewige sabbat. Ofwel 'n eindelose genieting. Saam met die God wat jou bevry het.

2. Die sondag

Ons wil nou kom van die sabbat na die sondag.

Nou sou ek vir u 'n lang verhaal kon vertel oor die vervulling van die sabbat deur Jesus Christus. Of oor die skaduwee van die O.T. bedeling. Of oor die morele en seremoniele betekenis van die vierde gebod.

Ek wil u daarmee vanmiddag nie lastig val nie.

Ons trek net 'n paar hooflyne en gee 'n praktiese toepassing.

Ons het gesien die Sabbat is onder die O.T. gegee as 'n weeklikse feesdag ter herinnering aan die bevryding uit Egipte. Daardie bevryding is mos die grootste heilshistoriese gebeurtenis in die geskiedenis van Israel.

Wel, vir ons as N.T. gemeente, ons het ook 'n heilshistoriese gebeurtenis van die allergrootste belang. Dit is die opstanding van die Here Jesus uit die dood.

Hierdie gebeurtenis is grondleggend vir die geloof van die N.T.gemeente. Dit mag ons elke week wel vier met mekaar.

Die sondag is 'n dag van bevryding.

Maar nie sommer bevryding nie. Dit is heel spesiaal 'n bevryding deur die Here. En daarom behoort op die sondag Sy Naam in die middelpunt te staan by alles wat ons doen.

Dus wat moet ons nou in ons tyd met 'n dag soos die sondag?

Laat ons begin hiermee: dit is 'n dag om van te geniet.

As jy nie kans daarvoor sien om die dag te geniet nie, is daar iewers groot fout. Of met jou sondagsopvatting, of met jou sondagsbesteding, of met jouself.

Om die dag werklik te kan geniet sal jy die dag moet reserveer as 'n feesdag. Dit beteken jou daaglikse werk laat jy agterwee. Ook jou tuinwerk los jy. Eweneens jou skoolwerk en studies.

Want jy het op die dag beter dinge om te doen. Dinge wat vir jou ontspanning gee. Jy mag mos nie 'n slaaf van jou werk wees nie. Of 'n slaaf van jou studie. Of 'n slaaf van jou stokperdjie nie.

Die dag mag jy deurbring in vryheid van al die dinge wat anders soveel van jou aandag en sorg vra. En daarmee maak jy dan tyd vir omgang met die Here.

Vir jou persoonlik.

Saam met jou gesin.

En saam met jou broeders en susters in die Here.

En laat dan die wyse waarop jy dit doen vir jou 'n genieting wees. Onder andere in jou kerkgang. Dit is 'n wonderlike geskenk dat ons in ons land vrywel almal die geleentheid het om op sondae ons daaglike werk agterwee te laat en saam 'n erediens te hou.

Laat ons die diens geniet!

Deur bly te wees met die mense wat jy ontmoet.

Deur uit volle bors psalms en gesange te sing.

Deur met blydskap te reageer op die prediking.

En veral, deur daarvan iets aan mekaar te wys.

Ook vir die geestelike opvoeding van jou kinders is dit van die grootste belang. Die kinders moet die dag kan geniet. Want vader en moeder het 'n bietjie meer tyd vir hulle as anders.

Hulle moet kan merk dat vader en moeder die sondag as dag van die Here en dag met die Here regtig geniet.

Die sondag moet 'n feesdag in ons gesinne wees.

By 'n fees behoort ook verversings en 'n gesellige atmosfeer.

Gelukkig die kinders wat later dit van die sondae by die huis onthou.

Want hulle het daar geleer dat die lewe met die Here 'n saak van vreugde is.

Ons kom terug op wat ons in die inleiding gese het oor die verskil tussen sondagsrus en sondagsheiliging.

Om by sondagsrus uit te kom kan allerhande reels en voorskrifte behulpsaam wees. Maar sondagsheiliging is jou verantwoordelikheid.

Want jy alleen kan werklik die dag so maak dat dit 'n feesdag word waarin die Here aan sy eer kom.

En laat daardie dag dan asseblief nie 'n eensame uitsondering bly in 'n week waarin ons verder vir die Here en vir mekaar geen aandag en tyd het nie.

Immers die dag is bedoel as 'n begin van 'n week waarin ons motivering opdoen om van die hele week 'n week te maak waarin ons as christene leef.

Want dit gaan die Here werklik nie daarom dat mense 'n geweldig streng sondagsrus nastrewe en vervolgens in hul persoonlike lewe geen moeite doen om die verlossing wat Christus vir hulle gegee het sigbaar te maak nie.

Onthou dat 'n sondagsheiliging 'n inleiding is tot die veel groter saak van totale lewensheiliging. Daarom gaan dit die Here.

Ek moet elke dag van my bose werke ontslaan raak.

Ek moet elke dag die heilige Gees in my laat werk.

Gemeente, dit is u huiswerk vir hierdie week.

Laat die Gees regtig in jou werk.

Is daar in jou lewe sondes? Breek daarmee!

Word daar van jou nuwe lewe in Christus nog maar min sigbaar?

Doen iets daaraan.

Laat van jou 'n nuwe mens maak.

Sluit die Gees nie langer uit jou lewe nie, maar gee vir Hom die ruimte. Laat Hom in jou werk.

Bid daarvoor!

En u sal sien, dan gaan u werklik u sondae geniet as feesdae voor die aangesig van die Here.

Ja dan word elke dag 'n dag van groot vreugde. Want elke sonde waarmee jy breek is 'n oorwinning van die Heilige Gees.

En 'n stap in die rigting van die ewige sabbat.

Ofwel waar dit gebeur, daar mag jy elke dag al iets ervaar van die begin van die ewige vreugde!

Amen.

17 Mei '92

Liturgie: 

(kyk in preek)