Psalm 11

Psalm 11

1.  Ek skuil by God in al my onweersdae.
Hoe sê jul dan in kleingeloof vir my:
"Vlug soos 'n duif met snelle vleuelslae
na die gebergt' van vrees en vyand vry!"

2.  "Hul span die boog; die pyle-is op die snare,
om die opregte heimlik om te bring.
Wat kan hy doen as die geweldenare
die reg verbreek en uit die land verdring?"

3.  Daar is 'n God, 'n God wat hoog verhewe
uit sy paleis - sy bouwerk is so skoon! -
die oog het op wie laag op aarde lewe;
sy oordeel vel Hy van sy hoë troon.

4.  Die HERE toets hul wat regverdig lewe,
maar haat hom wat vir geen gewelddaad vrees;
hy word aan strikke-en vuurgloed oorgegewe,
'n gloeiwind sal sy straf vir onreg wees.

5.  Die HEER is reg, regverdig is sy handel.
Hy min die reg en bly daaraan getrou.
Opregtes vind die uitkoms van hul wandel:
hul sal die aangesig van God aanskou.