Die krag van Christus breek die toekoms oop

Minister: 
Ds PG Boon
Church: 
Maranata
Date: 
2014-01-26
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 22
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA,
26 Januarie 2014 AD, 17:30

voorsang: Ps 7:1-4

Votum

Seën

Ps 16:1

Skriflesing: Mattheüs 22:23-33

                   Lukas 9:57-62

Ps 16:5

Teks: HK Sondag 22

Preek

Ps 73:10,11

Gebed

Geloofsbelydenis

Sb 24:7

Kollekte

Ps 138:1,4

Seën

Preek:
HC 22

Iemand het ’n keer die vraag gevra:

Waarmee kan jy die ewige lewe die beste
vergelyk?

Kan jy aan iets dink waarvoor jy nooit
moeg sal word nie?

Iets waarvoor jy in ewigheid nooit moeg
sal word nie?

Want ook van die allerlekkerste dinge kry
mens op ’n stadium genoeg.

Wie elke dag sjokolade kan eet, soos veel
hy – of dalk moet ek sê sy – wil,

sal spoedig dit nie meer kan uitstaan
nie.

Wie elke dag soveel geld kan uitgee as hy
maar wil, sal al gou nie meer weet wat om met sy geld aan te vang nie.

Van alles kan mens moeg word, veral as
mens te veel daarvan kry.

En wat dan van die ewige lewe?

Sal mens nooit daarvoor moeg word nie?

Soos sommige mense in hierdie lewe oud en
afgeleef raak?

Die kerkvader Augustinus het die ewige
lewe ’n keer hiermee vergelyk:

Met gesond wees.

Van gesond wees kan niemand ooit genoeg
kry nie.

Dink bietjie daaroor na:

As jy gesond is, dan dink jy nie daaraan
aan, dan vlieg die tyd altyd, dan kom jy tyd te kort om dit te doen wat jy wil.

Maar as jy siek is, duur dae al gou te
lank.

Gesond wees, daarin proe mens iets van
die ewige vreugde.

Die
krag van Christus breek die toekoms oop.

-         
Hy sal die
grafte oopbreek

-         
Hy laat die
ewige lewe aanbreek

1
Hy sal die grafte oopbreek

In Sondag 22 word die mens onderverdeel
in liggaam en siel.

Is dit wel korrek – hierdie mening dat
jou liggaam en siel uitmekaar gaan by sterwe?

Kom ons kyk wat sê die Bybel.

Bv. in Mattheüs 10 sê Jesus:

‘En moenie vrees vir die wat die ligaam
doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel
sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.’ (v28)

Duidelik is dat ons hier lees oor ’n
liggaam EN ’n siel.

Die Bybel gebruik die woord ‘siel’ in
verskillende betekenisse.

Soms om die lewe as sulks aan te dui,
soms om jou persoonlikheid aan te dui, of jou gevoelens.

As ons hier in Mattheus die woord ‘siel’
vind, word daar nie gedink aan iets wat sonder sonde is nie.

Inteendeel, Jesus waarsku dat jou siel
ook in die hel tereg kan kom.

Jesus bedoel hier jou lewe, jou persoon,
daardie deel van jouself wat jou liggaam verlaat by sterwe.

Hieroor praat Jesus ook as Hy in Mattheüs
16 sê:

‘Wat baat dit ’n mens, as hy die hele
wêreld wen, maar skade ly aan sy siel?’

Hy kan liewers beter vir homself sorg, of
anders gesê, ’n skat opbou in die hemel.

Die siel van ’n mens is dus net so sondig
as sy liggaam.

Dit is net soos die liggaam ook deur God
geskape.

Dit kan net so min as die liggaam sonder
die verlossingswerk van Christus.

Sonder die krag van Christus gaan ’n mens
met liggaam en siel vir ewig verlore.

 

Ons kom nou by ’n volgende punt:

Wat gebeur daar met ’n mens – met sy siel
– as hy sterf?

Sondag 22 sê:

My siel word na hierdie lewe dadelik tot
Christus opgeneem.

By sterwe gebeur daar dus iets wesenliks.

Wie aan Christus behoort, word onmiddelik
tuisgehaal.

Wie nie, sy siel gaan verlore.

Dit is dus nie dat as iemand sterf, daar
niks oorbly nie.

Of dat daar ’n soort sieleslaap intree.

Of dat iemand – soos die Roomse kerk leer
– in die vaevuur tereg kom.

Nee, daar gebeur iets wesenliks – die
beslissende oomblik het aangebreek.

In Lukas 23 lees ons dat die Heiland teen
die misdadiger langs Hom aan die kruis sê:

‘Voorwaar, Ek sê vir jou, vandag sal jy
met My in die paradys wees.’

Dus nie na ’n korter of langer
reinigingsperiode, ’n vaevuur nie – daardie woord kom van die ou Hollandse
woord ‘vagen’, wat vee beteken, of reinig)

Nee, Jesus sê: vandag!
In Lukas 16 vertel Jesus ’n gelykenis:

En toe die bedelaar sterf, is hy deur die
engele weggedra na die skoot van Abraham.

Ook die ryk man het gesterf en is
begrawe.

En toe hy in die doderyk sy oë ophef,
terwyl hy in smare was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus – die bedelaar –
aan sy boesem.

’n Beslissende oomblik van of redding of
ondergang.

Elkeen wat by Christus skuil, van hom of
haar mag ons seker wees dat hy op daardie oomblik bevry word van die sonde en
ellende en gebrokenheid in hierdie wêreld.

Dat die persoon daardie selfde dag aankom
by God in die hemelse saligheid.

Daarom dat sommige Christene in die vroeë
kerk die gewoonte gehad het om die sterfdag van hulle mede-gelowiges te onthou
as hulle geboortedag.

 

Daar is nog meer tekste in die Bybel wat
ons van hierdie heilsfeit verseker.

Dink aan Openbaring 14:

‘En ek het ’n stem uit die hemel aan my
hoor sê: Skryf – salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê
die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.’
(v13)

Die woorde ‘van nou af’ – dui ook daarop
dat ons DIREK na ons sterwe by God mag kom.

In 2 Kor 5 lees ons:

‘Want ons weet dat as ons aardse
tentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huis nie met hande
gemaak nie, ewig, in die hemele.’

In hierdie vertroue kan ons Ps 73 sing:

‘U sal my lei deur U raad en my daarna in
heerlikheid opneem.’

Die dooies, wat in Christus geglo het,
gaan deur sy krag, na Hom toe.

Hulle geniet in die periode tussen sterwe
en opstanding uit die graf, reeds van sy hemelse heerlikheid.

Dit is maar een woordjie, maar dit gee
baie troos, as on slees,

Dat my siel na hierdie lewe DADELIK tot
Christus, sy Hoof, opgeneem sal word.

 

Maar nie net dit nie.

Die Kategismus sê ook:

My liggaam sal aan die verheerlikte
liggaam van Christus gelykvormig word.

Weer eens is dit deur die krag van Christus dat daar ’n opstanding
van die liggaam bestaan.

Hy is die Koning van die heelal.

Sonder Christus is dit nie moontlik nie.

Hy het gekom om God se plan van redding,
sy heilsplan, op aarde werklikheid te laat word.

Dit wil nie sê dat dit vir die mense uit
die OT te laat is nie, omdat hulle Jesus nog nie persoonlik geken het nie.

Ook in die OT vind ons die vaste geloof
in die opstanding uit die dood, die wete dat God by magte is om die dooies weer
lewend te maak.

God wat belowe het dat alles weer reg sal
kom, dat die gebrokenheid en verdriet op aarde nie die laaste woord sal hê nie.

Dink maar wat die profeet Jesaja sê:

“U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan.
Waak op en jubel, julle wat in die stof woon!” (26:19)

 

En ook uit die OT weet ons al dat God ’n
skeiding sal aanbring tussen gelowig en ongelowig.

Dink aan wat die Here vir Daniël sê:

‘En baie van die wat in die stof van die
aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot
smaadheid, vir ewig afgryslik.’ (12:2)

En God gee Daniël hierdie troosryke
versekering:

‘En jy, gaan heen na die einde; en jy sal
rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae’ (12:13).

 

By Christus mag ons wees tot die jongste
dag.

Soos Job sê:

Maar ek weet: My Verlosser leef; en Hy
sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal
ek nogtans uit my vlees God aanskou. Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my
oë – en geen vreemde nie – sal sien’ (19:25-27).

So getuig ook Martha oor Lasarus:

‘Ek weet dat hy sal opstaan in die
opstanding in die laaste dag’.

Die spesifieke woorde van hierdie
Kategismusantwoord is gehaal  uit
Filipense 3:

‘Want ons burgerskap is in die hemele,
van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons
vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy
verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan
onderwerp’

So het Christus ook die Sadduseërs
weerspreek wat nie in die opstanding geglo het nie, Mattheüs 22:

‘Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie
ken nie en ook nie die krag van God nie.

Ja die krag van God, die krag van
Christus, breek die toekoms oop.

 

Watter troos gee die opstanding van die vlees aan jou?

Die woordjie troos impliseer dat daar ook
sprake is van verdriet.

Inderdaad.

Die Bybel praat nie mooi woordjies oor
die dood as dit eintlik maar by die lewe hoort nie.

Die dood bly vir elke mens, ook vir ’n
Christen, die laaste vyand.

Soos daar staan in 1 Korinthiërs 15:

Daar word gesaai in oneer.

’n Begrafnis is ’n droewige gebeure.

Maar deur ons trane heen sien ons uit na
die jongste dag.

Dit is ’n realiteit, dat ons as Christene
ook huiwer vir die dood.

Die dood bly ’n vyand.

 

In Korintiërs kan ons
lees dat sommige Christene aan die opstanding van die liggaam begin twyfel het.

In daardie tyd, met die
oorheersende Griekse denke, was dit inderdaad ’n struikelblok.

Die liggaam sou slegs ’n
omhulsel van die siel wees.

Die Griekse filosofie
het die mense aangepraat dat dit eintlik beter is dat die liggaam nooit meer
terugkom nie.

Dink maar wat Paulus
ervaar het in Athene, op die Areopagus.

Toe hy oor ‘n ‘nuwe’ God
begin praat, wou almal luister.

Maar toe hy praat oor
die opstanding van die liggaam, het hulle begin spot (Hand 17).

Want die liggaam sou net
’n kerker wees vir die siel.

As Christene verwerp ons
hierdie idee.

Aan die een kant: die
mens se siel is nie goddelik nie.

Maar aan die ander kant:
die mens se liggaam het ook waarde.

Siel en liggaam hoort by
mekaar.

Tot het van die
gemeentelede in Korinthe baie twyfels gehad.

 

Maar Paulus kon maar net
na Christus verwys:

Het Christus dan nie ook
liggaamlik opgestaan nie?

God IS by magte om ’n
dooie liggaam weer op te wek.

As mense dink ons te gou
te min van God se krag.

Glo in die krag van
Christus.

Maar deur die eeue heen
was en is mense kleingelowig.

Deur die eeue is dit vir
ons moeilik.

Ek dink aan ’n gesprek
van ’n kerkvader uit die vroeë kerk met ’n ongelowige.

Dit het oor die
opstanding gegaan.

Die ongelowige het dit
bietjie belaglik gevind.

Hoe sou ’n matroos, was
bv. in die see verdrink het, en daarna deur visse verslind is,

hoe sou dit in
hemelsnaam moontlik wees om alle stukkies van sy liggaam weer bymekaar te
versamel?

Die visse wat hom
opgevreet het, sterf op den duur en word weer deur ander visse verslind.

Hoe is dit moontlik?

Kom ons dink weer aan
Jesus se vermaan aan die Sadduseërs:

Julle dwaal, julle ken nie die Skrifte
nie en ook nie die krag van God nie.

As jy baie siek is en om
te lewe het swaar geword,

Of as jy oud is en besef
dat jy een of ander tyd sal moet sterf,

Of as jy jonk is besef
dat ook jong mense onverwags uit die lewe weggeruk kan word,

Dink dan aan Psalm 16:

My hart is bly... want
ook my liggaam sal in veiligheid woon. (Ps 16:9)

En ons weet dat ons
direk sal tuiskom by Jesus, by die hemelse Vader.

En moenie bang wees dat
jy nie tuis sal voel daar in die hemel, omdat dit dalk vreemd en ’n onbekende
plek sal ees nie.

Inteendeel, as jy hier
op aarde in God se huis – in sy kerk – tuisgevoel het, dan sal dit in die hemel
ook so wees.

En as God in jou
daaglikse lewe ’n bekende was, in jou gebede, in jou Bybellees, in jou gedagtes
van elke dag,

Dan hoef jy regtig nie
daarteen op te sien om na die Here te gaan nie.

Dit sal inderdaad so
voel, dat jy tuiskom.

Mens laat uiteraard
geliefdes en ’n bekende omgewing agter,

Maar dit wil nie sê mens
gaan na ’n vreemde plek toe nie.

As kleingeloof jou
bekruip, sing Ps 16:

‘Bewaar my o God want by U skuil ek.

U is my Hee, vir my is
daar geen goed bo U nie. (v1-2)

 

Die
krag van Christus breek die toekoms oop.

-         
Hy sal die
grafte oopbreek

-         
Hy laat die
ewige lewe aanbreek

 

 

2
Hy laat die ewige lewe aanbreek

 

Die Bybel het ’n
spesiale bedoeling as die woorde lewe en dood soms vir ons gevoel op ’n
eienaardige manier gebruik word.

Soos Jesus ’n keer gesê
het:

Laat die dooies maar
hulle eie dooies begrawe.

Of dink aan wat Paulus
skryf aan die Efesiërs oor die tyd voordat hulle begin glo het:

Julle was toe dood in julle misdade en sondes, waarin
julle toe gelewe het (Ef 2:12)

Maar God, wat ryk is in
barmhartigheid, het julle lewend gemaak
met Christus (Ef 2:5)

Dink ook aan wat Jesus
sê in Joh 5:25:

Voorwaar voorwaar Ek sê
vir julle, die uur kom en dit is nou, dat die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en die wat dit hoor,
sal lewe.

Dus toe die Here daar
staan het praat, het daar dus dooies gestaan en luister, en sommiges van hulle
het begin lewe.

Sulke dooies was daar
ook in Efese, maar deur die evangeliepredikint het hulle tot lewe gekom.

Die Heilige Gees het in
hulle gekom.

Hulle het met ’n nuwe lewe begin.

Dis hoekom die prediking
van die evangelie in Rom 1 ’n krag van
God tot saligheid
genoem word.

Eenvoudig gestel:
luister na die woorde van Jesus, en jy begin lewe.

Soos Jesus self sê in
Joh 5:24:

Voorwaar, voorwaar Ek sê
vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe
en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die
lewe.  !

 

Die ewige lewe begin dus
werklik te word, in HIERDIE lewe.

Maar wie sonder God
lewe, begin in HIERDIE lewe al met die ewige dood.

Wie nie na God, die bron
van die lewe, wil luister nie, begin nou al met die ewige dood.

Of die tweede dood, soos
die Bybel dit noem.

Die dood is verskriklik
erg,

Dat ’n mens, so mooi
deur God geskape, gereduseer word tot ’n lyk.

Maar die tweede dood is
veel erger.

Van die tweede dood is
daar geen weg terug na die lewe nie.

Dit laat mens duisel.

Maar laat ons die saak
goed bekyk.

Niemand kom per ongeluk
in die tweede dood tereg nie.

Die tweede dood is die
gevolg van ’n jarelange volgehoue beslissing, om teen God te kies, en ’n vyand
van sy goeie wet te wees.

Die beslissing word in
hierdie lewe geneem.

Die skeiding word in
hierdie lewe ook al sigbaar.

As jy die onverganklike
saad van die evangelie aanneem, hoef jy nie meer vir die tweede dood bang te
wees nie.

Want Christus sal ons
vashou.

En die tweede, die nuwe
lewe begin dan al.

’n Begin van die ewige
lewe.

Laat ons nugter wees,
dis maar ’n klein voorproefie.

Vreugde word in hierdie
wêreld altyd gedemp deur sonde, verdriet, gebrokenheid, gemis.

Nooit kan mens werklik
volop van iets geniet nie, altyd is daar êrens wel ’n skaduwee.

Maar op die nuwe aarde
word dit dus anders.

 

Die Kategismus praat oor
volkome saligheid.

Wat sal dit mooi wees op
die dag, as God die aarde kom suiwer.

As nie net die gevolge
van die sonde opgeruim word nie, maar die sonde self ook verdwyn.

Dan breek die ewige
heerlikheid aan.

Sommige mense maak dit
af as dromery, wensdenkery.

Maar ons voel daardie
krag nou al in ons werk.

En wie die evangelie
lees, besef dat niks vir God onmoontlik is nie.

Dit styg wel bo ons
verstand uit.

En daarom voeg die
Kategismus nie om dowe neute by:

Wat geen oog gesien,
geen oor gehoor, en wat in die hart van geen mens opgekom het nie...

Dit is baie bekende
woorde.

Maar gemeente, ek wil
vir u aantoon dat dit letterlik bedoel word.

Hierdie woorde kom nie
uit die mond van dom mense, domgelowige Christene wat nie tred hou met die tyd
en wetenskap nie.

Inteendeel, dit was baie
intelligente mense wat dit gesê het.

Die opstellers van die
Kategismus was professore.

HULLE maak hierdie
stelling.

 

Opvallend is dit – net
tussen hakies – dat juis geleerde mense, en dan praat ek nie van bietjie
geleerde mense nie, maar juis die wat voorop loop in hulle vakgebiede, dat juis
hulle meer as ander dikwels praat oor die geheime in hulle vakgebied.

Dat juis hulle besef dat
hulle nog eintlik niks weet nie.

Dit is altyd so.

Hoe meer iemand weet,
hoe meer besef hy dat hy eintlik nog maar so min weet.

Net so is dit ook nie
maar ‘n groepie agtergeblewe Christene wat oor ’n ewige lewe praat, wat geen
oog gesien, en geen oor gehoor het nie.

Dit was twee geleerde
teoloë wat dit geskryf het, die opstellers van die Kategismus.

Mense wat baie gelees
het, wat kon praat oor die geheime van die lewe.

Mense wat uiteindelik,
na jare se navorsing, tot die konklusie gekom het dat – hoe geleerd jy ook al
is – jy uiteindelik die verste kom met dit wat die BYBEL sê oor lewe en dood.

En so is u vandag ook
nie ’n groepie mense wat vasklou aan opinies wat eintlik al lank al ouderwets
is nie,

Inteendeel, dit is
presies andersom.

Ook ons, wat met beide
bene in die lewe van die 21e eeu staan, kom net soos die opstellers
van die Kategismus, tot die gevolgtrekking dat mens die verste kom as jy
luister na wat die Bybel sê oor lewe en dood.

 

Die Bybel openbaar ons
kennis oor wat sal gebeur na die dood.

Geen mens kan iets
daaroor vertel nie.

God se Woord lei ons
egter op paaie wat onbegaanbaar is vir die menselike verstand.

 

Ons word binnegelei in
’n wêreld wat, soos dit hier letterlik staan:

Geen lewende menseoog
gesien het, geen lewende menseoor gehoor het, en in geen mensehart opgekom het
nie.

 

In geen hart opgekom het
nie...

Hierdie uitdrukking vra
bietjie uitleg.

Die Kategismus het dit
oorgeneem uit 1 Kor 2:9, waar staan:

Wat geen oog gesien het
en geen oor oor gehoor en in geen mensehart opgekom het nie, wat God berei het
vir die wat Hom liefhet.

God het dit aan ons deur
sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek aal dinge, ook die dieptes van God.

In jou hart opkom...

Daarby dink ons in
eerste instansie aan:

Bepaalde gevoelens,
impulse, ’n bepaalde emosie...

Maar in die
midde-oosterse taalgebruik word egter iets anders bedoel.

Die hart is gesien as
die sentrum van jou besluitneming.

Ons sal sê: wie besluite
neem, gebruik sy verstand.

As hier dus staan: in
jou hart opkom, dui dit dus nie in eerste plek op iets emosioneels nie, maar op
iets wat baie goed deurdink is.

Soos filosowe of
geleerders lank kan broei op ’n gedagte, ’n hipotese, ’n stelling.

Maar ook in hulle
verstand, oftewel in hulle hart het hierdie nuwe werklikheid van God nie
opgekom nie.

Die ewige lewe styg uit
bo die begripsvermoë van die mensdom.

Maar wie na God se Woord
luister, kry wel ’n glimps.

’n Blik van die nuwe
hemel en aarde.

Elkeen wat tot bekering
gekom het, in wie se hart God se Gees woon, belewe ’n begin van hierdie ewige
vreugde.

 

En met geloofsoë – ook
dit beteken nie wensdenkery nie, maar geloofsoë beteken dat jou blik nou op
skerp staan deur die lig van die Skrif, met gefokusde oë sien jy nou al ’n
glimps van die nuwe hemel en aarde.

Nuwe – in die Bybelboek
Openbaring word veral gepraat oor: vernuwe.

Iets wat gereinig is.

Alles vuiligheid is
afgewas.

Daar word gepraat oor
die nuwe stad Jerusalem, glinsterend in die son.

’n Stad wat gebeitel is
uit een groot edelsteen!

Dit is beelde wat ons
iets wil laat proe van daardie wonderskone werklikheid.

Die werklikheid wat geen
oog gesien, geen oor gehoor, en in geen mensehart opgekom het nie.

Maar deurdat ons blik op
skerp gestel is deur God se Woord, sien ons ’n glimps.

Ons weet dat dit wat nou
mooi om ons heen is, in die skepping, dat dit nie verlore sal gaan nie, maar
selfs vernuwe sal word, nog skitterender sal word.

Ons het vaste hoop, dat
daarin kontinuiteit is.

Die mooie, die goeie,
die God welgevallige, dit sal behoue bly.

Die sondige, die
opstandige, wat vuil is, dit gaan verlore.

Dink u soms daaraan,
gemeente.

Aan die skitterende
werklikheid van die ewige lewe?

Dink maar daaraan, as jy
weer ’n pragtige sonsondergang sien.

Dink daaraan, as jy die
pragtige herfskleure van die eikebome sien.

As jy met vakansie is,
en dit voel of die berge jou oorweldig.

Dink aan die ewige
heerlikheid.

Dit is die troos,
waaroor die Kategismus praat:

In die mooie, in die
goeie, is die kontinuiteit.

 

Vreugde in hierdie lewe
is altyd gemeng met verdriet.

Vreugde is van korte
duur.

Maar dit sal anders
word.

Soos in Open 21:7 staan:

Wie volhard in die
geloof, sal alles beërwe.

Of soos daar in Romeine
8:18 staan:

‘Want is seker daarvan,
dat die lyde van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid, wat aan
ons geopenaar sal word nie.’

 

En dan, ten slotte, die
laaste sin van hierdie antwoord.

Ook dit klink na ’n uitgeslete
formule:

‘en dit om God ewig
daarin te prys’

Tog is dit nie die geval
nie.

Want hieruit spreek ’n
volledige lewensvisie, kort saamgevat.

Die laaste sinsnede uit
antw. 58 bevat ’n hele lewensbeskouing.

Net soos die Prediker,
het die opstellers van die Kategismus ook lank nagedink oor die doel van die
lewe.

Wat is die rede dat dat
lewe is op die planeet aarde?

Dit is ’n vraag waaroor
geleerdes hulle lewe lank nadink.

En dit geld ook vir die
skrywers van die Kategismus.

En hulle het hulle
uiteindelik laat lei deur die visie wat die Bybel op die lewe gee.

Wat jy kernagtig soos
volg kan saamvat:

Ons lewe om te loof!

Om God ewig te prys.

Dit is die rede hoekom
alle dinge bestaan.

Dit is die rede hoekom
God alles geskape het, en nog steeds skep, ook hier op die planeet aarde.

Dit is die rede hoekom
God besig is om ’n nuwe hemel en aarde te herskep, na alles wat fout geloop
het.

Ons lewe om te loof.

Dit is die Christelike
lewensbeskouing in ’n neutedop.

Alle dinge is deur God
geskape om Hom te loof.

Blomme loof goed met
hulle stille skoonheid.

Berge prys goed met
hulle ewige standvastigheid.

Die hele natuur, ook
storms en orkane, vulkaniese berge, aardbewings, hulle getuig van die almag van
die Skepper.

Diere, plante en mense
is ’n bloudruk van sy grootheid en goedheid.

Hierin vind ons dan ook
ons doel vir die lewe.

Deur te lewe in
ooreenstemming met hoe ons geskape is.

Aan ons doel te voldoen.

Daarin vind ’n skepsel
sy optimale lewenskwaliteit.

In die loof en prys van
sy Skepper.

God het alles in
harmonie geskape.

Die geluk van die
skepsel verhoog die geluk van die Skepper.

’n Model van harmonie,
nie van kompetisie nie.

Dit lê aan die basis van
die hele skepping.

Hierdie harmonie is
geskonde.

Maar God wil dit
herstel, en Hy is daarmee besig.

 

So eindig die Apostoliese
Geloofsbelydenis met ’n heerlike vooruitsit.

Die ewige lewe, die
skepping wat herstel is.

God ewig loof en prys.

Skepsele wat in harmonie
met hulle Skepper leef.

’n Gesonde verhouding,
konstruktief, die een se blydskap verhoog die ander se blydskap.

Kan mens ooit moeg vir
soiets word?

Dis soos die ou
kerkvader Augustinus gesê het:

Vir gesond wees raak
mens nooit moeg nie.

 

Amen.

 

Liturgie: 

(kyk in preek)