Vertrou jou lewensweg aan die HERE toe

Minister: 
Ds PG Boon
Church: 
Maranata
Date: 
2014-09-14
Text: 
Psalms 37 : 5
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 14 September
2014 AD, 17:30

Voorsang: Ps 114:1-4

Votum

Seën

Ps
119:4

Gebed

Skriflesing:
Psalm 119:1-16

Ps
37:1,6,9

Skriflesing:
Psalm 37

Ps
37:12,13,14

Teks:
Psalm 37:5

Preek

Ps
37:15,17,18

Gebed

Geloofsbelydenis:
Nicea

Ps
37:22,23

Kollekte

Ps
119:7

Seën

Preek: Psalm 37:5

Deesdae het
dit baie makliker geword om op onbekende plekke uit te kom,

met die hulp
van ’n GPS, of Tom Tom, of Garmin, of hoe mens dit ook wil noem.

Daar is
egter ook ’n risiko aan hierdie nuttige stukkie tegniek,

naamlik dat
jy self so weinig oplet en logies nadink,

dat die keer
as die ding nie werk nie, jy heeltemal rigtingbefoeterd is.

Dit sal ’n
te simplistiese vergelyking wees om te sê dat die HERE en sy Woord jou GPS is
vir jou lewensweg.

Die HERE se
Woord skakel naamlik nie ons eie verstand af nie.

In die lig
van sy Woord moet ons juis ons eie verstand ook op volle sterkte gebruik.

Tog, en dit
vind ons in vandag se teks, gee die HERE vir ons volle gemoedsrus.

Laat jou weg
aan die HERE oor.

Vertrou Hom.

En Hy sal
dit uitvoer.

Tema: Vertrou jou lewensweg aan die HERE toe

1                  
Maak die
regte keuses

2                  
Vind ware
lewensvervulling deur sy Woord

1      
Maak die
regte keuses

Hierdie
psalm is ’n akrostiese lied.

Hierdie term
beteken: dis ’n lied wat opgestel is aan die hand van die alfabet.

In ons Bybel
staan die letters van die Hebreeuse alfabet kursief afgedruk, van a tot z; of
beter gesê van alef tot tau.

Vroeër is
liedere dikwels op hierdie manier geskryf.

In die
Bybelse tyd, maar ook daarna.

’n Bekende
voorbeeld is die Nederlandse volkslied, die Wilhelmus, waar elke nuwe vers met
’n volgende letter van Willem van Oranje se naam begin.

Psalm 37 se
eerste woord begin met ’n a, oftewel alef.

Vervolgens
begin vers 3 met ’n b, oftewel bet.

Dis nou nie
in Afrikaans nie.

In die
Afrikaanse vertaling begin vers 3 met ’n v – vertrou.

Maar in
Hebreeus begin die eerste woord van vers 3 met ’n b, betach, wat vertrou beteken.

En so gaan
dit aan: vers 5 begin met die letter gimel.

Vers 7 met
die letter dalet, ensovoorts.

’n Rede vir
hierdie tipe digvorm was onder andere om dit makliker te kan memoriseer.

Dis makliker
om ’n nuwe vers, of ’n nuwe paragraaf te onthou, as jy weet met watter letter
dit behoort te begin.

Vroeër, in
die tyd toe Dawid hierdie psalm geskryf het, was die meerderheid mense
ongeletterd.

Hulle kon
nie lees of skryf nie.

Daar word
bv. geskat dat in die tyd van die Here Jesus op aarde ongeveer 10-20% van die
mense geletterd was.

In die tyd
van Dawid, ongeveer 10 eeue vroeër, was dit na alle waarskynlikheid nie meer as
dit nie.

Die meeste
gelowiges kon dus nie self die Bybel lees nie.

Hulle moes
luister as ander voorgelees het.

En,
gevolglik het die mense ook baie meer Bybelgedeeltes gememoriseer as wat ons
deesdae gewoond is.

As ons
deesdae iets soek wat in die Bybel staan, kan ons net ons Bybel vat en begin
blaai, of nog makliker, ons rekenaar, selfoon of tablet vat en ’n soekfunksie
doen.

Vroeër was
mense baie meer op hulle eie geheue aangewese.

Dat ’n lied
’n struktuur gehad het, wat dit makliker kon maak om te memoriseer, was dus ’n
belangrike vereiste vir ’n gedig toe.

Dieselfde
geld vir Psalm 119, waaruit ons ook gelees het – ook ’n akrostiese lied.

 

As ons na
die struktuur kryk, sien mens dat dit ook ’n invloed gehad het op die inhoud
van die lied.

Daar is naamlik
’n tema wat elke keer terugkeer.

Die tema
word vanuit verskillende oogpunte belig.

Die tema van
Psalm 37 kan mens kortliks soos volg verwoord:

’n
vergelyking tussen die weg van die gelowiges en die weg van die goddeloses.

Dalk kan u
onthou, dit is ook die tema van Psalm 1, waarna ons ’n aantal weke gelede gekyk
het.

Psalm 1
handel oor die twee paaie, die twee weë wat nie gekombineer kan word nie.

Psalm 1 vorm
’n inleiding om die hele Psalmboek.

Die basiese
tema van Psalm 1 kom telkens weer terug in die Psalmboek.

Ook hier dus
in Psalm 37.

Dit is ook
waaroor vers 5 gaan, ons teks.

Laat jou weg
aan die HERE oor.

Vertrou jou
lewensweg aan Hom toe.

 

Ons as mense
het ’n soort outomatiese meganisme in onsself dat ons gou verontreg voel.

Mens sien
dit al by kinders.

As die een
kind ’n groter stuk koek kry as sy boetie of sussie, dan hoor jy tien teen een
’n gekla.

So is ons
grootmense ook.

Selfs ons as
gelowiges.

Jy voel
jouself verontreg as jy sien dat sondige mense wat hulle nie aan die wet hou
nie, tog voorspoed geniet.

Veral as dit
gebeur op ’n stadium dat jy, wat jou wel aan die wet probeer hou, juis nie
voorspoed ervaar nie.

Nou wil
hierdie lied, Psalm 37, jou weerbaar maak.

Jy daarvoor
beskerm dat jy nie as gevolg hiervan ondeurdagte dinge begin doen nie.

Want, en dit
is die steeds terugkerende tema van die psalm:

Die sukses
van die wettelose is oppervlakkig.

Jy moet maar
liewerste hulle sukses nie beny nie.

Want dit het
nie diep wortels nie.

Die psalm
laat jou die positiewe kant sien:

Vertrou op
die HERE!

Doen die
goeie.

Streef na ’n
houding van konstante trou.

Trou teenoor
God, teenoor jou naaste, en teenoor jouself.

Die
goddelose, die ongelowige, kies sy eie weg, via ’n kortstondige voorspoed na sy
ondergang toe.

Maar die
gelowige laat sy weg aan die HERE oor, en dus wankel hy nie.

 

Laat jou weg
aan die HERE oor.

Daar is tye
wat jou lewensweg, alles wat jy aan sorge, vrae, moeites en uitdagings meemaak,
soos ’n swaar las kan druk.

Die digter
Dawid, wek jou dan op:

Moenie
hierdie las self bly dra nie, sit dit op die HERE se skouers.

Laat Hy jou
lewensroete bepaal.

Hy sal
voorkom dat die regverdige wankel.

Hoe is dit
moontlik?

Is dit omdat
die regverdige sondeloos is?

Ons weet
beter.

Die rede is:
’n regverdige is iemand wat al sy sorge op die HERE se skouers laai.

En dus kan
’n regverdige sy pad deur die lewe voortsit sonder ’n swaar las op sy skouers.

Wie ’n swaar
las, ’n swaar rugsak dra, struikel maklik.

Wie niks
hoef te dra nie, struikel nie so gou nie.

Dus, so
eenvoudig is dit, moenie jou eie laste dra nie.

 

Om ’n
voorbeeld te noem:

As jy jonk
is, moet jy soms baie moeilike keuses in jou lewe maak.

Wat moet ek
gaan studeer?

Watter werk
moet ek kies?

Waarheen
moet ek verhuis?

Met wie moet
ek trou?

Gaan ek wel
trou?

Dit is almal
keuses wat die res van jou lewe sal beïnvloed.

Dit kan so
swaar druk.

Maar juis
dan, watter beslissing jy ook moet maak, vertrou dit aan die HERE toe.

As jy jou
net deur jou eie hart laat lei, kan jy maklik vasloop.

En as dan
later blyk dat jy ’n verkeerde keuse gemaak het, kan dit lei tot ondraaglike
selfverwyt.

Dit kan ook
gebeur dat jy glad nie ’n keuse kan maak
nie.

Dat jy op
die T-splitsing vashaak.

Dat jy net
nie die moed het om links of regs te draai nie.

Juis dan is
dit ook ’n verademing as jy jou lewensweg aan God toevertrou.

Dan is ons
teks ’n verademing: laat jou weg aan die HERE oor, vertrou op Hom, en HY sal
dit uitvoer.

 

Miskien vra
jy jouself nou af.

Hoe werk dit
konkreet?

Hoe kan ek
heel prakties die HERE se hulp inroep as ek ’n moeilike keuse moet maak?

’n Keuse wat
my lewensweg ingrypend kan beïnvloed?

Ek het ’n
keer die volgende raad gelees.

Stap 1:
oorweeg in die eerste plek die moontlikhede wat jy het rustig.

Deesdae het
ons dikwels so baie keusemoontlikhede, dit maak die lewe nie altyd makliker
nie.

Vroeër het
iemand byvoorbeeld outomaties voortgegaan met die beroep wat sy pa ook beoefen
het.

En vroeër,
byvoorbeeld in die Bybelse tyd, het iemand se ouers ’n groot invloed gehad op
die keuse van jou huweliksmaat.

Die
hedendaagse lewe met al sy keusemoontlikhede is baie aantreklik, maar dit kan
tegelykertyd die lewe ook baie moeiliker en ingewikkelder maak.

Maar goed,
stap 1 is om die moontlikhede wat daar is, nugter en rustig op ’n rytjie te
sit.

Stap 2 is
dan: ondersoek of elke moontlike keuse nie in stryd is met die geopenbaarde wil
van God in die Bybel nie.

Want as dit
die geval is, dan is dit nie meer vir jou as gelowige ’n opsie nie.

Moenie jou
lewe as gelowige moeiliker maak deur dinge te oorweeg wat in elk geval nie in
lyn met die HERE se wil is nie, of wat jou lewe in diens van die HERE baie gaan
komplisser.

Stap 3 is
vervolgens: praat met jou familie, ouers, vriende, mede-Christene, ouderling of
predikant.

Kry almal se
advies.

Mense wat
vir jou omgee is ’n groot geskenk van die HERE.

En dan, stap
4: lê alles in gebed aan die HERE voor.

Vra of Hy
vir jou helderheid wil gee, of Hy jou en jou keuse wil lei in die regte
rigting.

En dan, ten
slotte, stap 5:

Hak die
knoop deur.

Maak ’n
keuse.

Moenie ewig
op die T-splitsing bly staan nie.

Teen hierdie
tyd het sommige alternatiewe waarskynlik al afgeval, deur die gesprekke met
ander, of omdat dit dalk op gespanne voet staan met die wil van die HERE.

Waardeur die
keuse makliker geword het.

Maar nog
steeds, op die ou einde kan dit nog steeds baie moeilik wees.

Maar dit
help nie om besluiteloos te bly nie.

En soos
gesê, die HERE gaan nie vir jou met ’n stem soos ’n GPS sê: draai links, of
draai regs nie.

Jou verstand
word nie afgeskakel nie.

 

As jy die
knoop dan deurgehak het, nadat jy al 5 hierdie stappe sorgvuldig afgehandel
het,

Dan kan jy
daarvoor gaan.

Dan mag jy
ook die HERE se seën op jou keuse verwag.

Dan is die
saak afgerond.

Want dan het
jy God gevra om jou toekoms te seën.

En as jy na
hierdie 5 stappe God se seën gevra het, kan jy met ’n rustige hart hierdie
rigting inslaan.

 

(Tema:
Vertrou jou lewensweg aan die HERE toe

1       
Maak die regte keuses)

 

 

2      
Vind ware
lewensvervulling deur sy Woord

Wie sy weg
aan die HERE oorlaat, hoef nie eindeloos besluiteloos te bly nie.

Hoef ook nie
die gevoel te hê dat hy gejaagd moet lewe, om alles gedoen te kry wat hy nog
wil doen nie, omdat die lewe so kort is.

Want ons
weet dat God sin aan ons lewe verleen, ook al kan ons lank nie alles gedoen kry
of beleef wat ons graag sou wou nie.

Jou lewe is
kosbaar in God se oë, ook al is dit wat jy doen en bereik, dalk maar skraal in
die oë van die wêreld.

God kyk
anders na jou lewe.

 

Afgelope
week het my vrou en ek toevallig ’n stukkie gelees uit ’n boekie oor ’n
Amerikaanse sendeling wat teruggekeer het na sy vaderland.

Op die boot
waarmee hy teruggekeer het, het toevallig ook die president van Amerika gevaar.

Toe hulle in
die tuishawe aankom, word die president met groot gejuig, met vlae en ’n rooi
tapyt verwelkom.

Die
sendeling het egter ongemerk van die boot aan land gegaan.

Hy was
eintlik bietjie kwaad vir God.

Het ek nie
veel meer vir u koninkryk gedoen as hierdie president nie?

God het hom
toe geantwoord: ja my kind, maar jy het nog nie jou tuishawe bereik nie.

Dit laat my
dink aan vers 9:

Die wat die
HERE verwag, hulle sal die aarde besit.

Ons moet
egter nie in hierdie lewe al ons beloning verwag nie.

 

Gemeente, ek
wil nog vir ‘n oomblik apart fokus op een aspek, wat ek hierbo genoem het.

Die tweede
stap, dat jy by elke keuse, die moontlikhede toets aan die geopenbaarde wil van
die HERE.

Ons het
hieroor gelees in Psalm 119.

Welgeluksalig
is daardie mens, wat wandel in die wet van die HERE.

Hierdie
uitdrukking bedoel:

Mense wat ’n
lewenswyse daarvan maak, om die wil van die HERE te gehoorsaam.

Dit is nie
iets wat vryblywend is nie.

God, die
Skepper van elke mens, lê dit op aan elke mens.

Jy woon op
God se aarde, jy het niks om te kies nie.

In vers 4
staan: U het u bevele gegee om dit trou te onderhou.

Dit is ’n
opdrag.

Leef so!

Broer,
suster, leef jy met die besef dat God bestaan?

Of raak
daardie besef soms op die agtergrond?

Die lê nie
aan God nie.

Die werke
van sy hande is orals te sien.

Om ’n
lewendige besef te hê dat God bestaan, daardie besef kry jy deur gehoorsaam sy
wil te begin doen.

Sy wil, wat
ons in verstaanbare woorde in ons eie taal in die Bybel vind.

Wie God se
wil ernstig neem, kry nie ’n gevoel van Godsverduistering nie.

Godsverduistering
is in feite verduistering van ’n mens se verstand, ’n mens wat die verkeerde
keuses in sy lewe gemaak het.

 

Maar dit kan
ook andersteom gebeur.

Dat iemand
byvoorbeeld sê: ek het ’n baie persoonlike band met God, God begryp wel wat ek
doen, al staan dit wat daardie persoon dan doen juis op gespanne voet met die
Bybel, met God se geopenbaarde wil.

Dit is
miskien nog gevaarliker.

So was daar
baie mense in die verlede, wat met ’n beroep op God die ergste dinge gedoen
het.

 

Wat is die
geopenbaarde wil van God eintlik?

Dit is nie
’n rytjie harde reëls en voorskrifte nie.

As jy die
Bybel lees, leer jy God in die eerste plek ken as ’n liefhebbende en sorgsame
Vader.

In Psalm 37
praat Dawid nie met ’n ongenaakbare en onbekende God nie.

Maar met die
HERE, Jahwe, dit is sy verbondsnaam.

Hy wat trou
is.

’n Vader wat
duidelike reëls vasstel, maar wat ook geduldig is.

Sy reëls is
nie om die lewe bitter te maak nie, maar om die lewe gelukkig te maak.

Laat jou
lewensweg aan die HERE oor.

 

Toets alles
wat jou lewenspad kruis aan die Woord van jou goeie Vader in die hemel.

As jy dit
doen, kan jy met vertroue die toekoms inbeweeg.

Want Hy sal
dit uitvoer.

God se Woord
– die Nuwe Testament leer ons dat ons Heiland, Jesus Christus, die Woord is wat
vlees geword het.

Fokus op
Christus in jou lewe, volg Hom, dan hou jy die regte koers.

Hy sal vir
‘n goeie lewe sorg.

Wie die HERE
vrees en met Hom deur die lewe gaan, word ’n tevrede en gelukkige mens.

Beteken dit
dan dat mense wat God nie vrees nie, dus ook nie voorspoedig kan wees nie?

Psalm 37
laat duidelik sien dat dit nie die geval is nie.

Die digter
waarsku ons naamlik:

Wees nie vol
afguns op hulle wat voorspoedig is, op die man wat listige planne uitvoer nie.

Moenie
jaloers wees op hulle wat God se wette oortree nie.

Maar wees stil.

Wees tevrede
in die HERE.

Soms kan
kerklede kla:

Ek kan nie
so vinnig ryk word as ander mense nie.

Want ek moet
eerlik wees.

Ek kan nie
op Sondag werk nie.

Ek kan nie
deelneem aan die lotery nie.

Ek en my
vrou kan nie albei voltyds werk nie.

 

Hierdie
psalm roep jou op:

Wees stil
voor God!

God se wil
is vir jou eie beswil.

God se wil
is dalk nie altyd in ooreenstemming met die wense van mense nie.

As die hele
wêreld om geld draai, as mens dit aan alles agterkom, aan die lewenswyse van
jou bure, jou vriende, jou familie, dan is dit ’n welkome verademing dat in die
kerk nie alles om geld draai nie.

In die kerk
word u opgeroep om nie in die eerste plek vir geld en goed te lewe nie.

Laat jou weg
aan die HERE oor.

Hy sal vir jou sorg.

Hy leer jou
dat sukses in die lewe iets anders is as geld en goed.

Hy leer jou
dat die mooiste dinge in die lewe gratis is.

Vertrou op
Hom, en Hy sal dit uitvoer.

 

Om hierdie
rede het ’n gelowige ’n ander visie op arbeid.

Ek bedoel
nie dat ’n gelowige lui is nie, inteeneel.

Maar vir ons
geld nie dat werk sinoniem is met geld verdien nie.

Daar is mense
wat glad nie hulle werk geniet nie, maar hulle gee nie om nie, want hulle
verdien geld.

Hulle leef
vir die naweek en vakansies.

So ’n visie
op arbeid is die teenoorgestelde van wat die Bybel ons leer.

Werk is om
in die eerste plek diensbaar te wees aan God se koninkryk.

Jy werk nie
om geld te verdien nie.

Jy kry geld
om jou werk goed te kan doen.

En dan nie
net jou beroepswerk nie, maar ook jou werk in die gesin, in die kerk, in die
samelewing.

 

Om jou
lewenstaak goed te kan doen het jy uiteraard genoeg geld nodig.

Te min is
nie goed nie.

Maar te veel
is dikwels ook nie goed nie.

Daar is baie
mense wat daaronder ly omdat hulle te veel verdien.

Wie te veel
verdien, swig gou vir al die versoekings in die wêreld.

Hierdie
psalm sê: moenie afgunstig wees op die mense wat meer as jy het nie.

Moenie
jaloers wees op die mense wat vir hulleself lewe nie.

Wat nie met
God se wil rekening hou nie.

Liewerste ’n
regverdige met ’n bietjie, as al die rykdom van die goddeloses.

Een rand
goed bestee is beter as duisende rande wat geblaas word.

 

Wat ons ook
doen, doen ons goed, om die HERE daarmee te dien.

In alles
laat ons ons deur Hom lei.

Op kort
termyn mag dit lyk of wettelose mense baie voorspoedig kan wees.

Maar op lang
termyn bring gehoorsaamheid aan die HERE se wil jou die verste.

Langs
hierdie weg sal jy ook nie jou lewensdoel mis nie.

’n Optimale
lewe.

Soos ’n ou
spreekwoor ddit verwoord: ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak
(Spreuke 3:6).

En ons teks
vir vandag:

“Laat jou
weg aan die HERE oor, vertrou op Hom, en HY sal dit uitvoer.”

 

Amen.

 

Liturgie: 

(kyk in preek)