Sondag 14 : Die unieke begin van Jesus Christus se lewe op aarde

Minister: 
Ander
Church: 
(onbekend)
Date: 
2013-11-10
Text: 
Matthéüs 1 : 18-25 en Lukas 1 ; 26-38
Preek Inhoud: 

Indien u hierdie preek
wil gebruik kontak asseblief ds PG Boon

Kopiereg voorbehou

PRETORIA-MARANTA, 10
November 2013.

 

Liturgie:

Votum

Seën

S:
Ps 36:2

Gebed

Skriflesing:
Mattheüs 1:18-25

S:
Sb 1:2

Skriflesing:
Lukas 1:26-38

S:
Ps 105:1,3

Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 14

Preek

S:
Ps 111:3,4

Gebed

Geloofsbelydenis
(Nicea)

S:
Sb 27:2

Kollekte

S:
Ps 111:2,5

Seën

 

 

 


Preek:

 

Ons
staan vanmiddag stil by die begin van die lewe van Jesus.

Dat
Hy ontvang is van die Heilige Gees, oftewel, dat Josef nie sy biologiese vader
was nie.

Dat
Hy gebore is uit die maagd Maria, ‘n vrou wat nog nie omgang met ‘n man gehad
het nie.

Dit
is inderdaad ‘n ongewone begin van lewe.

Ons
gaan vanaand kyk hoekom dit gebeur het soos die Bybel dit openbaar.

Ons
gaan ook sien hoekom dit nie ‘n sprokie is nie.

Mense
noem dinge al gou ‘n sprokie as hulle geen verklaring daarvoor het nie.

Ons
gaan ook kyk wat dit eintlik vir ons beteken,

die
feit dat die begin van Christus se lewe so uniek was.

 

Ek
verkondig u God se Woord soos volg:

 

Tema: Die unieke begin
van Jesus Christus se lewe op aarde

1 Die historiese
betroubaarheid daarvan

2 Die waarde daarvan vir
ons

 

1 Die historiese
betroubaarheid daarvan

Geliefde
gemeente, ons het hier nie te make met ‘n teologiese sisteem, wat deur mense
uitgedink is nie.

Die
Bybel is God se Woord.

Dit
is soms baie moeilik vir ons as mense, veral vir teoloë, om te aanvaar.

Veral
as dit nie met ons verwagtinge strook nie.

Maar
dit beteken nie dat wat God ons vertel in die Bybel daarom minder betroubaar is
nie.

 

Verder
is dit ook nie ‘n onderwerp ver van ons af,

iets
uit die verre verlede, wat vir ons nie van belang sou wees nie.

Dit
is ook vir ons van waarde, hierdie unieke geboorte van Christus.

Maar
voordat ons daarby uitkom, moet ons eers kyk na die betroubaarheid daarvan.

Is
dit nou waar, of is dit ‘n sprokie?

 

As
mens met hierdie vraag besig, is dit goed om jouself af te vra:

Deur
wie laat jy jou denke lei?

Deur
wat in die Bybel staan?

Of
deur die media, wat die radio, televisie, internet, sê oor hoe jy moet dink?

Of
laat jy jou lei deur die wetenskap?

Wat
volgens die wetenskap waar en vals is, wat volgens die wetenskap moontlik en
onmoontlik is?

 

Om
hierdie vraag toe te spits op ons onderwerp:

Wat
dink jý oor die maagdelike geboorte van Jesus Christus?

Glo
jy daarin of nie?

Ons
kan die vraag ook anders stel:

Is
daar iets of iemand wat jou verhinder om daarin te glo?

Wie
of wat verhinder jou om daarin te glo?

Die
wetenskap miskien, omdat soiets nie moontlik sou wees volgens die kennis van
die wetenskap nie?

 

Laat
ons eers kyk wat daar presies in die Bybel staan.

Die
geskiedskrywers Mattheüs en Lukas vertel dat Maria ‘n maagd was toe sy die Here
Jesus verwag het.

Dit
is vanselfsprekend dat sy na Jesus se geboorte nie meer ‘n maagd was nie.

Hoekom
noem ek dit?

Omdat
byvoorbeeld die Rooms Katolieke Kerk anders daaroor dink.

Volgens
hulle sou Maria ná die geboorte van Christus nog steeds maagd gebly het.

Hierdie
mening kan ons nêrens in die Bybel terugvind nie.

Hoekom
het die Rooms Katolieke Kerk hierdie mening?

Hulle
het hierdie standpunt ingeneem vanuit die gedagte dat seksualiteit as sulks
sondig is.

En
dus dat iemand wat ‘n heilige is, soos Maria, volgens die Roomse Kerk dan ook
lewenslang maagd sou moes gebly het.

Daarom
het hulle hierdie mening.

Heilige
mense moet maagd bly, daarom dat priesters en pastore, monnike en nonne nie mag
trou nie.

Hierdie
mening is egter nie histories verdedigbaar nie.

En
ons sê dan ook, in lyn met die Bybel, dat seksualiteit op sig nie sondig is
nie.

Of
die mens hierdie gawe gebruik volgens die riglyne van die Skepper, soos ons dit
in sy Woord vind, dit is belangrik.

Maar
Maria het nie lewenslank maagd gebly nie.

Sy
het na die Here Jesus in elk geval nog ten minste ses kinders gehad.

 

Kom
ons kyk nou na die ontvangenis van die Here Jesus.

Ons
het uit Mattheüs en Lukas gelees dat ‘n man nie verantwoordelik was vir die
bevrugting van Maria nie.

Wat
hierdie twee evangeliste skryf oor Maria, stem ooreen.

Hulle
getuienis versterk mekaar.

Sowel
die Joodse geskiedskrywer Mattheüs as die Griekse Lukas, wat van beroep ‘n
dokter was, vermeld dieselfde.

Geen
man het daaraan te pas gekom nie.

Lukas
beskryf dit soos volg:

Aan
Maria is meegedeel: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die
Allerhoogste sal jou oorskadu.

En
Hy wat gebore gaan word, sal Seun van God genoem word.

Dieselfde
is ook aan Josef meegedeel, wat op daardie oomblik aan Maria verloof was:

“wat
in haar verwek is, is uit die Heilige Gees”.

Of
anders gesê:

God
skep nuwe lewe, hierdie keer anders as die gebruiklike wonder.

 

Wat
kan die wetenskap hierop sê?

Laat
ons eerlik wees, eintlik niks.

Die
wetenskap kan slegs iets sê, iets beweer, as die gesien kan word, waargeneem,
gemeet,  as dit herhaal kan word.

Maar
wat hier opgeskryf is, onttrek hom aan ons waarneming.

Die
vermoë van die wetenskap om dinge te bewys, is maar beperk.

Die
wetenskap kan nie bewys dat God nie bestan nie.

Die
wetenskap moet daarom ook nie uitsprake hieroor maak nie.

 

In
elk geval, die feit dat Maria swanger geraak het sonder toedoen van ‘n man, dit
sal ‘n gemiddelde massamens maklik as ‘n sprokie afmaak.

Dis
apart, dit kan nie waar wees nie.

En
so gebeur dit in die wêreld om ons heen.

Baie
mense noem hierdie gebeurtenis ‘n sprokie.

Maar
elkeen wat die Bybel aandagtig lees, sien dat hier meer aan die hand is.

Twee
evangeliste, twee geskiedskrywers, beskryf hierdie gebeurtenis nie as ‘n
sprokie nie.

Hulle
maak seker dat daar geen misverstand oor hulle bedoeling bestaan nie, naamlik
dat hulle besig is om egte geskiedenis te beskryf.

 

Nou
vra u miskien: hoekom vertel ek dit?

Om
die volgende rede:

Is
ek as mens, wat in die 21e eeu lewe, in staat om te kontroleer of die
maagdelike ontvangenis die waarheid is of nie?

Nee,
natuurlik kan ek nie.

Die
enigste wat ek kan doen, is om die historiese bronne wat daar is, en wat dit
beskryf, te lees, om hierdie bronne nougeset te ondersoek,

of
hulle wel betroubaar is,

of
die geskiedskrywers nie lieg nie,

met
watter doel hulle dit alles opgeskryf het.

Jy
is dus afhanklik van die geskiedskrywers, wat vertel wat daar in die verlede
gebeur het.

Dit
is trouens altyd so.

Jy
kan as mens vandag nooit kontroleer of iets in die verlede werklik gebeur het
nie.

Want
as mens kan jy nie teruggaan in die tyd nie.

Uiteindelik
staan of val dit dus by wat jy van die bronne dink.

Is
hulle betroubaar, of nie?

So
werk dit altyd, as mens dit oor die geskiedenis het.

Laat
ek ‘n voorbeeld noem.

Hoe
weet u dat daar ‘n persoon soos keiser Augustus werklik bestaan het?

Hoe
weet u of keiser Caeser regtig ‘n keer die Rubicon rivier oorgesteek het?

Of
iets nader aan huis:

Hoe
weet u of Jan van Riebeeck regtig bestaan het?

Is
u wel seker?

Kan
jy die geskiedenisboeke wel vertrou?

Inderdaad,
al hierdie dinge weet ons vandag nie seker nie, tensy ons bereid is om die
bronne te glo.

En
gelukkig kan ons die bronne meestal glo.

Lieg
historiese bronne, geskiedenisboeke dan nooit nie?

Inderdaad,
soms lieg hulle, of soms is hulle baie eensydig.

En
dan sal mens goed moet ondersoek, wie ‘n geskiedenisboek geskryf het, en wat sy
agtergrond, en sy motiewe was.

 

Om
nou weer op ons onderwerp terug te kom..

Die
Bybelboeke Mattheüs en Lukas gee nie aanleiding om te dink dat hulle bewus
dinge versin het wat nie waar sou gewees het nie.

Hulle
vertel eerlik hoe die lewe van Christus op aarde was.

En
of hulle nou skryf oor hoe Jesus begin het om te lewe in sy ma Maria, of hoe
Jesus later as kind ‘n keer by die tempel weggeraak het, of hoe Jesus later
dwarsdeur Palestina getrek en gepreek het, of hoe Jesus moes huil toe sy vriend
Lasarus gesterf het, en hoe Jesus hom uit die dood opgewek het, of hoe Jesus
self uit die dood opgestaan het, wat die evangeliste ook al skryf oor Jesus,
alles skryf hulle neer op dieselfde manier en met dieselfde bedoeling.

Naamlik
om dit wat eg gebeur het, vir die nageslag te bewaar.

As
iemand dus nie wil glo in die goddelike ontvangenis van Jesus in die maagd
Maria nie, het dus eintlik ‘n probleem.

Hy
moet bewyse soek waarom dit nie waar sou gewees het nie.

En
daardie bewyse is nog nooit gevind nie.

Al
wat so iemand kan sê is: ek vermoed dat die evangelise Mattheüs en Lukas hier
iets uit hulle duim suig.

Dalk
met baie goeie bedoelings, maar hulle het self geweet dat dit eintlik nie waar
was nie.

Maar
nogmaals, daar is geen enkele bewys om so iets aanmatigends te sê, naamlik dat
Mattheüs en Lukas bewus besig was om iets wat nie waar was nie op te skryf asof
dit waar was,

‘n
soort sprokie met ‘n dieper betekenis.

Daarom,
geliefdes, staan u voor die keuse:

U
laat hierdie geskiedskrywers, Mattheüs en Lukas in hulle waarde,

as
betroubare mense, wat in opdrag van die Heilige Gees geskryf het wat hulle

geskryf het,

òf
u sê dat Mattheüs en Lukas, en alle ander skrywers van die boeke in die Nuwe
Testament, wat uitgaan van die feit van die maagdelike geboorte, dat hulle
leuenaars is.

 

Miskien
wonder u nou.

Hoekom
moet mens eintlik so moeilik doen oor iets wat so lank gelede gebeur het?

Hoekom
moet mens so iets op die spits dryf, of dit nou eg gebeur het of nie?

Wat
maak dit eintlik vir my lewe uit?

Wat
het dit eintlik met my lewe te make?

Met
hierdie vrae het ons uitgekom by die tweede punt van die preek.

 

(Tema:
Die unieke begin van Jesus Christus se lewe op aarde

1
Die historiese betroubaarheid daarvan)

 

2 Die waarde daarvan vir
ons

Al
hierdie vrae is nie verkeerd nie.

Dit
is belangrik om vrae te vra.

Want
hierdie vrae is naamlik die rede hoekom die evangeliste Mattheüs en Lukas daartoe
gekom het om hierdie dinge op te skryf.

Hulle
het besef – aangevuur deur die Gees – dat elke mens daarby baat om hiervan
kennis te neem.

Meer
nog, deur hierdie feite onder oë te sien,

tot
die besef te kom dat dit vir jou lewe, persoonlik, maar ook vir die hele
Suid-Afrika, ja vir die hele wêreld, van groot betekenis is.

 

Is
dit dan moontlik dat iets, wat so lang gelede gebeur het, nog steeds invloed het
op my lewe vandag?

Sonder
twyfel, en ons staan soms veel te min daarby stil.

Dinge
uit die verlede is baie keer bepalend vir ons lewe vandag.

Om
‘n baie eenvoudige voorbeeld te noem:

As
jou oupagrootjie nooit vir jou oumagrootjie ontmoet het nie, sou jy nie nou
vandag hier gesit het nie.

En
as jou voorouers, of dit nou in die 17de, 18de, 19de of 20e eeu was, as hulle
nie besluit het om na Suid-Afrika te immigreer nie,

dan
sou jy nou êrens in Holland, Duitsland, Frankryk, Engeland, of waar ook al
gewoon het.

Die
verlede bepaal die hede, dit is nou wel duidelik dink ek.

En
so, sê die evangeliste Mattheüs en Lukas, so sê die Bybel, is die maagdelike
ontvangenis van Christus ook bepalend vir die hele wêreldgeskiedenis.

Ook
vir elkeen persoonlik.

So
‘n stelling mag vergesog klink.

Maar
die oomblik dat jy die waarom van die maagdelike ontvangenis verstaan, dan word
dit eintlik baie logies, baie vanselfsprekend, dat dit gegaan het, soos dit
gegaan het.

En
dit is waarby die Heidelbergse Kategismus stilstaan, wat nou eintlik die
bedoeling hiervan is.

Wat
die Kategismus hieroor vertel, het die skrywers uiteraard nie self bedink nie,
hulle vat bloot saam wat daar in die Bybel staan,

in
Mattheüs en Lukas, en alle verdere boeke van die Bybel, waarin daar na die
geboorte van Christus verwys word.

En
as mens stilstaan by wat eintlik die betekenis van die geboorte van Christus
is, dan blyk dat hierdie gebeurtenis maar een skakel is in die geheel van die
Bybelse boodskap.

Wie
wil weet wat die betekenis is, moet daarom ook weet wat God se Woord
byvoorbeeld oor die sonde sê.

En
dat alle mense sondig is, alle mense, as hulle gebore word, in ‘n staat van
vyandskap met God verkeer.

Omdat
ons en ons voorvaders van nature rebelleer teen ons Skepper.

Ons
het die aangebore aanleg, geneigdheid om God se gebooie te oortree.

Ons
as mense is geneig om van die wêreld ‘n hel te maak, omdat ons mekaar haat,
mekaar die lig nie gun nie, God se skepping verniel.

Van
nature is ons dus vyande van God.

Van
nature sit ons vas aan die sonde.

Ons
sit vas aan die verganklikheid van die lewe.

Ons
sit vas aan die duiwel, aan die dood.

Van
nature is daar nie iets goeds in die mens nie.

Dit
is ‘n konfronterende boodskap.

Die
Bybel is heel realisties oor die mens.

Die
Bybel draai nie om die waarheid heen nie.

Die
mens is sondig.

Hy
word selfs gebore met die aanleg om te sondig.

Mens
sou kon sê: die genetiese defek om te sondig.

Maar
so was die mens nie van oorsprong nie.

Dit
sê die Bybel ook.

Oorspronklik
het God die mens goed geskape.

 

En
wat het dit alles te make met die geboorte van Jesus?

Alles.

Want
juis deur sy geboorte word die ketting van die sonde deurbreek.

Alle
mense is erflik belas, hulle kry die defek van hulle ouers.

Dit
is ‘n ketting wat ononderbroke deurgaan in die geslagte.

En
volgens die Bybel, en in lyn daarmee die Kategismus, is dit nou juis die rede
hoekom die lewe van Christus ‘n direk goddelike oorsprong het.

So
word naamlik die ketting van die sonde deurbreek.

 

Laat
daar geen misverstand bestaan – die feit dat Maria deur die Heilige Gees
swanger geword het,

sonder
dat sy iets daarvan agtergekom het, sonder seksuele omgang, dit is nie omdat
God die seksualiteit tussen ‘n man en vrou verkeerd sou vind.

Inteendeel.

Dit
het niks daarmee te make nie.

Waar
dit mee te make het, is dat die ketting van die sonde deurbreek word.

Dit
is die rede.

Die
lewe van Christus is nie erflik belas met ‘n sondige aanleg nie.

Hy
kan nie sondig nie.

Dit
is die boodskap van die Bybel.

 

Maar
moes Maria dan nie ook sonder sonde wees nie?

Jesus
het tog ook uit haar ontstaan?

Die
Bybel sê nêrens dat Maria sonder sonde was nie.

Sy
was ‘n gewone mens, soos elkeen van ons.

Maar
die allereerste oorsprong van Christus was goddelik, sonder sonde.

Die
milieu waarin Christus tereg gekom het, hier op aarde, was wel sondig.

 

Die
Bybel sê dat Jesus ‘n gewone mens was.

Hy
was sy broers, sy medemense in alle opsigte gelyk.

Op
een ding na: Hy was sonder sonde.

Dit
is dan ook die boodskap vir ons.

Wat
vir ‘n mens nooit moontlik sou gewees het nie, dit is vir God wel moontlik.

Die
rampsalige ketting van die sonde kan deur die mensdom self nie verbreek word
nie.

Die
hele wêreldgeskiedenis dien as bewys.

‘n
Geskiedenis van bloedvergieting, haat, oorlog, verganklikheid, dood.

En
dit word ook nie beter nie.

Dit
is ‘n defek waarbo die mensheid nooit sal uitstyg nie.

Dinge
wys eerder daarop dat dit slegter word.

Dink
net aan die 20e eeu.

In
geen ander eeu het daar so baie mense op ‘n gewelddagige gesterf nie.

 

Maar
dit is die verlossende boodskap, die betekenis van die besondere geboorte van
Christus:

God
deurbreek self hierdie ketting.

God
gryp self in.

God
bring self ‘n wending in die wêreldgeskiedenis.

 

Dit
beteken vir jou lewe persoonlik dat daar hoop is.

Jou
lewe eindig nie met die dood nie.

Jou
lewe is nie sinloos nie.

Jou
lewe kry ‘n ewige fondament.

Jy
word gemotiveer om die goeie te doen.

Ons
weet dat die stryd teen die sonde en die kwaad nie ‘n verlore stryd is nie.

Dit
neem nie weg dat die situasie ernstig is nie.

Die
Bybelse boodskap is nie soetsappig, sprokiesagtig nie.

Dit
is harde werklikheid.

Wie
God se reddende hand nie gryp nie, gaan onherroeplik verlore.

Jy
sal nie jouself kan red nie.

 

Geliefde
gemeente,

Kom
ons stem in met die geloofsbelydenis:

Ons
Heiland is ontvang deur die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria.

Hoekom
sou nie ook jy hiermee instem, as die kerk dit al vir soveel eeue bely nie?

Moenie
dat iets jou verhinder om dit te doen nie.

Of
dit nou die wetenskap, of die media, of die samelewing, of wie of wat ook al is.

 

Hy
is ook jou Middelaar.

Neem
sy hand.

Laat
Hy jou sonde waarin jy ontvang en gebore is, met sy onskuld voor die aangesig
van God bedek.

Dankie
Here, seun van Dawid, seun van God, dat u mens geword het, sonder sonde, om my
van my sondelas te bevry.

 

Amen.

 

Liturgie: 

(kyk in preek)