Die profeet Miga diskussieer met die valse profete

Minister: 
Ds FJ van Hulst
Church: 
(onbekend)
Date: 
2000-01-01
Text: 
Miga 4
Preek Inhoud: 

Lees: Miga 3: 1-4: 10
Teks: Miga 4: 9, 10

Geliefde gemeente,

Daar word wel eens gese: die duiwel is die aap van God.

Daarmee word bedoel dat die Satan in sy optrede nie oorspronklik is nie maar altyd met kwade bedoelings God probeer naaap.

God stuur bv. profete om sy bedoeling aan mense oor te dra. Dan stuur Satan ook profete.

Dus ons moet maar reken, waar profesie is daar is ook sommer valse profesie.

En dit is nie altyd eenvoudig om ware profesie van valse profesie te onderskei nie. Juis omdat valse profesie gewoonlik bedrieglik eg klink.

'n Valse profeet sal by voorkeur woorde uit die bybel gebruik om sy boodskap oor te dra. En dit maak dit natuurlik ekstra gevaarlik. Want hoe gemaklik is dit nie om mense op die manier in slaap te sus nie.

As die Here Jesus in die bergprediking vir die valse profete waarsku gee Hy 'n manier om valse profete van ware profete te onderskei.

Hy se dan: Let op die einde van hul werke. Aan die vrugte kan jy die boom uitken.

Hierdie benadering help nogal om om die verskil tussen ware en valse profesie raak te sien. Ware profesie loop altyd uit op die boodskap: Bedink, jy is 'n sondige mens. Bekeer jou tot die Here. Leef na sy gebooie! Daar vind jy redding!

Valse profesie daarenteen sal mense altyd gerusstel. Vrede, vrede, geen gevaar. Alles is reg!

Dus daar is geen oproep tot bekering nie. Daar word sonde goedgepraat. Daar word die goedkeuring van die Here verkondig oor 'n situasie waarin jy 'n sondige lewenstyl wil handhaaf.

Oor ware en valse profesie gaan dit vandag in die prediking.

Ons tema vir die woordbediening is:

Die profeet Miga diskussieer met die valse profete

  1. Die heillose rus van valse profesie
  2. Die heilsame onrus van ware profesie

Ons het vanoggend hoofstuk 3 van die profesie van Miga gelees.

Daarin spreek hy namens die Here 'n oordeel uit oor die leiers van die volk en die valse profete in Jerusalem.

Die rede vir hierdie oordeelsprediking het ons al eerder gehoor. Jerusalem en sy inwoners leef in 'n stemming van: Sion sal nooit verlore gaan nie. God die Here waarborg die veiligheid van die stad. Dit het God self belowe!

Maar dit se hulle terwyl hulle hul verder aan God se gebooie nie steur nie. Hulle onderdruk die armes, die wese en die weduwees kan in Israel nie meer op beskerming reken nie.

Inmiddels gee die leiers in Jerusalem hul oor aan 'n volstrek wereldse leefstyl.

Die gevolgtrekking van die profeet Miga kan dan ook alleen maar wees dit wat hy se in vers 12 van hoofstuk 3: 'Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante. '

Sion word omgeploeg! Dit is die vonnis van die Here!

Jerusalem sal 'n puinhoop word. Die tempel 'n ruine.

U sal U almal wel kan voorstel dat so'n profesie vir die bewoners van die stad 'n geweldige skok veroorsaak het.

Want hierdie vonnis uitgespreek deur Miga, klink so definitief soos iets.

Maar as ons nou verder lees in die volgende hoofstuk dan ontmoet ons 'n totaal ander atmosfeer. Hoofstuk 4 gaan vrywel net oor vrede en rus. Sion staan vas in die belofte van die HERE.

Hoe pas dit nou by mekaar? In die hoofstukke 4 en 5 wissel heilsprofesiee en onheils profesiee mekaar af. Hoe kan dit alles?

Vir veel verklaarders is die skynbare deurmekaarspul van hoofstuk 4 en 5 rede om te aanvaar dat die hoofstukke nie van Miga kan wees nie. Dit moet dan afkomstig wees van 'n latere skrywer wat hier en daar profetiese woorde versamel het en dit nou maar aan die profeet Miga toegeskryf het.

Maar daardie oplossing is vir 'n gereformeerde bybelleser nie aanvaarbaar nie. Dit is tog die woord van die HERE.Die boek Miga het tot stand gekom onder die werking van die Heilige Gees.

Daarom moet ons na 'n ander oplossing soek om 'n aanvaarbare verklaring te gee van die skynbare deurmekaarspul van hierdie hoofstukke.

Ek meen die verklaring is dit dat ons hier wel te doen het met die boek van Miga en met sy verslag van wat toe en daar in Jerusalem gese is, maar dat nie al die woorde van hoofstuk 4 en 5 Miga se eie profesiee is nie.

Ek wil dit 'n bietjie meer vir U probeer verduidelik.

Ons het gehoor hoe Miga hoofstuk 3 afsluit met 'n verdoemende oordeel. Sy gevolgtrekking na sy gesprek met sy teestanders is:

"Sion sal om julle ontwil omgeploeg word. "

Maar waarvandaan kom dan skielik die pragtige woorde en profesiee van hoofstuk 4: 1-9?

Wel, hier het ons weer te doen met 'n reaksie van die valse profete op Miga se oordeelsprofesie.

Teen al Miga se skerp waarskuwings in bly hulle verkondig: Vrede, vrede, geen gevaar!

Maar wat is dan die bron van hulle pragtige profesiee?

Want dit is tog maar bekende en geliefde woorde: "En die Here sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie"

Waar het die valse profete die wonderlike woorde gekry?

Wel hulle kry dit sou ons kon se in die Bybel.

Hierdie eerste drie verse van hoofstuk 4 het die valse profete gewoon oorgeneem van die profeet Jesaja. En ook vir die volgende verse het hulle maar net 'n seleksie gemaak uit tal van bekende en minder bekende profesiee van verskillende profete. Want die woorde het vir hulle gepas.

As Miga oproep: Bekeer julle want julle sondes het nou so groot geword, God sal Jerusalem met die ondergang straf!, dan se hulle: Bekeer? Vir wat? Die tempelberg 'n ruine?

Maar dit kan mos nie, die groot profeet Jesaja het immers gese:

"Aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan. " Sion word vir ewig deur Goe beskerm. Dus vyande kan Jerusalem nooit oorweldig nie. Dus Miga, jy praat snert.

Dit is dan ook die slotkonklusie van die valse profete in die eerste vers van ons teks van vanoggend.

Waarom skreeu jy nou so hard?

Hier word die bevolking van Jerusalem deur die leiers wat optree as valse profete aangespreek.

"Laat julle nie verontrus deur die onheilsprediking van Miga nie!"

"Is daar geen koning in jou nie? "

"Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar? "

Daar is geen rede tot sorg, se hulle. Die Here is mos by ons. Hy woon op Sion, in die tempel is sy woning.

Dus luister veral nie na die woorde van Miga nie!

Dit is nou tipies valse profesie! Hulle gebruik woorde uit die bybel. Gerusstellende woorde. Trooswoorde van befaamde profete. Maar hulle pas dit toe soos dit vir hulle self die beste pas.

Inderdaad gebruik hulle 'n profesie van Jesaja. Maar hulle ruk sy heisprofesie uit die verband waarin Jesaja dit gese het.

Jesaja het namelik gespreek oor die effek wat bekering tot die Here het. Jesaja se: As die volk Israel hom werklik van harte tot die Here bekeer, dan sal die Here hul sondes afwas, dan gaan daar 'n nuwe lewe oop vir sy volk, dan is daar weer toekoms, 'n heerlike toekoms selfs. En in die verband spreek hy die pragtige profesie uit wat ons aangehaal vind in die eerste verse van ons tekshoofstuk.

Maar Miga se teestanders vergeet van die bekeringsoproep van Jesaja, en pas vervolgens die heilprofesie sonder meer op hulleself toe.

Die pragtige bybelse belofte dat elkeen sal sit onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom word gebruik om 'n politieke siening te bevestig.

En so word ware profesie gebruik ten dienste van 'n valse politieke ideologie. En reken maar dat dit tot vandag toe net so gebeur. Orals waar deur allerhande mense bybelwoorde aangehaal word sonder 'n hartlike oproep tot 'n hartlike bekering tot die Here, moet ons maar op ons pasopppens wees dat ons ons nie om die bos laat lei deur valse profete nie. Deur mense wat die bybel vir hul eie doelstellings wil gebruik.

Laat niemand meen dat dit altyd gemaklik is om ware van valse profesie te onderskei nie. Want so maklik is dit glad nie. Juis omdat valse profete hulle met soveel gemak van allerhande bybelwoorde kan bedien.

Soos hier in die tyd van Miga gebeur het.

Die woorde van Jesaja mog in hierdie situasie deur hierdie mense nie gebruik word nie. Want so maak hulle dit tot 'n leuen. 'n Gevaarlike leuen, en dit is nou kenmerkend die werk van die duiwel. Hy is die aartsleuenaar van die begin se die Hre Jesus van hom.

Die Here Jesus het daar self as mens ook ondervinding van hoe die Satan 'n bybelwoord uit sy verband kan ruk om dit vir eie duiwelse bedoelings te misbruik.

Onthou hoe die duiwel die Here Jesus saamneem na die dak van die tempel. Met 'n woord uit die bybel daag hy Hom uit om af te spring in die diepte. Dan se hy: Daar staan mos geskrywe: Op die hande van engele sal Hy jou dra sodat jy jou voet nie aan 'n klip sal stamp nie. Die Seun van God mag tog seker op hierdie belofte reken.

Dit staan daar inderdaad in Psalm 91, maar die Here Jesus antwoord tereg: Daar staan ook geskrywe: Jy mag God nie versoek nie.

'n Bybelwoord mag nooit gebruik word om iemand tot sonde te verlei nie of om in 'n situasie waarin jy oor jou sondes aangespreek word, bekering af te wys.

Stel dat 'n ouderling iemand aanspreek oor 'n sekere sonde en vir hom se dat hy hom daarvan moet bekeer. Maar dan antwoord die persoon: God het mos belowe: Al was jou sondes rooi soos skarlaken, Ek sal jou witwas soos sneeu! Dus ek kan my altyd nog wel eens bekeer, want vir sondes is altyd vergewing!

Hoe vroom dit dalk klink, U verstaan wel dat dit misbruik van 'n bybelse belofte is.

Wel soiets het die leiers van Jerusalem gedoen as reaksie op Miga se prediking.

Miga se: Bekeer julle! En so nie, dan word Sion omgeploeg.

Maar hulle se: Sion sal altyd die stad van die vrede wees.

God sal sy volk nie laat val nie.

Wel dit is nou die heillose rus van die valse profesie.

2. Die heilsame onrus van ware profesie

Miga laat hom nie deur die indrukwekkende bybelwoorde van sy teestanders van sy stuk bring nie en daarom neem hy in vers 10 weer self die woord.

Op hulle vraag uit vers 9: Waarom sou Jerusalem in mekaar krimp soos 'n barende vrou haar krom onder die pyn van haar wee? antwoord Miga in vers 10.

Hy neem die beeld van die barende vrou van hulle oor en roep Jerusalem toe: "Krimp maar in mekaar. Julle posisie is die van 'n vrou wat op die punt staan om te baar. Alleen die vraag is. Wat gaan julle voortbring, bekering of verharding? "

Ag, Miga weet dit eintlk al, die oordeel is nou onafwendbaar vanwee hul verharding.

En daarom voeg hy toe: Julle sal nou nou die stad verlaat. Julle sal die vermeende veiligheid van die stad moet prysgee. Julle word die velde ingejaag en daar sal julle oorgelewer wees aan die willekeur van die vyande!

Julle sal afgevoer word na Babel!

Maar is dit al wat Miga te se het?

Het hy net 'n woord van oordeel?

Nee tog nie. Hy is 'n profeet van die Here, en daarom is daar ook 'n profesie van heil.

Die heilsbeloftes wat Jesaje eerder gedoen het behou terdee hul geldigheid. Die Here het mos self deur Jesaja gespreek. En Hy trek sy woorde nie terug nie.

Maar die redding, die heil sal nie kom soos die leiers in Jerusalem dit verwag nie. Hulle meen Jerusalem as stad kan nie verlore gaan nie. Die heil sal sommer netso kom.

Hulle kan bly leef soos hulle leef en die Here sal vir hullle heil en vrede waarborg.

Maar dan se Miga: Nee, nie so nie! Daar is heil, daar is vrede by God maar die heil en vrede kan maar net deurheen 'n oordeel kom.

Vir Israel beteken dit, die oordeel van die ballingskap gaan kom. Maar die ballingskap is nie die einde van God se bemoeienis met sy volk nie.

As die volk in Babel weer hul kniee leer buig vir die Here, dan is daar weer heil te wagte.

En dit is wat Miga hier onderstreep: Julle sal na Babel gaan. Israel sal verstrooi word onder die volke. Die vonnis staan vas. Maar daar, letop daar sal jy gered word, daar sal die Here jou verlos uit die hand van jou vyande. Die Here gee nie meer sy waarborg dat Hy hulle in Jerusalem teen die vyande sal beskerm nie, maar as die oordeel voltrek is, sal daar vir hulle wat hulle buig onder die oordeel va God tog redding wees.

As die volk eenmaal in ballingskap weggevoer is dan sal dit onmoontlik lyk dat daar ooit nog 'n terugkeer moontlik is, dat Sion ooit nog eens weer heil van God sal sien, soos die profete beloof het. Maar juis dan is daar vir die Here weer moontlikheid om deur middel van 'n wonder in te gryp om sy beloftes waar te maak en sy kinders te red.

En so bring die ware profesie va Miga tot 'n heilsame onrus. Daar kom 'n oordeel oor die sondes, maar die Here kom deur die oordeel heen met sy redding.

Israel moes daartoe deur die oordeel van die ballingskap heen gaan.

Vir ons het God se oordeel gekom oor die Here Jesus Christus. God se toorn oor ons sondes is oor die kop van Jesus uitgestort. God het sy geliefde Seun in 'n vreeslike ballingskap gedryf. Hy moes aalleen die vloek van die hel ondergaan. Dit het Hom so swaar geval dat Hy tenslotte onder die oordeel uitgeroep het: My God, my God waarom het u my verlaat?

Maar in sy ooordeel is ons heil. Deur sy oordeel heen het God met reddind vir ons gekom.

Jesus Christus is in die eensaam haied van sy ballingskap in die hel gestoot, sadat ons nooit meer deur God verlaat sou word nie.

En dit is vir ons vandag 'n geweldige troos.

As ons op ons sondes aangespreek word dan staan ons net so skuldig as die volk Israel in Miga se dae. Ons verdien dieselfde oordeel, nl om uit die lewe verban te word.

Maar daar is redding!

Redding deur 'n oordeel heen. Deur die oordeel heen wat oor ins Here Jesus Christus gegaan het.

Daar is redding, maar laat die boodskap vir ons nooit 'n oorkussing word om vrede met ond s sondes te he nie. Want dan sou on s ons oorgee aan die heillose rus van die valse prisfesie.

Maar ware profesie bring jou voortdurend weer tot onrus, tot die heilsame onrus van selfkritiek.

Bekeer jou! Gee jou nie oor aan 'n houding waarin jy nie meer stry teen jou eie swakhede nie. Bly jouself afvra of die manier waarop jy lef en dink in ooreenstemming is met dit wat die Here van jo u vra.

En vlug dan maar met jou sondes tot die enigste VerlosserJesus Christus.

Vlug na su kruis. Want daar het God se oordeel oor jou lewe gekom. Dus daar sal jy gered word. Daar sal die Here jou verlosuit die hand van al jou vyande. En wat die vyande is, dit sam die H.K.pragtirg op in sondag 52. Jou doodsvyande, dit is die duiwel, die wereld en jou eie vlees. Vabn daardie vyande kan jy jouself nie ontdoen nie, daarvan kan jy slegs gered word.

Deur die Here alleen. Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)