Die wat glo in die Seun van die mens kry 'n wye blik

Minister: 
Ds FJ Bijzet
Church: 
(onbekend)
Date: 
2008-10-05
Text: 
Johannes 1
Preek Inhoud: 

Liturgie:

Votum en zegengroet
Ps 103:1,10,11
Gebed
L. Gen.28:10 17
   Joh. 1:44 52
Ps 34:4
Prediking
SB 8:5
Geloofsbelydenis
SB 8:3,4
Gebed
Collecte
Ps. 91:5,6
Zegen
Ons God is die Skepper van die hémel en die aarde, van alle sigbare èn ónsigbare dinge. So glo ons in Hom. So doen die kerk eeue lank al belydenis van Hom in sy oudste belydenisskrifte, die Apostoliese geloofsbelydenis en dié van Nicea. In die belydenis van Nicea word dit apart daarby gesê: "van alle sigbare èn ónsigbare dinge".God ook dinge wat vir ons, mense, onsigbare is geskape. Soos die hemel.Of die engele.Want aan die engele het die konsilie van Nicea met name gedink by daardie "onsigbare dinge". Ons God, die Almagtige vader, is die God van die hémel en die aarde, van éngele en mense. So mag ons vir Hom ken. Met dié wetenskap mag ons om ons heen sien in hierdie wye wêreld, en in die nog veel wyere heelal. Nie net die aarde sien nie, maar ook die hemel. Nie net mense sien nie, maar ook God se engele.
Maar om so om ons heen te sien is vir ons dikwels maar 'n probleem, broeders en susters. Om ook daardie onsigbare dinge wat God geskape het, te sien- dit is nie so maklik nie. Ons verkyk ons veels te veel aan dit wat sigbaar is. Ons beperk ons blik alte veel tot die sigbare dinge. En dan word ons kort- sigtig. Dan sien ons nog maar net dit wat voor ons oë is. Ja, en dan sien ons die hemel bo ons gesluit. En die engele bly buite ons blikveld. Want die ontwikkelinge in die tegniek het ons darem vér leer kyk, dink ons. Baie ver. Televisie bring beelde van die ander kant van die wêreld sommer by ons in huis. Teleskope haal ver sterre voor ons oê digby. Ons het radar waarmee ons naderende skepe of vliegtuie al op 'n groot afstand kan sien aankom. Dis teenswoordig selfs al moontlik om deur middel van ruimtetuig met kameras met ons blikke deur te dring tot op die maan of planete wat nog verder weg lê. Maar met al daardie moderne middele wat ons oê ver laat deurdring in die wye heelal, het darem nog niemand die hemel ontdek nie. En nog nimmer het iemand 'n engel op sy skerm gekry nie.Baie mense het die geloof in 'n hemel en in engele dan ook afgesweer. Hulle glo voortaan ook nog maar net in 'n God eb Skepper van die aarde en van die mense. Die hemel behoort vir hulle tot 'n verouderde wêreldbeeld, en die engele is na die ryk van die mites en febeltjies verwys.
Maar as ons deur al die sigbare dinge vandag die onsigbare dinge uit die oog verloor, gemeente, dan krimp ons horison in. Dan maak ons vir onsself die wye wêreld van God al hoe kleiner. Ons verloor die ruime blik wat die regte sig gee. Ons sien God nie meer mooi raak nie. En Christus nie. En hierdie wêreld nie. En ook onsself nie meer nie. Net gelóóf gee vir ons 'n wye blik. Net die geloof ken God as die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare én ònsigbare dinge. Want die geloof gee sekerheid oor dinge wat ons nie sien nie.
Tot so'n geloof roep die Here ons vandag weer op deur sy Woord. Ons tekshoofstuk vertel vir ons van mense wat ook moes leer om te glo. Maar wat vervolgens ook die stellige belofte ontvang het dat hulle nou ook geweldig baie sou te sien kry: 'n oop hemel en 'n druk engeleverkeer. Christus verseker hulle dit met groot nadruk, met die krag van 'n eed: "Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle... ". Daardie versekering geld ook vir u en vir my, gemeente. Kom ons luister na dit wat Christus Self hier aan ons voorhou. Ons kan die boodskap van ons teks soos volg saamvat:
Die wat glo in die Seun van die mens kry 'n wye blik
Jy kry 'n oog vir:  
1. die leer na die hemel
2. die wagters uit die hemel
    
     1.   Die slot van Joh.1 maak vir ons weereens mooi duidelik, broeders en susters, dat 'n mens éérs moet gaan glo voordat hy 'n oog kry vir die onsigbare dinge in God se skepping om ons heen.
Johannes vertel vir ons hoe dat die eerste dissipels van die Here Jesus Christus tot geloof gebring word. Petrus en Andreas. Filippus.
Hulle leer om deur te dring agter het zichtbare van die mens Jesus van Nasaret en gaan in Hom glo as die Christus van God.
Moet bietjie daarop let hoe dikwels Johannes die werkwoord "sien" in hierdie verse gebruik.
Voor die gewone oog was daar maar min om te sien. 'n Mens soos al die ander mense. Afkomstig uit Nasaret. Sy pa ‘n timmerman.
En as jy sien waar hy tuisgaan, blyk dit net so'n gewone huis te wees soos waarin alle mense woon.
Eers as hierdie eerste volgelinge na Jesus begin luíster, begin hulle glo. Dan ontdek hulle in hier die oënskynlik so gewone mens opeens die vervulling van die Skrifte, van Moses en die profeten.

Dit vertel een van hulle daarom vervolgens vir Natanael: "Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het. Je zou het niet zeggen: Jesus, die seun van Josef van Nasaret, maar Hij is het wel!".
Maar Natanael is nie sommerso oortuig nie. Dit lyk vir hom maar 'n snaakse verhaal. Uit Nasaret? Kan daar uit Nasaret iets goeds wees? Sou God die groot Koning vir sy volk uit so'n afgeleë dorpie laat kom? En dan die seun van Josef, met sy timmerwerf?
En weereens val daar die werkwoord "sien": "Kom en sien!", se^ Filippus. "Moet self maar kom en kyk".
Filippus wil wel so maak, maar daardie "sien" help hom nie verder nie. Ook hy sien op die eerste gesig niks besonders aan Jesus nie. Ook hy moet eers hóór, voordat hy kan glo. Maar as hy een keer hoor wat alles Jesus in een oogopslag van hóm gesien het, is ook hy direk oortuig.
Christus sien tot op die bodem van sy hart: "'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie". En Hy het hom dwars deur digte mure en 'n ondeurdringbare blaredak heen onder die vyeboom sien sit, nog voordat Filippus hom kom roep het.
Hierdie Jesus sien veel meer as 'n gewone mens kan sien. Hier is 'n heldersiener soos geen ander nie! Hy sien soos Gód alleen kan sien: die HERE, Hy deurgrond en ken my. Hy ken my sit en my opstaan; Hy verstaan van ver my gedagtes. Hy deurvors my gaan en my lê, en Hy is met al my weë goed bekend.

Als Natanael ontdekt dat Jezus van Nazareth dat ook kan, kan hij maar tot een gevolgtrekking kom: "Here, Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel". Dit moet rêrig die langverwagte Verlosser van Israel wees.
En so breek daar ook by Natanael geloof deur.

Maar wie in Jesus van Nasaret glo as die Seun van God, mag self ook 'n heldersiener word!, vertel Jesus dan in ons teks. Dié sal groter dinge sien. Die sal nie net deur mure en blare kan sien nie.
Christus sê: Jy verbaas jou oor dit wat Ek kon sien, Natanael? Jy verwonder jou oor my blik wat hier op aarde sommer deur barrières kon heendring. Maar Ek gee vir julle almal so'n skerp blik. Ek verruim vir julle almal jul blikveld, noudat julle in My gaan glo het as die Seun van God, jul Redder.
Van nou af kan julle almal deur aardse barrières wat gewoonlik die blik van 'n mens belemmer, heendring. Ek gee julle 'n oog vir die onsienlike dinge in God se skepping. Noudat julle oë vir My oopgegaan het, ontvang julle 'n vergesig tot in die hemel! En terselfdertyd ook die sig op dit wat elke dag vlakby julle is, om julle heen op hierdie aarde, maar waarvoor 'n mens wel spesiaal 'n oog moet kry: die engele van God wat aanhoudend tussen hemel en aarde in die weer is. Christus verseker dit met groot nadruk, met die krag van 'n eed:
"Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en afdaal op die Seun van die mens".

U het natuurlik al verstaan, gemeente, dat die Here Christus met die woorde van ons teks teruggryp op die droom wat Jakob tyden sy vlug vir Esau gesien het in Betel. Ons het daardie geskiedenis gelees uit Genesis 28.
God het vir Jakom in 'n droom 'n leer gewys wat van die aarde tot in die hemel gereik het. Terwyl langs daardie leer aanhoudend engele neergedaal en opgeklim het tussen die hemel en de aarde daar by Jakob. Met daardie droom het die HERE die vlugtende Jakob wat met sy bedrieërye sy toekoms op die spel gesit het, bemoedig. God het vir hom gewys: die hemel bo jou staan oop. En my engele omring jou. Hulle doen vir My verslag van jou omstandighede. En hulle bring vir jou by My vandaan alles wat jy benodig. Ek het jou ook nou nie losgelaat nie.

Jakob mog ‘n oomblik iets van die onsienlike dinge in God se wye wêreld sien. Daardie leer wàs steeds al daar! En ook daardie engeleverkeer. Maar Jakob het dit tot op daardie oomblik nie raakgesien nie. Vanaf hierdie nag sou hy weet, sien in die geloof: bo my is 'n oop hemel. En daar loop by my vandaan 'n leer na die hemel wat my met God in verbinding hou. Danksy daardie leer mag ek myself aanhoudend van sy sorg omring weet.

Aan daardie bemoedigende vergesig van Jakob herinner die Here Jesus in ons teks. En Hy beloof vir sy volgelinge dieselfde wye blik soos Jakob: wat Jakob net 'n oomblik te sien gekry het, sê Christus hier, in daardie een nag, dit kry julle voortaan blywend te sien. In de oorspronkelijke Griekse tekst staan er nog een paar worden die onze vertaling van het NBG helaas heeft weggelaten:
"Van nou af sal julle die hemel oop sien..."
Christus beloof dus nie eers iets wat eendag sal gebeur nie, nee, van nou af sal hulle die verbindende leer tussen hemel en aarde waarvan Jakob gedroom het, sien. Immers:
Wie een keer Jesus van Nasaret gaan sien het as die Seun van God, dié sie ook die leer wat die aarde met die hemel verbind en andersom. Die lugbrug wat God van bo af gebou het. Want Christus is Self die leer. Hy vorm die verbindingsleer tussen hemel en aarde. Deur Hom staan die hemel bo ons oop en kom God se sorg uit die hemel na ons neer.

Christus sê in ons teks nie, dat die engele na Hóm toe neerdaal en ván Hóm af weer opklim nie. So word dit wel dikwels gelees. Dan word Christus met Jakob vergelyk. Soos eenmaal die engele kontak tussen Jakob op aarde en God in die hemel onderhou het, so onderhou die engele nou die kontak tussen die Vader in die hemel en die Seun op die aarde. Die leer staan nou nie meer op Jakob nie, maar op Jesus.
Daar was natuurlik in daardie tyd wel engeleverkeer tussen die hemel en Christus op aarde. Na die versoeking in die woestyn dien engele Christus, vertel Markus. En in die tuin van Getsemane het 'n engel uit die hemel die Christus wat van angs oor die grond gekruip het, kom versterk.
Maar Christus het toe ook baie bewus op 'n stadium die engeleverkeer na Hom toe stilgelê. Hy het maar 'n teken hoef gee en 12 legioene van engele sou hulle vir Hom in die stryd gewerp het toe 'n groot menigte met swaarde en stokke Hom kom gryp het. Maar Hy het gekeer dat hulle sou kom. Want Hy moes alleen die lydensweg van die Skrifte gaan.

Hier in ons teks praat ons Here echter nie oor God se engelesorg vir Homself nie. Maar Hy beloof daardie sorg vir òns, sy kerk! Hy Self sal daarvoor voortaan Borg staan. Wie Hom in die geloof gevind het, het in Betel aangeland, in die huis van God. Bo hierdie Jesus, die Seun van God, staan die hemel oop en Hy is Self die leer. By Hom breek die hemel oop en word daar weer verkeer tussen hemel en aarde moontlik. Hy, die Seun van die mens, van Wie Daniël in 'n visioen gesien het dat Hy sommer na God Almagtig mog gaan en dus ook mog beskik oor die duisend maal duisend en tienduisend maal tienduisend engele, skakel God se hele engeleleër in om ons, sy kerk te dien.

Ons, mense, het 'n onoorbrugbare kloof tussen hemel en aarde geslaan. Ons het alle reg op God se sorg vir altyd verspeel. God sou die leer vir goed kon opgehaal het en die hemelpoort  gesluit. Maar in sy groot liefde wou Hy ons genadig wees. Hy het sy Seun uit die hemel aarde toe gestuur, en Hy het deur Hom die poort oopgehou. God se Seun het van bo na benede gekom en is selfs vir 'n tydjie minder as die engele gemaak. Om op dié manier vir ons die weg van benede na bowe te baan met sy kosbare bloed.

As u vir Hom ken, broeders en susters, in Hom glo, gaan u groot dinge sien. Dinge wat ver bo heldersiendheid op aarde uitstyg. U kry 'n wye blik in God se immense skepping. U sien weer die hemel bo u oop en u mag uself omring weet deur 'n permanente engelewag. Danksy Christus, die leer.


     2.  Ja, zo krijgt u ook weer oog voor de onzichtbare engelen. Wat as wagters van die hemel ons omring en op al ons weë bewaar.
Hulle het langs die leer wat Jakob in sy droom gesien het, gekom.
Hulle kom langs Christus nog altyd na ons toe, en hulle keer van ons weer terug na die hemel toe.
Zij worden door God vanuit de hemel naar ons hier op aarde gestuurd om ons met  alle zorg te omringen die we nodig hebben.

Wat die engele alles vir die HERE doen, en hoe, weet ons nie. Die Bybel vertel dit nie in besonderhede nie. Maar dàt hulle voortdurend vanuit die hemel hier op aarde besig is blyk uit die Skrif bladsy na bladsy.
Ons kry uit die Skrif wel die indruk, as ons byvoorbeeld Hebr 1 en Psalm 104 met mekaar vergelyk, dat die engele ook 'n groot rol speel in die hele gebeure in die natuur: wind, weerlig....
We mogen rustig aannemen dat God Hom van sy engele bedien by die onderhouding en regering van hierdie wêreld. Hulle bring God se sorg en voorsienigheid binne ons bereik hier op aarde. Hulle voer uit wat God bepaal het.
Niet omdat de HERE dat Zelf, zonder de hulp van die engelen, niet zou kunnen. Maar as die groot Koning van hemel en aarde laat die HERE Hom permanent bedien deur 'n uitgebreide menigte van personeel.
Hy sê: "Gaan!", en hulle gaan.
Hy roep "Kom!", en hulle kom.
Voorbeeld: Gód gaf Mozes de Tien Geboden. Ook: engelen deden het. In niet in strijd met elkaar.

Net af en toe word hulle effens sigbaar. Dan mag hulle aan die mens verskyn. Maar ook wanneer hulle nie verskyn nie en onsigbaar bly, ís hulle wel daar. Die duidelikste voorbeeld daarvan is dalk wel wanneer die hele leër van Aram die een profeet Elisa met sy kneg in Dotam wil gevangeneem. Elisa se kneg skrik hom aanvanklik boeglam, maar Elisa bly baie rustig. Hy weet: die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. En dan maak die HERE op die gebed van Elisa ook die oe" van die kneg oop sodat hy die berg rondom Elisa vol perde en waens van vuur sien: God se engeleleër.
Ook in die Nuwe Testament bly die engele van God 'n lewende werklikheid vir die kerk: Johannes vertel in sy Evangeliebeskrywing van die bad Betesda in Jerusalem waar op bepaalde tye 'n engel uit die hemel in die water neergedaal het waarna die water vir die eerste een wat dan in die bad gekom het, gesondmakend geword het.
En in die boek Handelingen lees ons hoe 'n engel die apostele 'n aantal kere uit die tronk bevry maar hoe dat ook 'n engel koning Herodes Agrippa met 'n siekte slaan sodat hy sterf. En wys ook die boek Openbaring nie vir ons hoedat engele 'n groot rol speel in God se wêreldregering om te kom tot 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde nie?
Eendag, op die laaste dag, wanneer Christus na die aarde weerkom vir die groot oordeel, kom Hy mét sy engele. Dié sal dan die strate afsluit en God se uitverkore kinders skei van die ongelowiges om al daardie mense hel toe af te voer, maar om ons by ons Here en Heiland te bring.
Dan sal elkeen die engele sien!

Nou sien vrywel niemand hulle. Daarom word daar ook nie met hulle gereken nie. En daar word gelag oor mense wat in hierdie tyd nog altyd glo dat die engele tog bestaan.
Maar ons moet hulle, alhoewel onsigbaar, sién, broeders en susters! En glo dat God hulle gebruik. Vir ons. Om ons met sy sorg en liefde te omring. Psalm 91: op de handen dragen!
Ons het Christus tog gesien? We geloven toch in Hem als de Weg tot de Vasder? Maar dan mag u uself in Betel weet  die wêreld-wye huis van God waarbo die hemel oopstaan. Dan mag u uself omring weet deur God se wagters uit die hemel wat ons van seconde tot seconde dophou en beskerm.

Moenie dat u u wye blik laat afneem nie. Maar bly lewe in die ruimte van God se wye wêreld. Daar is in hierdie wêreld baie om te sien. Oogverblindend. Die ontwikkelinge van die tegniek is ontsagwekkend. Maar moenie dat dit alles u u oë laat sluit vir dit wat 'n mens nie sommer kan sien nie. Want daar ìs méér. En wat vandag met die blote oog nie te sien is nie, dit is oneindig veel ontsagwekkender.
Ons glo mos in God, die Almagtige Vader, die Skepper van die aarde én die hemel, van alle sigbare én onsigbare dinge, zoals we het belijden met de woorden van de Geloofsbelijdenis van Nicea.
En ons ken dan vir Jesus Christus, sy Eniggebore Seun, ons Here, die Heer van éngele en mense.
                              AMEN.

Liturgie: 

(kyk in preek)