Artikel 17 - DIE VERLOSSER DEUR GOD BELOOF

Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug het. God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak - sy Seun, wat uit 'n vrou (Gal 4:4) gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel (Gen 3:15).

Gen. 3:15; 22:18; Jes. 7:14; Joh. 7:42; 2 Tim. 2:8; Heb. 7:14; Joh. 1:14; Gen. 3; Gal. 4:4.